RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Houtvesel in klere 11.06.2025

Madelaine Fourie praat die gebruik van houtvesel in onder andere viskoseproduksie waarmee klere gemaak word.

Hoe lank is jou liefie? 11.06.2025

Maatsoektoepassing Tinder het nou die opsie om lengte as maatstaf te stel om moontlike pasmaats te kry.

Êrens oorsee 10 Junie 2025 10.06.2025

Magdaleen Mouton vertel vir Martelize Brink dat Ghana altyd warm is. Sy woon in Kumasi, die land se tweede grootste stad. Jy kan nie daar finansiering vir ‘n motor kry nie. Jy moet kontant koop.

Renosterveld in voorstedelike park 10.06.2025

Haidee Muller-Isaacs stap saam met botanis Rupert Koopman deur ‘n voorstedelike park wat met renosterveld beplant is. Hy vertel hoe plaaslike inheemse plantegroei aangewend word op ‘n manier wat goed is vir sowel die mens as die natuur.

Minder lig in die see 10.06.2025

Maryke Musson praat oor die impak op seelewe met besoedeling wat veroorsaak dat daar minder lig in die oseane is.

100 Katte as bruidskat 10.06.2025

‘n Bruid in Viëtnam het 100 sivetkatte as deel van haar bruidskat ontvang. Dié katte word gebruik in die maak van die wêreld se duurste koffie, Kopi Luwak.

Kleinflaminke by Kamfersdam 09.06.2025

Ester van der Westhuizen-Coetzer praat oor kleinflaminke en die situasie by die Kamfersdam, waar besoedeling veroorsaak dat hulle nie tans daar broei nie.

Alex die draakvrug, Alex die mens 09.06.2025

Dit is ‘n eksotiese vrug, maar dit is ook ’n mens. Die naam is Alex, draakvrug van die Gamtoosriviervallei, maar ook die werker wat dié spesie gevind het. Mariska Spoormaker het gaan kuier by die plaas Ferndale, en wou eers by Jackye Riddle, Suid-Afrika se eerste draakvrugboer, weet hoe sy 18 jaar gelede met draakvrug begin boer het.

Hoe het julle ontmoet 9 Junie 2025 09.06.2025

Gayle Britz-Williams vertel vir Martelize Brink Hoe sy Mary-Jane aanlyn gesien het, mekaar die volgende dag ontmoet het, en vyf dae later voorgestel het hulle trou.

Hondeverbod in Iran 09.06.2025

In verskeie stede in Iran is daar ‘n verbod op honde as troeteldiere. Jy word in hegtenis as jy met ‘n hond gaan stap, of selfs een in ‘n voertuig het.

Die sonpaneel wat lig gebring het 06.06.2025

Carel en Rentia Nel het in 2024 ‘n 16 000 km draai deur Afrika gegooi. In die Noord-Ooste van Kenia het Rentia ‘n kameelherder met ‘n sonpaneel en selfoon gesien. Mariska Spoormaker het gehoor dié prentjie het ‘n jaar later ‘n baie interessante verwikkeling tot gevolg gehad.

360 Speseryroete - Deel 84 06.06.2025

Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die gebruik van verouderde eiergeel om kos te geur, en verskeie tegnieke om eiers te preserveer.

Berg Etna bars uit 06.06.2025

Prof. Frederick Roelofse vertel van die mees onlangse uitbarsting van Berg Etna, Europa se aktiefste vulkaan. Hierdie keer was die impak gelukkig nie so erg nie.

Op 51 in die nasionale sokkerspan, op papier 06.06.2025

Die bestuurder van Finland se nasionale vrouesokkerspan het per ongeluk ‘n 51-jarige oudspeler aangekondig as lid van die span, wat vandeesweek teen Serwië gespeel het. Sy het bedoel om ‘n 23-jarige met dieselfde van in te sluit. Die fout is op so ‘n laat stadium gemaak dat dit nie reggestel kon word nie.

Inheemse name vir paddas en reptiele 05.06.2025

Prof. Louis du Preez praat oor die belangrikheid van inheemse name vir paddas en reptiele vir inklusiewe bewaring.

Crazy Socks 4 Docs 2025 05.06.2025

Haidee Muller Isaacs gesels met Florence de Vries oor die geestesgesondheidsuitdagings van gesondheidswerkers, en die Crazy Socks 4 Docs-veldtog, wat jaarliks op die eerste Vrydag in Junie plaasvind.

Jonk 5 Junie 2025 05.06.2025

Dr. Margaretha Roux praat oor die impak van diabetes op ooggesondheid.

Worsrol se wasbeeld 05.06.2025

Madame Tussauds het ‘n nuwe wasbeeld onthul. Saam met Sir David Attenborough en William Shakespeare is daar nou ‘n worsrol in die uitstalling!

Pieter se visuele stories 04.06.2025

Pieter Serton is 'n visuele storieverteller. Hy werk al twee dekades in die TV-bedryf. Hy was eers 'n grimeerkunstenaar en stilis, en nou omskep hy TV-stelle en “kleur" leefvertrekke in wanneer hy sy slim dekortruuks inspan. Hy is 'n produksieontwerper by 'n groot produksiehuis en hoof van die kunsdepartement. Pieter het al allerhande stelle gebou vir verskeie gewilde TV-programme.

Vergeet De Aar Nie 04.06.2025

Albie Stodart vertel vir Martelize Brink van die Vergeet De Aar Nie-organisasie, en sy grootwordjare op die dorp.

Poppe op die swartmark 04.06.2025

Labubu’s is gewilde poppe. Verkope in die VK is gestop oor geweld wat by die winkels uitbreek om dié skaars poppe te koop. China se doeane konfiskeer tasse vol Labubu’s wat vir die swartmark bestem is.

Êrens oorsee 3 Junie 2025 03.06.2025

Leonie Fourie vertel van die afhanklikheid dat die skip moet inkom by Ilulissat in Groenland. As die ys die skepe uithou, raak voorrade min. Sy en haar man Jasper woon al drie jaar daar.

Die vrou agter Somerset-Oos se naamsverandering 03.06.2025

Noudat Somerset-Oos in die Oos-Kaap KwaNojoli heet, het die Jakes Gerwel Stigting navorsing gedoen oor Nojoli en haar mense. Mariska Spoormaker hoor by Theo Kemp, besturende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting, wat die navorsing opgelewe het.

Saffraan in Suid-Afrika 03.06.2025

Bennie Engelbrecht vertel van saffraanverbouing in Suid-Afrika.

Miljoene bye in ongeluk 03.06.2025

Veertien-miljoen bye was los nadat ’n vragmotor, wat duisende korwe vervoer het, omgeslaan het naby die grens tussen Amerika en Kanada.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.