RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
360 Speseryroete - Deel 99 19.09.2025 7:30
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor moderne berokingstegnieke. Sy sê vuurproe is fynproe.
Amerikaners skuil agter Kanadese vlag 19.09.2025 1:07
Sommige Amerikaanse toeriste gebruik die Kanadese vlag om guns te koop in lande wat nie tans ooghare vir Amerika het nie. Kanadese is glad nie beïndruk daarmee nie.
Plaasopleiding en bemagtiging 18.09.2025 6:45
Laurika du Bois van AGRIskills praat oor plaasopleiding en bemagtiging. Johan Rademan het met haar in Bredasdorp tydens Nampo Kaap gesels.
Jonk 18 September 2025 18.09.2025 7:40
Dermatoloog dr. Barbara van der Westhuizen praat oor chemiese afskilfering, en hoe dit gebruik word.
Duikpakrower 18.09.2025 1:07
In Florida in die VSA het ‘n man ‘n restaurant beroof wat op ‘n replika stoomskip is. Hy het soontoe geswem in sy duikpak en swembril, en is toe met die geld weer weg deur ‘n meer.
Vroue-entrepreneurs en skuldgevoelens 17.09.2025 6:56
Eloise Nair praat oor vroue-entrepreneurs, en hoe hulle die skuldgevoelens kan oorkom, wat hulle kan pootjie op die pad na sukses.
Besonderse mentorskapprogram in die Baai 17.09.2025 7:07
Verskeie oudjoernaliste en kommunikasiespesialiste van Nelson Mandelabaai het ’n mentorskapprogram op ‘n vrywilligersgrondslag begin om afgestudeerde kommunikasiestudente en jong skrywers van die streek op hulle professionele voete te help kom. Mariska Spoormaker het meer uitgevind by Odette Parfitt, kommunikasiebeampte by Volkswagen SA, en inisieerder van die program.
Groot Ethiopiese Renaissance-dam 17.09.2025 9:37
Werner Jerling praat oor Ethiopië se Groot Renaissance-dam wat onlangs ingewy is. Hy gee konteks aan die omvang van die dam, en die implikasies vir die lande om die Nylrivier.
Hoe lank is jou sonneblom? 17.09.2025 1:03
Alex Babich van Indiana in die VSA se sonneblom genaamd Clover hou nou die Guiness Wêreldrekord as die hoogste ooit. Die plant blom op ‘n hoogte van 11 meter!
Êrens oorsee 16 September 2025 16.09.2025 13:53
De Wet Hugo vertel vir Martelize Brink van die lewe in Hangzhou, China, waar dié kinderboekskrywer ‘n onderwyser is.
Seagull Outoard Regatta en enjins 16.09.2025 9:55
Haidee Muller-Isaacs gesels met Fred Viljoen oor die Viljoensdrift/Breederivier Seagull Outboard Regatta, wat op 18 Oktober plaasvind. Fred vertel hoe gewild hierdie enjins is.
Boete vir kinderskandes 16.09.2025 1:00
Twee Chinese seuns het die internet laat gons toe hulle ‘n video aanlyn versprei het van waar hulle in ‘n restaurant se kos urineer het. Die hof het hul met sowat R 5,36 miljoen beboet.
Troetelpraatjies 15 September 20205 15.09.2025 13:49
Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luistraarsvrae oor hulle troeteldiere.
Baaienaars maak opera-plan 15.09.2025 7:23
Die Oos-Kaap lewer ‘n groot persentasie van Suid-Afrika se sangers op, maar dan moet hulle na ander stede gaan om ’n goeie loopbaan te kan vestig. Nou het ‘n klomp operamal Baaienaars begin plan maak om plaaslik werk en geleenthede vir Oos-Kaapse sangers te probeer skep. Een uitvloeisel hiervan is die totstandkoming van Mandelabaai Opera. Kobus Buys vertel meer vir Mariska Spoormaker.
Hoe het julle ontmoet? 15 September 2025 15.09.2025 5:29
Mart de Wet vertel vir Martelize Brink hoe sy vir Danie die eerste keer op die verhoog in ‘n toneelstuk gesien het.
Ghana se kleurvolle kiste 15.09.2025 0:53
In Ghana skep hulle fantasie-grafkiste wat die oorledene se lewe weerspieël.
ATKV Tienertoneel gaan van krag tot krag 12.09.2025 8:03
JJ van Niekerk van die ATKV vertel vir Martelize Brink van vanjaar se tienertoneel-kompetisie met die tema, Magneties.
360 Speseryroete - Deel 98 12.09.2025 7:32
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor mielies se oorsprong, en hulle rol in ons erfenis.
Jan Boland Coetzee: 'n Bewustheid van plek 12.09.2025 4:00
Die legendariese Jan Boland Coetzee is in die ouderdom van 80 jaar oorlede. Ons luister na ‘n gedeelte uit ‘n onderhoud wat Martelize Brink in 2021 met hom gevoer het.
Rotterdammers kla oor daggareuk 12.09.2025 0:59
In Rotterdam was daar 2 000 klagtes teen ‘n fasiliteit wat medisinale cannabis verbou. Die reuk pla. Nou het hulle ‘n week om ‘n plan te maak anders is daar ‘n €3,5 miljoen boete, of hulle moet sluit.
Kos-stylering en -fotografie 11.09.2025 10:37
Marguerite Oelofse en Hannes Koegelenberg praat oor kos-stylering en kosfotografie. Hulle verduidelik hoe foto’s opgestel word om ‘n hele storie te vertel.
Nampo Kaap skop af 11.09.2025 8:29
Johan Rademan is by Nampo Kaap op Bredasdorp. Hy praat met die voorsitter van die reëlinsgkomitee, Henk Aggenbach.
Jonk 11 September 2025 11.09.2025 11:04
Dr. Ria Smit praat oor die gebruik van hialuroonsuur in skoonheidsprodukte vir jou vel.
Hond ontlont dinamiet 11.09.2025 0:52
‘n Joernalis in Peru se hond word as ‘n heldin gesien nadat sy ‘n kers dinamiet, wat in sy huis ingegooi is, se lont afgekou het voor dit kon ontplof.
Philipstown Draadkar Grand Prix 10.09.2025 5:23
Fred McQuade vertel vir Martelize Brink van die draadkarre wat die naweek weer die strate invaar by die Philipstown Draadkar Grand Prix.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.