RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Oor pienk en V8-veteraantrekkers 20.06.2025

Wie het al gehoor van ‘n pienk trekker, en gedigte oor veteraantrekkers? En wie het al gehoor van My Enjin Storie? Binnekort kom dié storievertellery weer aan die beurt, het Mariska Spoormaker gehoor toe sy by die Bloemskou na die veteraantrekkers gaan kyk het. Eric Mouton van die Sentraal Vrystaat Veteraanklub,Trekkers en Enjins, het haar onder meer van die Vaaljapie vertel.

360 Speseryroete - Deel 86 20.06.2025

Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor koljander waarvan die blare, sade en selfs die wortels gebruik word.

Borsvoed-marathon 20.06.2025

Stephanie Case het, ten spyte daarvan dat sy tydens ‘n 100 km ultramarathon drie keer gestop het om haar sesmaande oue dogter te borsvoed, steeds die vroueafdeling gewen!

Haidee en die alpacas 19.06.2025

Haidee Muller-Isaacs besoek die Alpaca Loom-plaas buite Paarl. Sy vind by Dietmar Keil meer uit oor hierdie besonderse diere.

Jonk 19 Junie 2025 19.06.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die bloedgroepdieet. Hoewel dit gewild is, kan wetenskap nie die voordele van dié dieet bewys nie.

Spanje se reddingspoedel 19.06.2025

In Spanje is ‘n poedel genaamd Nilo, ’n vlak 1-reddingshond, wat die lewensredders bystaan op die strand. Die ander honde is almal labradors.

Adam se vye in die Karoo 18.06.2025

Liezl de Klerk van Weltevrede Vyeplaas vertel van die Adamsvy waarmee hulle die afgelope drie dekades voltyds boer in die Prins Albert-kontrei. Johan Rademan het met haar gesels teen die hange van die Swartberge oor wat jy alles met ’n vy kan doen.

Sellulose uit hout vir klere tot tablette 18.06.2025

Madelaine Fourie praat oor veeldoelige sellulose uit hout, wat in klere, skoonheidsprodukte, waspoeier en tablette gebruik word.

R111 500 vir parkering! 18.06.2025

‘n Vrou in Engeland was onder die indruk dat £4.50 vir twee ure se parkering sou betaal, toe is dit al die tyd £4 586!

Êrens oorsee 17 Junie 2025 17.06.2025

Jani van Wyk vertel vir Martelize Brink van die lewe in Sjanghai in China. So hoor ons selfs van klein tamatietjies op koeke!

Ernst Swart, die publisiteitsghoeroe 17.06.2025

Ernst Swart wou homself aanvanklik in die advertensiewêreld begewe, maar het bitter gou uitgevind dit laat nie sy hart vinniger klop nie. Toe beland hy per toeval in die media en toe ook in die TV-bedryf. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe hy 'n werk waaroor hy gaande was in Johannesburg by 'n gewilde sepie, gelos het om sy suster tydens haar kankerreis in die Moederstad te gaan ondersteun. Op...

'n 14de Eeuse moordverhaal 17.06.2025

Medieval Murder Maps, ‘n Projek wat met digitale hulpbronne na moord en verdagte sterftes in 14de eeuse Londen, Oxford en York kyk, sit nou die stukkies van die legkaart uit verskillende bronne aanmekaar om insigte te kry oor die maniere waarop mense geweld uitgevoer het, en die maniere waarop mense hulle daaroor bekommer het. Só kom fassinerende feite en karakters na vore.

Night, polisiehond van staal! 16.06.2025

Aan watter eienskappe moet ’n hond voldoen om ’n polisiepatrolliehond te kan wees? Mariska Spoormaker het dit met adjudantoffisier Damian Theron van die polisie se honde-eenheid in Gqeberha bespreek, nadat sy patrolliehond, Night, wat in April vanjaar ernstige steekwonde opgedoen het met die vastrek van ’n verdagte, weer aan diens is, en reeds ’n verdagte help aankeer het.

Twee Kaapse leerders in SA-toutrekspan 16.06.2025

Martelize Brink gesels met Alita Basson van HTS Drostdy en Anja van Jaarsveld van Melkbosstrand Hoërskool oor die opwindende sport van toutrek, en wat dit so uniek maak. Hierdie twee talentvolle jong sportvroue is op pad om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Wêreldkampioenskappe in Engeland. Anja is lid van die 480 kg o/19 dogters Protea-toutrekspan, en Alita is onderkaptein van die 520 kg o/19...

Hoe het julle ontmoet? 16 Junie 2025 16.06.2025

Francis Marais vertel vir Martelize Brink sy was nog op hoërskool toe sy en Ivan mekaar op ‘n blinde afspraak by ‘n garagepartytjie ontmoet het.

Selfone dink dansers is in motorongelukke 16.06.2025

Die Britse polisie het gewaarsku teen rockfeesgangers wie se selfone dink hulle is in motorongelukke, oor die manier hoe daar gedans word. Vorige jare is daar oor die rockfeestyd tot 700 meer noodoproepe gemaak as gewoonlik.

Dié kleikafee voed kreatiwiteit 13.06.2025

Haidee Muller-Isaacs kuier by ’n kleikafee, waar oud en jonk kreatief kan raak. Sy vind toe uit die mense wat hulle kinders bring, is meer ernstig oor die verfstorie as hulle kroos.

360 Speseryroete - Deel 85 13.06.2025

Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor swart knoffel.

Amerikaanse vlagvoetbal 13.06.2025

Armin van As vertel van Amerikaanse vlagvoetbal, wat ‘n nuwe sport by die 2028 Olimpiese Spele is.

Sopnat in Namibië 13.06.2025

Duitse toeriste het Dinsdag ‘n sopnat ontvangs op die lughawe in Windhoek gekry toe ‘n brandslang handuitgeruk het.

Die plant wat alles verander het 12.06.2025

’n Gebed en ses smeerwortelplantjies 24 jaar gelede, het Sanet Mey van Patensie op ’n plantheelkundige trajek gesit waarvan sy nie kon droom nie. Mariska Spoormaker het by haar gaan kuier.

Motortegnologie wat help in die reën 12.06.2025

Motorjoernalis Marnus Hattingh vertel van motortegnologie wat help om die reën- en sneeuweer te hanteer. Hy gee ook bestuurswenke.

Jonk 12 Junie 2025 12.06.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor onderbroke vas, en wie dit liewer nie moet doen nie.

Polisiejaagtog teen stapspoed 12.06.2025

’n Laespoed-jaagtog het Sondagoggend in die VSA afgespeel. Verskeie polisievoertuie kon nie die graafmasjien stop wat soms so vinnig as 4,8 km per uur in die hoofstraat af gekruie het nie!

Take Four Klavierkwartet by Gamka Klassiek 11.06.2025

Hulle het pas teruggekeer van die eiland Malta in die Middelandse See. Hulle tree gereeld individueel of met wereldklasorkeste op in stede soos New York, Londen, Parys en Berlyn. Maar hulle is stewig gegrond in Suid-Afrika waar hulle in die mooi plattelandse dorpie, Prins Albert, tydens Gamka Klassiek opgetree het. Johan Rademan het met die ensemblekunstenaars van die Take Four Klavierkwartet gese...

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.