RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Fynbos-Lego 22.05.2025 9:12
Christoff van Wyk vertel vir Martelize Brink van ‘n fynbostema Legostel wat hy ontwerp het. As dit genoeg stemme kry, mag Lego oorweeg om dit te vervaardig.
Susan se staptogte 22.05.2025 9:04
Haidee Muller-Isaacs gesels met oudsendeling Susan Murray oor haar werk in die Noord-Kaap, Malawi en Zimbabwe saam met haar man. Hulle gesels ook oor die staptogte wat haar uiteindelik gehelp het om haar man se dood te kon verwerk.
Jonk 22 Mei 2025 22.05.2025 12:46
Dr. Ria Smit praat oor koffie as ‘n kuur. Jy kan dit drink vir sy voordele, maar ook aan jou vel aanwend.
Vlieënde taxi’s vir Olimpiese Spele 22.05.2025 1:18
Vir die 2028 Olimpiese Spele in Los Angeles word daar beplan om lugtaxi’s beskikbaar te hê. Dit vlieg soos ’n helikopter, en kan tot vier passasiers op ‘n slag vervoer.
Johann Maarman se nuuspad 21.05.2025 8:55
Gesoute joernalis Johann Maarman vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy grootwordjare as een van elf kinders in die Swartland. Sy huiswerker-ma het groot drome vir hom gekoester, en sy pa was ongeletterd. Vandag is Johann adjunkredakteur van Die Burger.
Narkotikat 21.05.2025 1:06
‘n Kat is by ‘n gevangenis in Puerto Rico gevang met pakkies dagga en heroïen wat aan dit vasgemaak is.
Êrens oorsee 20.05.2025 9:49
Beatrice Grobler vertel van die lewe in Motherwell, Noord-Lanarkshire, Skotland.
Kunsvlyt by Nampo 20.05.2025 3:54
Die onlangse NAMPO-Oesfees in Bothaville in die Vrystaat was groot! Meer as 87 000 besoekers, 377 vliegtuie, 69 helikopters en meer as 900 uitstallers. Johan Rademan het Dirkie van der Merwe uitgevra oor kunsvlyt, en hoe dit in ‘n volwaardige onderneming kan groei met ‘n beskeie platvorm soos ‘n stalletjie by ‘n fees.
Kernenergie uit thorium 20.05.2025 7:50
Dr. JJ van Zyl vertel vir Martelize Brink van die voordele om thorium te gebruik om kernenergie op te wek. China het nou ‘n thoriumreaktor.
SA wen weer goud by Chelsea 20.05.2025 1:15
Leon Kluge vertel vir Martelize Brink dat span Suid-Afrika weer goud gewen het by vanjaar se Chelsea Blommeskou met hulle uitbeelding van die Kaapse blommeryk.
Boeke en bendes 20.05.2025 1:22
Vier lede van ‘n bende in Japan is in hegtenis geneem omdat hulle kantoor binne ’n radius 200 meter van ‘n biblioteek af is.
Respiratoriese uitdagings by voëls 19.05.2025 9:33
Veearts dr. Kaylin du Plessis praat oor respiratoriese uitdagings by voëls, wat met die koms van winter kop uitsteek.
’n Ewige onderwyshart 19.05.2025 7:48
Omdat sy ‘n harde en vasbytpad gestap het tot by haar onderwysgraad op 47 jarige ouderdom, het juffrou Margaret Meyer, nou afgetree, begin om kinders wat sukkel met lees, op die vlot letterpad te help. Mariska Spoormaker het gaan inloer.
Hoe't julle ontmoet? 19 Mei 2025 19.05.2025 8:03
Arrie Henn vertel vir Martelize Brink van vele toevalighede voor hy en Rénaldia mekaar toe werklik ontmoet het.
Magna Carta-"kopie" is toe ware Jakob 19.05.2025 1:13
’n Dokument wat as ‘n kopie van die Magna Carta in 1946 aan Harvard verkoop is, is toe al die tyd die ware Jakob. Dit is in 1300 deur koning Eduard I onderteken.
Langspeelplate weer gewild 16.05.2025 10:37
Langspeelplate word al hoe meer gewild onder die jeug, en hulle skroom nie om te betaal nie. Haidee Muller-Isaacs praat met kenners oor die invoer van vinielplate en platespelers wat weer uit die solder gehaal word. Eben Groenewald en sy seun Zihann vertel ook van hulle liefde vir vinielplate.
360 Speseryroete - Deel 81 16.05.2025 8:35
Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kosmaak met suurlemoen.
Jou baba is nié koninklik nie! 16.05.2025 1:38
In Nieu-Seeland moet babaname aan wetgewing voldoen. King en Prince is die twee gewildste name wat nié geregistreer mag word nie.
Hoërskool Soneike se groentetuin 15.05.2025 10:15
Haidee Muller-Isaacs het gaan inloer by die Hoërskool Soneike in Kuilsrivier se groentetuin. Dié projek is die breinkind van die skool se adjunkhoof, Leon Hanslo, wat op 'n slim manier die leerders se begrip van wiskunde en wetenskap wou verskerp.
Jonk 15 Mei 2025 15.05.2025 7:37
Dr. Margaretha Roux praat oor oogsiektes wat jou vang soos wat jy ouer word.
Links en regs sorg vir vlamme 15.05.2025 1:20
‘n Vlieënier se links in plaas van regs met ’n hefboom, het tot ‘n brand in‘n passasiersvliegtuig gelei.
Waar is Sarah Theron? 14.05.2025 10:00
Haidee Muller-Isaacs het die oud-Egoli-aktrise Sarah Theron genooi vir koffie, en toe klets die twee oor die ou TV-dae, hoogte- en laagtepunte, en waarmee sy haar vandag besig hou.
Hulp vir versorgers van mense met skisofrenie 14.05.2025 11:01
Wilma Steenkamp en Tina Jones vertel vir Martelize Brink van die ondersteuning wat FSS en SADAG bied aan versorgers en familie van skisofreniepasiënte.
Eend gevang vir spoed 14.05.2025 1:10
In Switserland is ‘n groenkopeend deur ‘n spoedkamera gevang waar dit 52km/h gevlieg het in ‘n sone waar voertuie net 30 km/h mag ry. Presies sewe jaar van te vore het dit ook gebeur!
Êrens oorsee 13 Mei 2025 13.05.2025 8:55
Gillis du Toit vertel van die lewe in Middelburg in die Nederlandse provinsie, Zeeland.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.