RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sanja se driekamp vir weeskinders 10.09.2025 8:53
Sanja Steyn gaan ten bate van Race4Grace aan die Xterra Driekamp-wêreldkampioenskap in Italië deelneem om geld in te samel vir weeskinders in Zimbabwe, waar haar ouers sendelinge was. Toe Haidee Muller-Isaacs verlede jaar met haar gesels het, was al hierdie dinge nog net drome. Nou is sy uiteindelik op pad!
Geskiedenis van die polkadot 10.09.2025 5:35
Dr. Mandie Uys praat oor die geskiedenis van die polkadotpatroon. Oorspronklik is dit met siekte en dood geassosieer.
"To Nice" word toe kaartjies na Tunis 10.09.2025 1:17
Twee Amerikaners was op pad na Nice in Frankryk. Toe daar gevra word waarheen hulle wil vlieg, antwoord hulle “to Nice”, maar toe bevind hulle hulle op ‘n vlug na Tunis in Tunisië!
Baviaanskloof-kommune kry Klip Kafee 09.09.2025 6:45
Met die draai van die eeu het die rekenaar-Y2K-vrese baie mense landelike verblyf, weg van enige water- of kragnetwerk, laat opsoek. Só het die gemeenskapsplaas Tchnuganoo in die Baviaanskloof tot stand gekom. Noudat Trevor Philander ook daarby ingekoop en met sy gesin daarheen verhuis het, spog Tchnuganoo met bobbejaanbestande groentetuine, roofdierbestande hoenderhokke én die Klip Kafee.
Êrens oorsee 9 September 2025 09.09.2025 11:21
Muller Rothmann vertel van die lewe op Timaru, op die suid-eiland van Nieu-Seeland.
Buffers belangrik teen hoë ouderdom 09.09.2025 7:57
Ná 44 jaar as bestuurshoof van die Algoabaai Raad vir Bejaardes, het Maureen Andreka, ook ‘n opgeleide maatskaplike werker, die volgende raad gegee: Dit is dit belangrik dat 'n mens al van voor jou middeljare ernstige werk maak van jou fisieke-, finsansiële- emosionele- en geestelike gesondheid om jou deur ‘n hoë ouderdom te help dra. Mariska Spoormaker het kort na haar aftrede met Maureen gesels.
Die hertogin van Kent (1933 - 2025) 09.09.2025 7:06
Marius Coetzee vertel vir Martelize Brink van die hertogin van Kent, wat in die ouderdom van 92 oorlede is.
Sportmotor jaag op snelweg 09.09.2025 1:25
In die Tsjeggiese Republiek is ‘n bestuurder van ‘n Formule 1 tipe motor vasgetrek. Vir ses jaar het die kar dan en wan op die hoofweg gejaag. Op die ou end is die hulp van ‘n helikopter ingespan vir die arrestasie.
Parasiete by troeteldiere 08.09.2025 9:06
Veearts dr. Ginelle Vivier praat oor interne parasiete, en ontwurming.
Tasneem van Bonteheuwel 08.09.2025 6:44
Haidee Muller-Isaacs kuier by Tasneem Meyer in Bonteheuwel se kleuterskool, waar sy ook haar papegaai ontmoet wat al in ‘n fliek was. Die papegaai was nie juis daai dag lus om te gesels nie, maar 'n mens hoor hom wel op die agtergrond.
Hoe het julle ontmoet? 8 September 2025 08.09.2025 5:06
Renchia Liebenberg vertel vir Martelize Brink dat sy haar man, Giel, op skool vir R5 by haar vriendin gekoop het!
Intimidasie te huur 08.09.2025 1:20
‘n Onderneming in Japan verskaf mense wat intimiderend lyk, om jou te help om moeilike situasies op te los. Hulle werksmag is meestal kaalkop met prominente tatoeëermerke.
Branderplankry-ontwikkeling in Afrika 05.09.2025 7:11
Johnny Bakker vertel hoe branderplankry in Afrika ontwikkel word. Daar was onlangs ‘n kompetisie in Angola waaraan Suid-Afrika ook deelgeneem het.
360 Speseryroete - Deel 97 05.09.2025 10:21
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor tradisionele knoffelgeregte, soos Italië se bagna càuda met ansjovis.
Bibber op Buffelsfontein 05.09.2025 7:25
Weet jy waar is die plek in Suid-Afrika waar die laagste temperature gemeet word? Die Baai se Weather Guru, Garth Sampson, en sy vrou, Elmarie, het uitgery soontoe, en met Mariska Spoormaker hieroor gesels.
Sokkerhare 05.09.2025 1:36
Manchester United-ondersteuner Frank Ilett het in Oktober verlede jaar sy hare kort geskeer, en gesê sy hare word eers weer geskeer wanneer sy span vyf wedstryde in ‘n ry wen. Sy vooruitsigte vir ‘n haarsny lyk nie goed nie...
'n Plek vir penne 04.09.2025 9:12
Hendrik Theron praat oor die verbintenis wat mense met penne het. Hy is ‘n penentoesias wat uitsien na die naweek se SA Penskou in Kaapstad.
Bakkievrag-oorlewing 04.09.2025 6:39
In Covid-19 se grendelperiode is Shawn Wilken se salaris met tweederdes gesny. Sy vrou, Louise, se inkomste het ook verklein, en finansiële oorlewing het ’n noodsaak geword. Dis nou jare later, en ’n bakkievrag vol van enigiets – van ‘n Grandpa tot ’n brood - help steeds om die gate toe te stop, het Mariska Spoormaker gevind.
Jonk 4 September 2025 04.09.2025 10:14
Dr. Alida Naudé sê dat balans jou onafhanklikheid, jou veiligheid en jou lewenskwaliteit bepaal.
Batman vang 'n inbreker 04.09.2025 1:03
In Florida in Amerika was Kyle Myvett reg vir aksie in sy Batman-nagklere toe ‘n inbreker sy bakkie besoek het.
Dwaine se droom word waar 03.09.2025 8:09
Haidee Muller gesels met 'n talentvolle jong sanger van haar tuisdorp, Oudtshoorn, wat in die Kaap in die kunste gaan studeer het. Hy het lank daarvan gedroom om sy talent op 'n verhoog met ander te kan deel, en vandeesweek word daardie droom uiteindelik waar. Dwaine Jansen sing sy hart uit in die musiekblyspel, Jacques Brel is Alive and Well and Living in Paris, by die Kunstekaap. Dit word aangeb...
Kaapstad Fotografiefees 03.09.2025 9:06
Heidi Erdmann prtaat oor erfenis wat vasgevang word in fotografie. Die Kaapstad Fotografiefees wys mense se ervarings. Foto’s is ‘n manier om oor identiteit, geheue en plek te besin.
$150 per brander! 03.09.2025 0:54
In Abu Dhabi is daar ‘n plek waar jy die langste kunsmatige brander in die wêreld kan ry. Daardie 690 m-lange brander ry jy vir sowat ‘n minuut lank, en betaal $150 per brander.
Êrens oorsee 2 September 2025 02.09.2025 10:59
Anné Nieuwoudt vertel vir Martelize Brink in van die lewe in Phuket, Thailand.
Eerste blinde Kaapse Wynmeester 02.09.2025 7:40
Jacques Lombard is na ons wete die enigste blinde persoon ter wêreld wat as Kaapse Wynmeester gekwalifiseerd is. Johan Rademan het met hom gesels ná dié akademiese prestasie wat hy vanjaar ontvang het, en sommer met die intrapslag by hom gehoor waar hy grootgeword het en waarom hy sy sig verloor het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.