RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Êrens oorsee 30 September 2025 30.09.2025 10:08
Chantel Boonzaaier gesels met Martelize Brink van Rhodes-eiland af in Griekeland, waar sy as sangeres werk.
Diederik se blomkuns 30.09.2025 9:13
Diederik Geldenhuys van Riversdale is bekend in dié streek vir sy interessante blomkuns. Hy is gaande oor inheemse plante, en sy vingers is natuurlik grasgroen. Hy sê plante laat sy gees vry sweef in 'n andersoortige wêreld. Haidee Muller-Isaacs het hom raakgeloop op Heidelberg, waar hy haar ook van sy twee geliefde donkiekinders vertel het.
Begraafplaaspartytjie 30.09.2025 1:10
Die owerhede in Windhoek is ontevrede nadat ‘n partytjie in die Gammams-begraafplaas gehou is. Daar was ‘n sitplekplan, ‘n kattebakpartytjie en koelhouers vol drank.
Troetelpraatjies 29 September 2025 29.09.2025 8:46
Veearts dr. Elizna Boag vertel vir Martelize Brink van kossoorte wat toksies is vir honde en katte.
Marion Holm in RSG se Versevlei 29.09.2025 6:25
Marion Holm vertel van RSG se nuwe middagvervolgverhaal, en haar rol as Greta le Roux.
Hoe het julle ontmoet 29 September 2025 29.09.2025 7:01
Ansie Nieuwenhuis vertel vir Martelize Brink dat sy Jan se stem oor die foon herken het, omdat sy elke aand hom en sy orkes hoor oefen het.
Tonne met die tande gesleep 29.09.2025 2:03
‘n Stoeier en sterkman van Egipte het twee skepe van 1 050 ton gesleep aan ‘n tou tussen sy tande!
Zeerust: Hiér word geskryf! 26.09.2025 7:48
'n Opsitkers, 'n volla, ‘n vragmotor en die dorpie Zeerust is alles elemente van die boek ZEE'KIE, WANT ONS IS ALMAL SO. Nou is daar al ‘n tweede Zee'kie, EENDERS IS ANDERS, uitgereik. Dis alles te danke aan ‘n klomp inwoners wat besluit het hulle gaan begin skryf oor hulle leefomgewing. Mariska Spoormaker het met Elsabé Fouché, een van die Zee’kie-dryfvere, gepraat, en sy het weer ander Zee’kie-s...
360 Speseryroete - Deel 100 26.09.2025 5:31
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kamille, wat veral vir tee gebruik word.
Kleuterkuns-diefstal 26.09.2025 1:14
‘n Kunssentrum vir kleuters in Australië het besluit om hulle finansiële probleme aan te pak deur ouers R25 000 vir hulle kinders se portefeuljes te vra. ‘n Ouer het toe ingebreek om ‘n kind se werk te gaan haal.
Kuns geskep uit die donker 25.09.2025 12:29
DuPreez Strauss vertel vir Martelize Brink hoe hy kuns geskep het in ‘n donker tyd van sy lewe. Daardie houtskoolsketse het hom gehelp om op ‘n ligter plek te kom.
Netta van Lambertsbaai 25.09.2025 7:07
Haide Muller-Isaacs het op Lambertsbaai aan die Weskus vir Netta Viljoen ontmoet. Sy vertel van haar grootwordjare op dié kusdorpie as een van elf kinders. Netta woon al sedert die jare 50 op Lambertsbaai.
Jonk 25 September 2025 25.09.2025 7:57
Dr. Ria Smit vertel watter rol hialuroonsuur in jou liggaam speel.
Kry 'n kind, kry 'n gratis partytjie 25.09.2025 1:04
Die eienaar van Pole se grootste hotelgroep en eiendomsontwikkelaar wil mense beloon vir kinderskry. So byvoorbeeld kry jy ‘n gratis familiepartytjie, soos ‘n doop of troue, as die kind in een van sy 4 000 hotelkamers verwek is.
Die erfenis van SA se Ericas, Fynbos en Proteas 24.09.2025 5:48
Die Kaapse Floraryk, of Capensis, is een van ses Floraryke op aarde. Unesco het reeds 21 jaar gelede, in 2004, dié toevoeging op hulle wêrelderfenisgebiede aangebring. Vandag, op Erfenisdag, is dit ook Fynbos Erfenisdag, en vir tuinliefhebbers is dit ‘n gulde geleentheid om met ‘n inheemse stukkie tuin te begin. Ironies Johan Rademan het ‘n Gautengse fynbosinvloed in...
Afrikaanse KI-kuberhulp 24.09.2025 6:16
Mia Scheepers vertel vir Martelize Brink van Soekit, wat jou aanlyn help in Afrikaans.
Sensuur teen pessimisme 24.09.2025 1:34
China se sensors is besig om pessimisme te verwyder van die internet. Sosialemedia-profiele en kort video’s oor negatiewe goed wat die aanlyngemoed swaar maak, word geblokkeer.
Êrens oorsee 23 September 2025 23.09.2025 8:06
Hennie van der Merwe vertel van sy lewe in Bali in Indonesië. Hy bly naby Singaraja. Hy sê daar is twee seisoene, maar beide is warm.
Hoe maak jy 'n braairooster skoon? 23.09.2025 5:52
Prof. Pieter Gouws verduielik hoe om die verskillende soorte braairoosters skoon te maak.
Vreemde navorsing bekroon 23.09.2025 2:22
Die Ig Nobel-toekennings word gegee vir navorsing oor goed wat jou eers laat lag, en dan laat wonder. Byvoorbeeld, word ‘n bees wat swart en wit soos ‘n sebra geverf is, minder deur vlieë gebyt?
Troetelpraatjies 22 September 2025 22.09.2025 8:07
Veearts dr. Elizna Boag praat oor velallergieë by honde, en hoe gemaak met die gekrap.
Internasionale eer vir SA-oorplantingsatleet 22.09.2025 7:53
Met die afgelope Wêreld Oorplantingspele wat in Dresden, Duitsland gehou is, is dr. Heilie Uys van Kaap St. Francis, wat al langer as 20 jaar met ‘n geskenkte nier leef, in die Eregallery van die Wêreld Oorplantingspele Federasie opgeneem. Heilie het ook met 'n handvol medaljes teruggekeer na Suid-Afrika.
Hoe het julle ontmoet 22 September 2025 22.09.2025 7:32
André Victor vertel vir Martelize Brink dat hy Cecily op die trein na Pretoria raakgeloop het. Toe dit by ouers vra kom, het sy konsertina die praatwerk gedoen.
Advertensies vir toiletpapier 22.09.2025 0:56
In China is daar in openbare toilette ’n stelsel waar jy ‘n advertensie moet kyk om toiletpapier te kry!
Die koekiefabriek 19.09.2025 9:38
Haidee Muller-Isaacs kuier by ’n koekiefabriek, waar sy die storie hoor van deursettingsvermoë toe Adri Williams in 2013 ’n sukkelende besigheid vir net R1 gekoop het, en daarmee saam pa gestaan het vir R2,5 miljoen rand se skuld. Dis pure malligheid, het die meeste mense gedink. Maar Adri weet presies hoekom sy dit gedoen het. Vandag is sy nie spyt nie, vertel sy vir Haidee.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.