RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5588 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 23, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Êrens oorsee 9 Desember 2025 09.12.2025

Douw Cloete vertel vir Martelize Brink van Langebach in Duitsland, waar hy en sy Nederlandse vrou ‘n gastehuis in ‘n woud het.

Gemeenskapsgedrewe bewaring 09.12.2025

Christiaan Lochner praat oor gemeenskapsgedrewe bewaring by Heroldsbaai Natuurreservaat, met sy kusfynbos en inheemse woud.

Wegsteekgeld 09.12.2025

’n Man van Kanada is meer as ‘n miljoen Kanadese dollar kwyt nadat die polisie die kontant op verskeie plekke op sy eiendom gekry het waar dit weggesteek is. Daar is ‘n moontlikheid dat 15 000 Kanadese dollar eerlik bekom is, so dit kon hy hou. Die res is vermoedelik dwelmgeld.

Vlermuise se belangrike rol 08.12.2025

Dr. Marienne de Villiers praat oor die belangrike rol van vlermuise, veral vir die landbou.

Hoe het julle ontmoet? 8 Desember 2025 08.12.2025

Kobus Matthee vertel vir Martelize Brink hoe dinge in die jagveld vir hom en Sonja in plek geval het.

51 Passasiers skoonveld! 08.12.2025

‘n Fout het gemaak dat berekeninge vir 51 passasiers op ‘n Qantas-vlug nie gemaak is nie. Vir vlugdoeleindes was daar 4 291 kg, wat nie in berekening gebring is nie.

Chris Oosthuizen se bergpasse 05.12.2025

Chris Oosthuizen staan aan die bestuur van ‘n privaatskool tussen Aliwal-Noord, Zastron en Lady Grey. Sy groot ontvlugting is om die omgewing se bergpasse te verken, waar hy as ‘n bergpasgids optree. Johan Rademan het saam met hom deur die passe gedraf.

360 Speseryroete - Deel 109 05.12.2025

Maruis Slabbert vertel vir Martelize Brink van die handgemaakte botter by Spitskop, en gee resepte waar jy dit kan inspan.

Die dief wat 'n goue eier lê 05.12.2025

‘n Man in Auckland, Nieu-Seeland, het ’n Fabergé-eier probeer steel deur dit in te sluk. Hy is uitgevang, en die polisie moes ses dae wag voor die R323 000-bewysstuk weer sy opwagting gemaak het.

Sumarie se storie 04.12.2025

Haidee Muller-Isaacs gesels met Sumarie Jordaan. Sy is hardhorend, ’n motiveringspreker en inhoudskepper. In 2026 word sy die land se heel eerste “differently abled” TV-aanbieder. Sy was

Jonk 4 Desember 2025 04.12.2025

Dermatoloog dr. Barbara van der Westhuizen gesels oor roosaknee (rosacea), wat sorg vir ‘n rooi gesigvel.

'n Wasbeer verkies whiskey 04.12.2025

‘n Wasbeer in Virginia in die VSA is besope gevind nadat hy deur die dak by ‘n drankwinkel in is, en veral onder die whiskey ingeklim het.

Nic de Jager: In my eie woorde 03.12.2025

Nic de Jager en Ingrid Howard gesels oor Nic se verhoogproduksie, In my eie woorde. Ingrid is die regisseur. Coenie de Villiers tree op as gespreksleier.

Mobiele loopbaandiens vir die jeug 03.12.2025

Janine Hansen vertel vir Martelize Brink van Action Volunteers Africa se mobiele loopbaandiens, ‘n inisiatief om werkloosheid onder jongmense aan te pak. Luke Levenberg het een van AVA se programme voltooi, en werk nou self by die organisasie.

Excel Wêreldkampioenskap 03.12.2025

E-sport sluit kompeterende Excel in. Dis iets wat al sowat 20 jaar bestaan. Die Microsoft Excel Wêreldkampioenskap in Las Vegas het vanjaar prysgeld van $60 000.

Êrens oorsee 2 Desember 2025 02.12.2025

Jaco Minnaar vertel vir Martelize Brink van die lewe in die Tokio met sy 37 miljoen inwoners.

'n Passie vir argitektuur 02.12.2025

Haidee Muller-Isaacs gesels met die talentvolle argitek, Inge Wilkinson, oor haar passie vir haar beroep, en hoekom sy geen ander werk wil hê nie. Sy het ook ‘n boodskap vir voornemende argitekte.

$104 000 se slakke gesteel 02.12.2025

Sowat 450 kg van die Franse lekkerny, escargot, is van ‘n plaas gesteel. Rakke vol vars, gevriesde en slakke in flesse is daar weggedra.

Francois se laaste rit 28.11.2025

Francois Rossouw het onlangs op 76-jarige ouderdom, met meer as 2 miljoen kilometer agter die blad, 13 000 voertuie en 33 000 medereisigers, sy laaste amptelike 4x4-rit gelei. Johan Rademan het 30 jaar saam met dié RSG 4x4-aanbieder en motortydskrifskrywer die pad geloop, en ná sy laaste rit met hom gesels. Tegnologie het oplaas oor drie dekades verander, en daarom was dit moontlik vir Shane Beck...

360 Speseryroete - Deel 108 28.11.2025

Sjef Jacques Erasmus vertel hoe saffraan ingespan word wanneer hy kosmaak by Hemelhuijs.

Weerprobleme in Australië 28.11.2025

Australië se weerdiens het ‘n peperduur nuwe webblad gekry, wat nie werk vir die publiek nie.

Belinda Cloete se Paarl 27.11.2025

Belinda Cloete praat oor die goeie ou dae in die Paarlvallei, haar grootwordjare teen die hange van die Paarlberg, en hoe hulle desjare onder dwang verskuif is en oor moes begin in die ooste van die Paarl. Sy vertel ook hoe lief sy vir die onderwys was.

Jonk 27 November 2025 27.11.2025

Martelize toets die ysbadgier vir jou gesig in die ateljee. Werk dit? Die antwoorde word verskaf deur dr. Ria Smit, ‘n algemene praktisyn met 'n praktyk gefokus op estetiese medisyne en vrouegesondheid.

'n Siekdag se stappie lei tot afdanking 27.11.2025

‘n Man in China is sy werk kwyt. Sy doktersbrief het gesê rus met die seer voet. Sy werkgewer het egter uitgevind dat hy op daardie dag 16 000 tree gestap het. Tog sê die hof hy is onregverdig ontslaan.

Diemersdal skitter as wynprodusent 26.11.2025

Thys Louw praat oor Diemersdal wat aangewys is as die Platter-gids se 2026-wynprodusent van die jaar. Ses van hulle wyne het die gesogte vyfster toekennings ontvang.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.