RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Werkskultuur in koffiewinkels 13.08.2025

Starbucks in Suid-Korea het nou amptelik nuwe reëls. Tablette en skootrekenaars is welkom, maar mense mag nie meer hulle rekenaars, drukkers en afskortings bring om werkshokkies in die koffiewinkel op te stel nie.

Êrens oorsee 12 Augustus 2025 12.08.2025

Robbie Robberts vertel van die lewe in Iowa in die VSA. Hy sê tussen die mielies is daar werk vir mense wat wil werk.

Wat is 'n brilpartytjie? 12.08.2025

Adele Camarena vertel vir Haidee Muller-Isaacs van brilpartytjies, waar jy meer kan leer oor watter bril by jou persoonlikheid, oë en gelaats- en haarkleur pas.

Die stand van SA se klein hawens 12.08.2025

Dawie Botha praat oor die instandhouding van Suid-Afrika se kleiner hawens wat agterweë bly.

Werk jy by die werk? 12.08.2025

In China is daar plekke soos Pretend to Work waar werklose mense plek in ‘n kantoor huur, sodat dit lyk of hulle werk het!

Witkruisvleivalk-bewaring kry hupstoot 11.08.2025

Grant Forbes vertel vir Martelize Brink van Renosterveld in die Overberg wat aangekoop is om die bedreigde Witkruisvleivalk se bewaring ‘n hupstoot gee.

Ken jy só n vrou? 11.08.2025

Dit is nou tyd om 'n waarderende kollig op die vroue te laat skyn, wat onder die radar 'n positiewe impak of 'n postiewe verandering in hul gemeenskappe bring. Dis wat die Kouga-munisipaliteit doen met hulle StrongHer-veldtog. Die burgemeester, Hattingh Bornman, sê die veldtog is geïnspireer deur ’n soortgelyke een in Birmingham, Alabama, in die VSA.

Hoe het julle ontmoet? 11 Augustus 2025 11.08.2025

Dot Gerhold vertel vir Martelize Brink hoe sy na vier huwelike geweet het wat sy nié soek nie. Toe het sy vir Mike deur ‘n romantiese afspraakwebblad ontmoet.

Renjaer vier sy sleutelbeen af! 11.08.2025

’n Nascar-renjaer wat sy oorwinning gevier het, het van sy kar se dak afgeval en sy sleutelbeen gebreek.

Suid-Afrika se misterieuse bedgraf 08.08.2025

Die afgelope tyd het dit weer op sosiale media gegons oor Suid-Afrika se mees misterieuse bed, naamlik die dubbelbed koperkatel wat in die veld langs die N9 tussen Aberdeen en Graaff-Reinet staan. Die mense verwys na die bedgraf op die Aberdeen-pad, en die stories hieroor is meer as die hare op n hond se rug. Maar weet enigiemand wat die ware verhaal agter die katel is? Mariska Spoormaker het onde...

360 Speseryroete - Deel 93 08.08.2025

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor suksesvolle vroue met speseryondernemings.

Klim berge vir 'n beurs 08.08.2025

In Suid- Korea is daar beurse by ‘n universiteit vir bergklim. Daar is 70 van die beurse beskikbaar, en ‘n student moet in die res van die jaar ses berge klim om die volle bedrag te ontvang.

SA se oudste wyn 07.08.2025

Jean Naude vertel vir Martelize Brink van die geskiedenis van Suid-Afrika se oudste wyn, en hoe dit tans vereer word. Napoleon het glo ‘n bottel ‘n dag van hierdie Muscat-wyn van Groot Constantia gedrink.

Charlene Saal help met bekostigbare behuising 07.08.2025

Charlene Saal help die mense van Bellville-Suid om bekostigbare huise te kry. Sy werk vir 'n nie-winsgewende organisasie wat hulle leer van hulle regte. Sy vertel sy is ’n pastoorskind, en haar ouers het altyd met behoeftiges gedeel. Sy het haar ouers se barmhartigheid geërf.

Jonk 7 Augustus 2025 07.08.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die TikTok-gier, fibre maxxing, en sy sê Suid-Afrikaners kry juis te min vesel in.

Vreemde veeartsbesoeke 07.08.2025

Die Hambone-toekennings in die VSA is vir diere wat vir vreemde redes by die veearts opdaag. Een van die finaliste is ‘n bulhond se olikheid nadat sy ‘n opgestopte alligator geëet het.

Louwina se storie 06.08.2025

In Lowena Lawrence se hart en huis in Bonteheuwel is daar altyd plek vir nog. By haar kry jy brood en bid, en neem met jou saam die vrede wat alle verstand te bowe gaan. Die kinders in die omgewing word na haar aangetrek soos ’n magneet, en vind 'n tuiste by die Kids' Club. Sy neem ook leiding by 'n groep vroue wat bid by die verskillende skole in Bonteheuwel en uitreik na die smokkelhuise in die...

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland vier 96 jaar 06.08.2025

Estelle du Plessis praat oor die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland se rol in die gemeenskap oor hulle 96-jarige bestaan.

Na 43 keer se vra, sê sy toe ja 06.08.2025

Luke Wintrip het vir Sarah 43 keer om haar hand gevra voor sy eindelik na sewe jaar ja gesê het!

Êrens oorsee 5 Augustus 2025 05.08.2025

Linda Celliers vertel vir Martelize Brink van die seekos- en aartappelbedryf op Prins Edward-eiland, Kanada se kleinste provinsie.

Die Anglo-Boereoorlog in kleur 05.08.2025

Thinus le Roux se stokperdjie om ou swart en wit foto’s van die Anglo-Boereoorlog in te kleur, het ongekende belangstelling gaande gemaak. Hy skuif nou met ‘n opvolguitgawe van die konvensionele na die guerillaoorlogvoering se foto’s. Johan Rademan het met hom gesels.

Groen borsvoeding 05.08.2025

Caroli Diener praat oor borsvoeding en die rol daarvan in omgewingsvolhoubaarheid.

Troeteldiere vir die dieretuinspyskaart 05.08.2025

Die Aalborg-dieretuin in Denemarke vra dat mense ongewenste troeteldiere, spesifiek gesonde hoenders, hase, marmotte en perde skenk as kos vir hulle karnivore.

Uiterstes van die katwêreld 04.08.2025

Susan Ferreira en Karlo Hendrickz vertel van die Maine Coone, die reus van die katwêreld, en die Devon Rex, wat die pixie of apie van daardie wêreld genoem word.

Haar man se demensie laat vrou ondersteuningsgroep begin 04.08.2025

Jare lank het die Baaienaar Jenny Heunis haar man versorg wat met demensie moes saamlewe. Haar uitdagende versorgingspad het uiteindelik na die stigting van ‘n ondersteuningsgroep vir mense in soortgelyke situasies gelei. Charleen Fridey, ‘n maatskaplike werker, verduidelik aan Mariska Spoormaker hoekom só n ondersteuningsgroep so belangrik is.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.