RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Tifoontroue 23.07.2025

‘n Tifoon en ’n oorstroomde kerk was nie genoeg rede vir ‘n paartjie in die Filippyne om hulle troue uit te stel nie.

Êrens oorsee 22 Julie 2025 22.07.2025

Jan Hugo vertel vir Martelize Brink van Lagos in Portugal waar hy al vyf jaar woon. Hy vertel dit sukkel maar om die taal aan te leer, maar jy kom goed reg daar met Engels.

Baviaanskloof: Nie nét 'n basaar nie! 22.07.2025

Dink net... net omdat jy na die kerkbasaar gaan, het jy gratis toegang tot die ongerepte Baviaanskloof Wildernisgebied, ‘n provinsiale natuurreservaat. En dit is nie al nie – die boere in die landbougedeelte van die Baviaanskloof bied ook gratis verblyf aan die basaargangers van buite. Daar aangekom, het Mariska Spoormaker haar verluister aan Amanda Lamprecht se groot geesdrif vir die omgewing én...

Hond se familie 22.07.2025

Vier dae nadat ‘n gesin se aanneemhond, Rufus, oorlede is, sien hulle ‘n diereskuiling adverteer ‘n hond wat nes hy lyk. Nadat hy aangeneem is, doen hulle ‘n genetiese toets wat wys dat die nuwe hond Rufus se pa is!

Kaapse Bergkwagga-projek 21.07.2025

Dr. Marienne de Villiers vertel vir Martelize Brink van die Kaapse Bergkwagga-projek en die stappe wat gedoenword om die verskillende bloedlyne bymekaar te bring.

Leslie se toutrek en tuin 21.07.2025

Leslie Ruiters het 'n passie vir toutrek, en help kinders in Bellville-Suid in die Kaap om van die strate af te kom deur hulle betrokke te kry by die sport. Hy is ook betrokke by die Hoërskool Bellville-Suid waar hy help om 'n groentetuin aan te lê. Leslie het groot maatskappye nadergehark om te help met stootskrapers om die gebied plat testoot, so dis nie 'n klein groentetuintjie nie! Haidee Mull...

Hoe het julle ontmoet? 21 Julie 2025 21.07.2025

David Shorthouse en Mariana Treurnicht se storie word deur Martelize Brink voorgelees.

Vermiste fiktiewe kat 21.07.2025

Natasha Lavoie in Kanada kry tot ses oproepe per dag van mense wat ‘n vindersprys eis vir ‘n vermiste kat. Dit volg nadat ‘n T-hemp aanlyn verkoop is met ‘n vermiste katmotief op, maar ‘n regte foonnommer daarby.

Gee dié kinders net ‘n kans 18.07.2025

Op Humansdorp bied die Rainbowsentrum nie net 'n veilige hawe vir verwaarloosde kinders met spesiale leerbehoeftes nie, hulle musiektalente word ook ontgin, het Mariska Spoormaker gehoor toe vrolike marimbaklanke haar nadergetrek het.

360 Speseryroete - Deel 90 18.07.2025

Sjef Ashley Dokter gesels met Martelize Brink oor sy Karoo-komvandaan,en sy gunsteling krui, roosmaryn.

Pakkieprobleme 18.07.2025

‘n Vrou in Amerika se woonadres is gelys as die plek waarheen jy ‘n aanlynhandelaar se produkte waarmee jy nie tevrede is nie, terugstuur. Honderde pakkies skep probleme by haar huis.

Ellirien Koopman se drome 17.07.2025

Ellirien Koopman van Carnarvon het altyd groot gedroom, soos om kinders te laat glo dat hulle doelwitte haalbaar is. Sy glo dat speel en pret ‘n belangrike rol speel in die ontwikkeling van elke kind. Sy het eers ingeval by kleuterskole, en elke dag gewonder oor waar sy haarself oor 10 jaar sal bevind. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar grootworddae op Carnavon, en nuwe drome wat besig is...

Jonk 17 Julie 2025 17.07.2025

Fisioterapeut Wimpie van der Meijden praat oor ysbaddens. By 15 grade Celsius en kouer kry jy die meeste voordele.

KI spioneer op jou afval 17.07.2025

In Centreville in Ohio in die VSA het hulle herwinningsvragmotors toegerus met kunsmatige intelligensie. As jou herwinningsak goed in het wat nie daar hoort nie, kry jy dit terug met ‘n kaartjie wat uitwys waar jy verkeerd gaan.

Daniël se vyfkamp 16.07.2025

Daniël Grové gesels met Martelize Brink oor moderne vy kamp. Hy neem deel aan die onder17-wêreldkampioenskappe in Johannesburg.

Op 60 bo-op Kilimajaro 16.07.2025

Lorna Mooney het besluit om vir haarself 'n besondere geskenk te gee vir haar 60 ste verjaarsdag - om Kilimanjaro aan te durf. Op haar sestigste het sy heelbo gestaan en dit was minus 14 grade, maar Lorna se hart het vuurwarm geklop, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs.

Wat gemaak na 90? 16.07.2025

Op 92 gaan die president van Kameroen, Paul Biya, weer staan as presidensiële kandidaat vir die volgende sewejaar-termyn. En Fauja Singh het sy eerste marathon op 89 aangepak, en ná 100 steeds aangehou.

Êrens oorsee 15 Julie 2025 15.07.2025

Wiaan Visser vertel van Meksikostad, die hoofstad van Meksiko, met sowat 20-miljoen inwoners.

Roseline vereer vir groen oorlewingsplan 15.07.2025

Eens was Roseline Shimwenje haweloos en werkloos. Toe omskep sy 'n stuk munisipale grond langs die begraafplaas in Patensie in 'n groentelushof nadat sy al die onwettig gestorte rommel daar verwyder het. Nou het die Kouga-munisipaliteit Rosaline vereer met 'n toekenning vir uitstaande gemeenskapsdiens. Mariska spoormaker het met haar gepraat.

Vliegkuns(mis) 15.07.2025

John Knuth se kuns word deur vlieë geskep. Hy voer hulle ’n mengsel van akrielverf en suikerwater. Met dié dat vlieë hulle kos opbring en weer opslurp, word patrone op ‘n doek gemaak.

Haai- en rog-bewusmakingsdag 14.07.2025

Mia Groeneveld en Karla Redelinghuys praat oor haai- en rog-bewusmaking. Hulle is die stigters van Science Saves Sharks. Hulle gesels onder meer oor die rol van genetiese toetse op haaivinne as bewyse in stropinghofsake.

Die stormjagter 14.07.2025

Géne Morrison vertel vir Johan Rademan van sy gevaarlike stokperdjie. ‘n Netwerk van stormjagters hou die weer dop om foto’s en video’s van die vernietigende krag van die natuur te neem.

Hoe het julle ontmoet? 14 Julie 2025 14.07.2025

Ina Snyman vertel van ‘n busrit waar sy en Hennie besluit het om die pad vorentoe ook saam aan te vat.

Ontsnap in wasgoedsak 14.07.2025

‘n Franse gevangene is by die tronk uitgedra in ‘n ander gevangene wat vrygelaat is, se wasgoedsak. Die vryheid was egter van korte duur.

‘G’n tamatiekonfyt? Dan maak ek my eie’ 11.07.2025

Landboujoernalis Johan Gunter van Bloemfontein is só versot op tamatiekonfyt dat hy besluit het om sy eie te begin maak, nadat hy tevergeefs gesukkel het om dit in die hande te kry. Nou het hy al ‘n konfytbedryffie aan die gang gekry, het hy vir Mariska Spoormaker vertel.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.