RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Afrika se mees suidelike woud 05.11.2025 9:44
Marina Jenkins het vir RSG se 88e verjaarsdag 'n boom in Afrika se mees suidelike woud in die Platbos Woudreservaat geborg. Francois Krige, mede-eienaar van Platbos en hoof van die Tree Liberation Front, vertel hoe dit met RSG se boom gaan, en van sy passie vir herbewouding.
Elke stem tel 05.11.2025 1:13
In ‘n verkiesing vir die nasionale vergadering in Kanada is een stem weens ‘n administratiewe fout nie getel nie. Daardie stem was vir ‘n kandidaat wat met een stem verloor het. Toe is die saak vir drie dae in die hof.
Êrens oorsee 4 November 2025 04.11.2025 13:26
Marcel Liebenberg vertel vir Martelize Brink van Araçuaí in Brasilië. Sy Portugees is nie te waffers nie, so dit het al gesorg vir ‘n komiese oomblik by die winkel.
En die een langs die sieke? 04.11.2025 7:54
September was Alzheimer-maand, en daar is baie gepraat oor die simptome en behandeling vir die pasiënt. Maar Santa van Rooyen, afgetrede maatskaplike werker van die Baai, sê ons moet ook praat oor die welstand van die versorger - die een wat langs die sieke staan. Sy het onlangs ‘n dankie-sê oggendtee vir hierdie versorgers aangebied.
Kos met byt 04.11.2025 1:11
Daar was ’n paar voorvalle in China waar valstande in kos gevind is.
Troetelpraatjies 3 November 2025 03.11.2025 8:39
Veearts dr. Elizna Boag praat oor hittestres by honde. Veral die kortneus-rasse is kwesbaar.
Baaienaars “red” hulle Baakensrivier 03.11.2025 7:49
Een van die unieke natuurkenmerke van Gqeberha is die Baakensrivier met sy groen klowe wat 23 kilometer deur die stad tot by die seemonding kronkel. Tog word dié groen long gewurg deur plate indringerbome en -plante. Mariska Spoormaker het gehoor van ‘n klomp Baaienaars wat ‘n plan gemaak het, en begin ingespring het om skoon te maak.
Hoe het julle ontmoet? 3 November 2025 03.11.2025 8:22
Jackie Myburgh vertel vir Martelize Brink hoe sy ná ‘n ongelukkige huwelik vir Nols deur ‘n aanlynplatform ontmoet het.
Probleemplant 03.11.2025 1:22
‘n Vrou het ‘n dooie roosboom ses maande ná die aankoop teruggeneem, en gekla dat ‘n defektiewe plant aan haar verkoop is. Niemand het vir haar gesê die plant kan doodgaan nie!
360 Speseryroete - Deel 104 31.10.2025 6:29
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor pampoen en pampoenspesery.
Yolani Abrahams is aan die gang 31.10.2025 9:17
TV-aanbieder en fyngebak-sjef Yolani Abrahams is deesdae ma van klein Aadam, en sy het pas klaar geskiet as die aanbieder van 'n gewilde kookprogram op Struisbaai. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe sy al haar balle in die lug hou.
Wie betaal vir die troue? 31.10.2025 0:49
Fransman Dagobert Renouf het sy troue gefinansier deur advertensiespasie op sy tuxedobaadjie te verkoop. Ses-en-twintig ondernemings het spasie gekoop, wat hierdie uitgawe van belasting kan aftrek.
Jonk 30 Oktober 2025 30.10.2025 7:30
Dr. Ria Smit praat oor die effek van blou lig van foon-, tablet- en rekenaarskerms op jou vel.
Verloor gewig en wen 'n Porsche! 30.10.2025 1:13
‘n Gimnasium in Binzhou, China, het ‘n omstrede kompetisie, waar 'n Porsche op die spel is vir ‘n deelnemer wat 50 kg in drie maande verloor. Dokters waarsku egter teen só ‘n drastiese gewigsverlies só vinnig.
Vroue-bemagtigingsprojek in byeboerdery 29.10.2025 6:28
Die werking van ‘n bykolonie is fassinerend, maar waar kom die byekorf vandaan? Johan Rademan het by NAMPO Kaap vasgeloop in Anelda van den Heever, wat uit Montagu uit gaan deelneem het aan die expo.
Fynkuns, fynbos en vuur 29.10.2025 8:18
Eri-Kah van Breda vertel vir Martelize Brink van haar botaniese fynkuns-fotografie, wat fokus op die verhouding tussen fynbos en vuur.
Die geskiedenis van lipstiffie 29.10.2025 7:09
Dr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink van die snaakse geskiedenis van lipstiffie - van Cleopatra se lipstiffie gemaak van fyngemaalde kewers en ‘n sekere seeslak, tot rooi lippe se rol in die Tweede Wêreldoorlog.
Koskaskenades in Japan 29.10.2025 1:08
‘n Man in Japan het ‘n kosaflewingsplatform mislei, en so 1 095 gratis etes ter waarde van meer as 3,7 miljoen Jen bekom. Hy het 124 rekeninge onder vals name en adresse gehad.
Êrens oorsee 28 Oktober 2025 28.10.2025 13:49
Riki Small-Smith vertel vir Martelize Brink van die lewe in Madrid, Spanje. Daar eet jy jou tamaties net in seisoen!
Cole Wessels laat sosiale media gons 28.10.2025 8:59
Cole Wessels het sy rol in 'n gewilde sepie met soveel oortuiging gespeel, dat daar op sosiale media omtrent oor hom gegons is. Haidee Muller-Isaacs vind meer uit oor wie die mens agter dié talentvolle akteur is, en die impak wat sy rol as die flambojante Tino op kykers gehad het.
Kleurvolle sokkerbaas 28.10.2025 2:05
Lutz Pfannenstiel is nou Aberdeen, die Skotse Premiersokkerklub, se sportdirekteur. Sy pad tot daar klink soos ‘n film. Hy het al ‘n pikkewyn ontvoer. Hy was vir 101 dae in Singapoer in die tronk. Hy was ‘n model vir Armani. Op die sokkerveld is hy al drie keer dood verklaar...
Troetelpraatjies 27 Oktober 2025 27.10.2025 7:38
Veearts dr. Elizna Boag praat oor hondsdolheid, ‘n aansteeklike virale siekte wat mense én diere affekteer.
Debmarie Simons se passie vir onderwys 27.10.2025 9:38
Debmarie Simons is ’n boorling van Mosselbaai. Sy is tans die onderhoof by ’n skool in Kaapstad, wat fokus op spesiale behoeftes. Sy is passievol oor onderwys, veral oor die ondersteuning van kinders met spesiale behoeftes — ’n veld waarin sy al verskeie suksesverhale behaal het. Haar liefde vir haar tuisdorp en sy mense is duidelik in die gemeenskapsprojekte wat sy al aangepak het.
Hoe het julle ontmoet 27 Oktober 2025 27.10.2025 2:37
Loda Bothma vertel vir Martelize Brink hoe sy en Loutjie Maree mekaar by ‘n reünie herontdek het.
'n Boom vir RSG se verjaarsdag 27.10.2025 3:30
Marina Jenkins vertel vir Martelize Brink hoe sy RSG se 88 ste verjaarsdag vier deur ‘n inheemse boom te borg, wat namens RSG by die mees suidelikste woud in Afrika by Platbos tussen Gansbaai en Stanford geplant word.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.