RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Die motnavorser - Deel 2 02.06.2025

Die medeskrywer van MOTHS OF SOUTHERN AFRICA AND THEIR CATERPILLARS, Hermann Staude, sê daar is die afgelope 12 jaar sewe keer meer navorsingresultate bereik oor motte, as in die hele vorige eeu. En vir landbou is dit ontontbeerlike navorsing.

Maatskaplike werkers in die pleegsorgstelsel 02.06.2025

Sjean Smit praat oor die rol van maatskaplike werkers in die pleegsorgstelsel. In Suid-Afrika is daar meer as 300 000 kinders in pleegsorg, hoewel die behoefte selfs groter is.

Hoe't julle ontmoet? 2 Junie 2025 02.06.2025

Bernard Smit vertel vir Martelize Brink hoe ’n motorfiets se verkoop gemaak het dat hy sy vrou Marijke ontmoet het.

Sampioene en visioene 02.06.2025

Twee stappers in New York het 911 gebel om die geselskap se derde lid se dood aan te meld. Die derde lid het egter ook 911 gebel! Hulle het GEhallusineer van sampioene wat hulLE geëet het, en het hulle die sterfte verbeel.

Juan “Brok” Harris 30.05.2025

Juan “Brok” Harris het ná bykans twee dekades se eersterangse rugbywedstryde sy stewels opgehang as gevolg van ‘n besering in die VRK-kragmeting tussen die Stormers en Benneton. Hierdie naweek speel drie Suid-Afrikaanse spanne (Bulls, Sharks en Stormers) in uitklopwedstyde om ‘n plek in die halfeindstryd. Johan Rademan het met dié gerespekteerde stut gesels, wat met ysters en al om die been na Sko...

360 Speseryroete - Deel 83 30.05.2025

Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die gebruik van vet en olie om kos te geur. Dis die sesde smaak.

'n Lewe met MS 30.05.2025

Christelle Taute praat op Wêreld Meervoudige Sklerose Dag oor haar pad van 25 jaar met die siekte.

Weghol-sweefskerm 30.05.2025

‘n Chinese man het sy nuwe sweefskerm getoets, toe skep die wind hom tot 8 500 meter bo seevlak!

Judi Hattingh se Kanna 29.05.2025

Die dertienjarige Judi Hattingh het onlangs 'n Kanna-toekenning gekry as Beste Nuweling by 2025 se KKNK. Haidee Muller-Isaacs het ingeloer by haar skool in Durbanville, waar sy met die talentvolle tiener en haar ouers, Jacus en Lina, gesels het.

Reach for a Dream se Chad le Clos-ervaring en Pantoffeldag 29.05.2025

Ivor Cleary vertel vir Martelize Brink van ‘n Reach for a Dream se Chad le Clos-ervaring, en Pantoffeldag.

Jonk 29 Mei 2025 29.05.2025

Dr. Margaretha le Roux praat oor jou oë wat met die tyd verander, en nuwe lense wat jy kan laat inplant.

'n Naam moet klink soos dit gespel is 29.05.2025

Ouers in Japan moet voortaan by geboorteregistrasie ‘n fonetiese spelling saam met die gewone spelling van ‘n naam voorlê aan die plaaslike owerheid. As die twee nie klop nie, moet daar ‘n ander naam gekies word.

Ontmoet die Pretpark-Pretoriuse 28.05.2025

Dit kan hoe sleg in ’n land gaan, maar in ‘n pretpark sal jy altyd skaterlag hoor, want wat is nou lekkerder as om spookasem te eet en die verskillende ritte te geniet? Mariska Spoormaker het hoogtevrees, maar sy het verkies om op die Groot Wiel met die Pretoriusse te gesels, want hulle vier generasies in die pretparkbedryf het hulle al na groot hoogtes geneem.

Kinderliedjies in opvoeding 28.05.2025

Marthie Nel Hauptfleisch praat oor die rol van kinderliedjies in opvoeding.

Oneerlike professor in eerlikheid 28.05.2025

Harvard Sakeskool het ‘n professor wat wêreldbekend is vir haar werk op die gebied van eerlikheid en etiese gedrag, se ampstermyn opgeskort weens oneerlikheid. Sy het data gemanipuleer om haar hipoteses te ondersteun.

Êrens oorsee 27 Mei 2025 27.05.2025

Lelanie Badenhorst vertel vir Martelize Brink van die lewe in die Bahamas, die see, die sand en ‘n fees van vrugte in seisoen.

Haidee ry treintjie 27.05.2025

Andries Keyser se passie vir treine het 'n obsessie geword, en toe bou hy eiehandig 'n indrukwekkende treinspoor met brûe en tonnels en die mooiste lokomotiewe in 'n park net buite Stellenbosch. Een van sy stoomlokomotiewe is na sy ma Doreen vernoem. Haidee Muller-Isaacs en haar gesin het gaan treintjie ry.

Die belangrikheid van speel in opvoedkunde 27.05.2025

Arbeidsterapeut Lize Brönn praat oor die belangrikheid van speel vir opvoedkunde en terapie.

Melk vir sukses 27.05.2025

Daar is ‘n bygeloof dat ‘n renjaer ‘n koei moet melk om die Indy 500 te kan wen. Voor die afgelope naweek se wedren het Pato O’Ward al twee keer tweede gekom, maar het nog nie die koei gemelk nie. Ná Vrydag se melkery het hy ‘n vierde plek gekry...

Die motnavorser - Deel 1 26.05.2025

Daar is ongeveer 270 000 motspesies in die wêreld. In Suidelike Afrika is daar meer as 20 000. Hermann Staude, ‘n ingenieur met ‘n belangstelling in motnavorsing, en medeskrywer van MOTHS OF SOUTHERN AFRICA AND THEIR CATERPILLARS, vertel vir Johan Rademan meer van motte en sy navorsing.

Hoe't julle ontmoet? 26 Mei 2025 26.05.2025

Johan Crous vertel vir Martelize Brink van sy en sy vrou, Carmen, se ontmoeting in Duitsland in 1975. Hy is Afrikaans, sy is van Chili en haar moedertaal is Spaans. Dinge het in Duits gebeur.

Water breek op lug 26.05.2025

‘n New Yorkse plaaslike TV-nuusaanbieder het haar drie uur lange oggendskof begin, twee ure nadat haar water gebreek het. Sy het werk verkies bo wag by die hospitaal!

Liewe Lister, wat ‘n enjin! 23.05.2025

Vir meer as 150 jaar het die getroue Lister-enjin plaaspompe laat werk en die ligte laat skyn, maar nou word sommige van dié staatmakers as skroot verkoop. Die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraan-trekker-en-enjin-klubs doen hulle bes om die belangstelling in Listers behoue te laat bly, al moet ’n Lister oopgesny word, het Mariska Spoormaker gevind.

360 Speseryroete - Deel 82 23.05.2025

Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die verskil tussen boullion en aftreksel as geurmiddel.

Politiek in die Verre Ooste 23.05.2025

Politiek in die Verre Ooste is sensitief. Japan se Minister van Landbou het bedank omdat hy gesê het hy koop nie rys nie, hy kry dit verniet. In Suid-Korea kan jy nie koffie bestel met ‘n naam wat dieselfde is as dié van ‘n presidensiële kandidaat nie. Dis te polities van aard.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.