RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Fees van rooikoppe 02.09.2025

Die afgelope naweek het Tilburg in Nederland hulle jaarlikse fees vir mense met natuurlike rooi hare gehou.

Katverslanking 01.09.2025

Veearts dr. Elizna Boag vertel van ‘n dieet om katte volhoubaar te laat verslank.

Huldeblyk aan Dawie Botha 01.09.2025

Chris Hattingh doen ‘n huldeblyk aan Dawie Botha, wat onder andere driesestig se spesialisgas was vir die reeks, So is die land gebou.

Merle se liefde vir tuinbou 01.09.2025

Haidee Muller-Isaacs se pad het op Goedverwacht met dié van Merle Dietrich gekruis. Merle vertel van haar liefde vir tuinbou, en dat sy tog op die ou end daai BComm-graad van haar gebruik, selfs al werk sy nie in die korporatiewe wêreld waar almal dink sy behoort te wees nie.

Hoe het julle ontmoet? 1 September 2025 01.09.2025

Cathy van Niekerk vertel vir Martelize Brink hoe sy en Jan bymekaar uitgekom het. Op 3 September 2025 is hulle 70 jaar getroud!

KI deur mense vervang 01.09.2025

Kunsmatige Intelligensie word in die pad gesteek by deurry-restaurante, waar bestellings verkeerd geneem word - soos 18 000 glase water!

"In Dubai wil ons bly" 29.08.2025

“Koebaai Dubai”, wil baie Saffas sê as hulle ’n ruk lank daar gewerk het. Fritz en Ingrid Pistorius vind dit só kultureel verrykend dat hulle eerder nog 'n rukkie wil aanbly. Johan Rademan het hulle in Mongolië raakgeloop.

360 Speseryroete - Deel 96 29.08.2025

Sjef Odette Olivier praat oor koljander en biltongspeserye.

'n Slak wat links is? 29.08.2025

In Nieu-Seeland is iemand op soek na ‘n tuinslak. Nie sommer enige een nie. ‘n Slak genaamd Ned se dop spiraal na links in plaas van regs, soos byna alle ander slakke s’n. Nou word daar gesoek vir nog ‘n slak met ‘n dop wat links spiraal, anders is daar nie ‘n nageslag vir Ned nie.

Die land se oudste redaksie? 28.08.2025

Straks hou Nelson Mandelabaai die rekord vir die oudste redaksie in die land, want die gemiddelde ouderdom van die Hello-o-o Echo-nuusbrief met sy tien verslaggewers is 80 jaar! Die oudste redaksielid, Margaret Horn, het onlangs 92 geword. Die nuusbrief word versprei onder die inwoners van die Echo-Stigting se verskeie wooneenhede in Gqeberha. Mariska Spoormaker het gaan inloer by ‘n redaksieverga...

Jonk 28 Augustus 2025 28.08.2025

Dermatoloog dr. Barbara van der Westhuizen vertel vir Martelize Brink hoe jy donker kringe en sakke onder die oë kan laat verdwyn.

Winkelwedlope 28.08.2025

In Abu Dhabi word winkelsentrums ingespan vir wedlope!. Jy kan deelneem aan die 2,5 km, 5 km of 10 km items. Dit het begin om mense steeds te laat oefen wanneer dit in die somer net te warm is om buite aktief te wees.

Haidee sing... 27.08.2025

Haidee Muller-Isaacs loer in by die klankateljee van André Hartman op Stellenbosch, waar hy vir haar wys wat hy alles meet klank kan doen. Hy gesels ook oor kunsmatige intelligensie, wat in sy opinie besig is om musiek te vermoor. André sê as jy 'n stem het, kan jy sing. Haidee wou dit eers self beproef…

Paarl se Toringkerk 27.08.2025

Sumien Symington vertel vir Martelize Brink van Paarl se Toringkerk wat onstaan het omdat die gemeente in Afrikaans wou kerk hou. Ironies is die kerk se horlosie ‘n replika van Big Ben se horlosie, en dit lui op Westminister se klok se wysie.

Ringe in die kompos 27.08.2025

‘n Kanadees het 18 ton kompos aangevat om sy vrou se verlore ringe op te spoor. Hy is toe darem nie met leë hande huis toe nie.

Êrens oorsee 26 Augustus 2025 26.08.2025

Nicola Brown gesels oor die lewe in Ruthin, Noord-Wallis, waar sy woon. Sy vertel dat hulle taal ‘n herlewing beleef.

Die geskiedenis van hoëhakskoene 26.08.2025

Mandie Uys lê die geskiedenis van hoëhakskoene uit, en hoe die mansdrag die skuif na vroue gemaak het.

Eekhoring sorg vir rekord 26.08.2025

In VSA is sportkaarte baie gewild. ‘n Basketbalkaart het onlangs vir meer as R228 miljoen verkoop. ‘n Buitengewone bofbalkaart word nou uitgereik met ‘n eekhoring op. Die eekhoring was Vrydag op die veld tydens ‘n wedstryd. Die eekhoringkaart is aangekondig, en almal was teen Maandag reeds verkoop.

Katvoeding vir klein en groot 25.08.2025

Dr. Elizna Boag praat oor die verskil tussen klein katjies en groot katte se voedingsbehoeftes.

Sjef Francois se droom vir ‘n restaurant 25.08.2025

Haidee Muller-Isaacs kuier sjef Francois Hugo in sy kombuis. Francois se droom is om ’n wesenlike verskil te maak deur minderbevoorregtes op te lei in die kombuis om gesonde, dog geurige, kos te maak – sonder om jou bankrot te laat. Sy idee vir ’n droomrestaurant is ’n groot glasboks met ’n string sjefs wat hy oplei in ’n omgewing omring deur glas en groenigheid. Sy visie is om voedsame kos van re...

Hoe het julle ontmoet? 25 Augustus 2025 25.08.2025

Daleen le Grange vertel vir Martelize Brink van die troep wat sy 38 jaar gelede as ryloper opgetel het, en steeds die pad met hom stap.

Vegatarier blus 'n bul van 'n brand 25.08.2025

‘n Vegatarier in VSA se eerste werksdag by die brandweer was bietjie van ‘n uitdaging. Sy moes help blus aan ’n brand waar meer as 1,8 ton se biefstukke op ‘n voertuig verbrand het.

Toe word Susan tóg ‘n kunstenaar... én olyfboer 22.08.2025

Seker die mees interessante storie by die plaas Kamerkloof in die Baviaanskloof is dié van Susan Marais Reynecke van haar ouers wat haar op 'n afdraaipad van die kunste probeer sit het, en sy 'n verpleegster geword het. Deesdae is sy 'n kunstenaar, olyfboer en 'n parser. Mariska Spoormaker het gaan inloer.

360 Speseryroete - Deel 95 22.08.2025

Sjef Adél Hughes vertel van haar gunsteling speserye wat sy vir vis gebruik by die Seebamboes-restaurant. Martelize proe haar gepekelde vis en klipkombers focaccia.

Peperduur koffie van Panama 22.08.2025

Geisha is koffie van Panama wat onlangs teen $30 204 (sowat R527 000) per kg verkoop is aan ‘n handelaar in Dubai!

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.