RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ysterperde in Mongolië 21.08.2025

Hy is ‘n motorfietstoerleier na vreemde lande. Johan Rademan het onlangs deur Mongolië gereis, en na 2 500 km, van die pad af toevallig paaie gekruis tussen die Wildeperde van dié land, en Henk Kotzee se ysterperde.

Jonk 21 Augustus 2025 21.08.2025

Michelle Cotter vertel vir Martelize Brink hoe die apparaat werk waarmee slaap gemonitor word, en hoe CPAP-masjiene werk wat help met asemhaling.

Hare op jou tande 21.08.2025

Wetenskaplikes by King’s College in London het bevind dat keratien, ‘n proteïen wat onder andere in hare voorkom, skade aan die emaljelaag van jou tande kan herstel, met ‘n lagie wat emalje naboots.

Dit gaan goed met die Boyce-gesin 20.08.2025

Seremoniemeester en radio-omroeper Francois Boyce, en sy vrou, Amoré, vertel hoe dit deesdae met hulle 14 maande oue seuntjie, Levi, gaan nadat hy as baba met seldsame infantiele spasmasindroom gediagnoseer is.

Seldsame verbindings in Cannabis-blare 20.08.2025

Dr. Magriet Muller vertel van seldsame verbindings, gesog in die farmaseutiese bedryf, wat in Cannabis-blare gevind is.

Watter kerktoring is die hoogste? 20.08.2025

Watter een van die twee kerktorings is die hoogste? Aberdeen se NG kerk of Paarl se Toringkerk? Tienie Appel vertel vir Martelize Brink dat 'n landmeter ‘n antwoord op die vraag het.

Verkoop kaartjies vir jou troue 20.08.2025

‘n Onderneming in Frankryk fasiliteer kaartjies vir mense wat vreemdelinge se troues wil bywoon. Dié inkomste help om vir die troue te betaal.

Êrens oorsee 19 Augustus 2025 19.08.2025

Lynette Häuselmann vertel vir Martelize Brink van die lewe in St. Gallen in Switserland. St. Gallen is die naam van die stad sowel as die kanton waar sy woon.

Die Baai se groenste skool 19.08.2025

Kabega Primêr in Gqeberha neem die voortou wanneer dit by herwinning en omgewingsake kom. Dié skool het in een jaar 43 000 kilogram glas herwin, is deur die Natuurlewevereniging van Suid-Afrika as groepkategoriewenner aangewys, en nou is een van hulle onderwysers met 'n internasionale toekenning bekroon. Mariska Spoormaker het daar gaan inloer.

Die rol van dameskleedkamers 19.08.2025

Mandie Uys praat oor die geskiedenis en sosiale rol van dameskleedkamers.

Sweedse kerk vat die pad 19.08.2025

‘n Kerk in Swede is in sy geheel verskuif na ‘n nuwe staanplek. Die gebou van 672 ton is met ‘n hyskraan gelig en op reuse rolplatforms gelaai vir die trek.

Seldsame rodolietbed ontdek 18.08.2025

Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van ‘n seldsame habitat, ’n rodolietbed, wat onlangs ontdek is in die iSimangaliso Mariene Beskermde Gebied aan KwaZulu-Natal se kus.

Wat is klankgenesing? 18.08.2025

Genesing word nie net uit die apteek se glasbotteltjies geskud nie. Antoinette Bishop vertel van klankgenesing. Haidee Muller-Isaacs het gaan luister na die klank wat uit haar kristalinstrumente kom.

Hoe het julle ontmoet? 18 Augustus 2025 18.08.2025

Maud Pelser vertel vir Martelize Brink hoe Kobus haar as kind al ontmoet het.

Selfsoek-verlowingsdiamant 18.08.2025

Micherre Fox het besluit sy wil self die diamant vir haar verloofring gaan soek, in die grond. Haar soektog het ‘n 2,3 karaat wit diamant opgelewer!

Om Nederland plat te stap 15.08.2025

Hoekom sal ‘n Suid-Afrikaner wat Suid-Afrika se berge, dale en duineveld gereeld stap, oor die 400 kilometer in Nederland van alle plekke wil gaan stap? Die Pieterpad, wat van die noode na die suide in die oostelike deel van Nederland strek, het haar geroep, sê Esti Stewart van St. Francisbaai.

360 Speseryroete - Deel 94 15.08.2025

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor gremolata, wat geregte tot ’n ander vlak kan verhef.

Nuwe parasiet vernoem na SA prof 15.08.2025

Prof. Louis du Preez sê dis ‘n voorreg om ‘n naam met ‘n parasiet te deel. Die parasiet, Latergator louisdupreezi, is ontdek in die oë van alligators in Amerika.

Pokémon veroorsaak kosmors 15.08.2025

In Japan is ’n Pokémonkaart-promosie saam met kitskosetes kortgeknip nadat mense die kos gekoop het om die gesogte kaarte in die hande te kry, maar dit dan net so in straat gelos het.

Vrywilligers speel rol in geskiedskrywing 14.08.2025

Vrywilligers speel toenemend ‘n rol in geskiedskrywing en die optekening daarvan in Suid-Afrika se dorpe en stede. Mense word aangemoedig deur Jaco Maritz van die Durbanville Erfenisstigting om aan te sluit by organisasies in hulle omgewing om kundigheid beskikbaar te stel. Johan Rademan het by Jaco gaan uitving hoe hulle te werk gaan.

Wildteel vir 'n beter Kalahari 14.08.2025

Roy Barlow vertel vir Martelize Brink van ‘n teelprogram om genetika van tradisionele Kalahari-spesies te verbeter. Dit sluit die springbokram met die wêreldrekordlengte horings in, wat onlangs vir ‘n rekord R3,45 miljoen gekoop is.

Jonk 14 Augustus 2025 14.08.2025

Neuroloog dr. Etienne van der Walt praat oor die rol van slaap in gesondheid.

Spoedvark se spaarvark geskud 14.08.2025

In Switserland bepaal jou vermoë om te kan betaal, hoeveel jou verkeerskaartjie sal wees. ‘n Onlangse spoedboete van $110 000 is nog ver van die rekord van $290 000!

Pastoor Dennis se lewensverhaal 13.08.2025

Pastoor Dennis Francis vertel sy lewensverhaal aan Haidee Muller-Isaacs. Hy noem dit: Van Klip tot Siersteen. Dis ook die titel van sy outobiografie.

Wêreldrekordspringbok 13.08.2025

Japie van Niekerk vertel van die spog Springbokram met wêreldrekordlengte horings, wat hy vir ‘n rekordbedrag van R3,45 miljoen gekoop het.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.