RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Hoe het julle ontmoet? 4 Augustus 2025 04.08.2025

Marie Henning vertel vir Martelize Brink hoe sy Willie ontmoet het met Landbouweekblad se Opsitkers. Toe hy kom kuier het, bring hy vir sy aanstaande skoonma ’n pampoen!

Draaihekke lok toeriste 04.08.2025

Italiaanse boere het draaihekke opgesit waar jy vir toegang tot hulle privaatgrond moet betaal. Dis gedoen om toeriste te ontmoedig. Die toue van tot 4 000 mense elke dag maak dat meer mense nou kom kyk wat daar te sien is.

360 Speseryroete - Deel 92 01.08.2025

Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor lemmetjies en swart lemmetjies.

Bofbalspan verander tydens wedstryd 01.08.2025

José Caballero was besig met ‘n wedstryd vir Tampa Bay Rays teen die New York Yankees. Tydens die wedstryd is ‘n transaksie beklink waar hy deel geword het van die Yankees, sy naam toe reeds verwyder uit die Rays se spanlys, en het hy vir sy nuwe kamerade in hulle klubhuis drukkies gaan gee.

Jonk 31 Julie 2025 31.07.2025

Dermatoloog dr. Barbara van der Westhuizen praat oor die funksie van neushare, en watter neushare jy maar kan verwyder, en hoe.

Stories op grafstene 31.07.2025

In Indië is daar grafstene met QR-kodes op. As jy dit met ‘n foon skandeer, sien jy die storie van die gestorwene op ‘n webblad.

Magdaleen se lewe van sampioene 30.07.2025

Magdaleen Smit van Plettenbergbaai is só passievol oor sampioene dat sy Mariska Spoormaker geïnspireer het om voortaan op die uitkyk vir sampioene te wees wanneer sy deur veld, vlei en bos loop. Magdaleen se sampioenstalletjie by ‘n markdag in Kouga het selfs peuters nadergelok.

Voorkom verdrinkings 30.07.2025

Caville Abrahams van die Nasionale Seereddingsinstituut vertel van situaties om te vermy om in die water uit die moeilikheid te bly.

Swem werk toe 30.07.2025

In Switserland is die riviere só skoon dat mense in die hoofstad, Bern, werk toe swem.

Êrens oorsee 29 Julie 2025 29.07.2025

Tobias Meyer vertel van die lewe in N’Djamena, die hoofstad van Tsjad.

Mikayla, die ballerina 29.07.2025

Die dertienjarige ballerina Mikayla van Heerden vertel van ‘n optrede in Switserland, en haar deelname aan die 12e Suid-Afrikaanse Internasionale Balletkompetisie. Sy het verlede jaar goud gewen in twee afdelings by die kompetisie.

Letitia en die Peacemakers 29.07.2025

Die 53-jarige Letitia Britz is al 26 jaar skoon van dwelms. Sy is al jare lank betrokke by ‘n ondersteuningsgroep vir jong mans, Peacemakers, in Heideveld op die Kaapse Vlakte as deel van

Tolgeld in Japan 29.07.2025

‘n Fout met ’n tolstelsel het veroorsaak dat tolgeld vir 38 ure nie ingevorder is by tolhekke in Japan nie. Meer as 24 000 mense het egter uit hulle eie aanlyn gaan betaal. Hulle en ander gebruikers wat in daardie periode by werkende tolhekke in daardie omgewing betaal het, het egter hulle geld teruggekry.

Troetelreptiele en die winter 28.07.2025

Veearts dr. Kaylin du Plessis praat oor troetelreptiele se winterbehoeftes. Sy vertel onder andere van maniere om hulle warm te hou.

Die skoenmaker-sakeman van Durbanville 28.07.2025

Deepak Prag is die derde geslag van sy familie uit Indië, wat Suid-Afrika sy tuiste gemaak het. Hy is ‘n sakeman en skoenmaker van beroep. Jy kan nie vir hom sê: Skoenmaker hou jou by jou lees nie, want hy ken sy storie. Johan Rademan het met hom gesels.

Hoe het julle ontmoet? 28 Julie 2025 28.07.2025

Machiel Oberholzer vertel hoe hy en Marlene op ‘n groep vir gestremdes aan die gesels geraak het.

Onkruid op die bord 28.07.2025

In Kenia is daar verlede jaar 300 000 ton se inheemse kosplante geoes, maar om die saad te koop of te ruil is onwettig.

Velle, die brandhond wat nié wil aftree 25.07.2025

Velle, die polisiehond, is al lankal afgetree, maar steeds kom sy, stywe bene en al, werk toe. Adjudantoffisier Riaan Victor van die Baaise Honde-eenheid, wat al 13 jaar met brandhonde werk, sê hy bring Velle, afgetree by hom, steeds werk toe anders raak sy te depressief. Maar eers vertel hy vir Mariska Spoormaker meer oor die funksie en opleiding van ‘n brandhond.

360 Speseryroete - Deel 91 25.07.2025

Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor vla, soet sowel as sout, wat al langer as tweeduisend jaar voorgesit word.

'Waar is ons poue?' 25.07.2025

Poue is sinoniem met ‘n hotel in Kalifornië. Dosyne poue is egter stil-stil daar weggedra.

Solo op 'n motorfiets deur Afrika 24.07.2025

Heidi van der Merwe vertel vir Martelize Brink dat sy 23 jaar gelede ‘n tweede kans op die lewe gekry het nadat sy lewerkanker oorleef het. Nou gaan sy vir ‘n jaar lank vroualleen met haar hond, Harley, op ‘n motorfiets deur Afrika reis en lewerkanker-bewusmaking doen.

Groenkrag en elektrisiteitsverspreiding 24.07.2025

Ons praat oor ‘n olifant of twee in die vertrek met Hein Vosloo, wat baie jare by Eskom se kragverspreidingsnetwerk gewerk het. Johan Rademan gesels met hom oor hernubare energie, of groenkrag, se uitdaging, wat die verspreiding daarvan is.

Jonk 24 Julie 2025 24.07.2025

Willie Schoeman verduidelik wat hiperbariese suurstofterapie behels, waar jy aan hoër atmosferiese druk blootgestel word.

Vals ambassade ontbloot 24.07.2025

‘n Vals ambassade vir Seborga en Wesarktika, lande wat nie bestaan nie, is in Indië deur die polisie toegemaak.

Lisa se gemeenskapswerk 23.07.2025

Haidee Muller-Isaacs loer in by Lisa Truter wat al 30 jaar lank haar lewe aan gemeenskapswerk wy. Sy was nog nie een dag spyt nie.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.