RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
360 Speseryroete - Deel 102 10.10.2025 10:01
Koskonsultant Heleen Meyer praat oor die gebruik van suiker, en praktiese maniere om dit te vervang.
Hoe beboet jy 'n bestuurderlose taxi? 10.10.2025 1:06
In Kalifornië in die VSA is die het die polisie te make met ‘n vreemde situasie. ‘n Bestuurderlose taxi het ‘n onwettige u-draai gemaak. Die taxi kon egter nie beboet word nie, siende dat daar nie ‘n bestuurder was wat die oortreding begaan het nie.
Magdalena se slag met klaviere 09.10.2025 5:34
Haidee Muller-Isaacs maak kennis met Magdalena Hendricks, wat al 40 jaar lank by Heuer Pianos op Stellenbosch werk. Toe sy skool los om te gaan werk, wou sy eers net klaviere afstof. Vandag is dié 75-jarige Wellingtonner een van die beste klaviertegnici, en al te beskeie daaroor. Haidee het gaan hoor hoe haar pad tot hier geloop het.
Jonk 9 Oktober 2025 09.10.2025 7:29
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor voeding in die verskillende fases van die menstruele siklus.
Museum vir hare 09.10.2025 1:28
Na 30 jaar maak Leila se haarmuseum in die VSA toe. Die museum het meer as 3 000 items wat meestal haarkuns is, maar ook lokke van bekendes soos Marilyn Monroe. Kunswerke van hare was voor foto’s ‘n manier om gestorwenes te onthou.
Ou landboumetodes en nuwe innovasies 08.10.2025 6:21
Daar was ten minste vyf spanne hommeltuig-operateurs by vanjaar se NAMPO Kaap op Bredasdorp in die Overberg. Boere het van oral oor gereis om met die fokus op die winterreënvalstreek se behoeftes, na nuwe innovasie en tegnologie te kom kyk. Corius Visser was een van hulle. Johan Rademan het met hom oor ou metodes en nuwe innovasies gesels.
Breinselle vir 'n rekenaar 08.10.2025 1:32
Wetenskaplikes werk aan ‘n lewende rekenaar, waar stamselle gebruik word om neurone te skep. Dit ontwikkel in trosse, wat organoïede genoem word.
Êrens oorsee 7 Oktober 2025 07.10.2025 10:49
Marie-Louise Burden vertel vir Martelize Brink van Taiwan waar sy al byna 15 jaar woon.
Christénus se sake 07.10.2025 9:19
Haidee Muller-Isaacs gesels met advokaat Christénus van der Vijver, ’n afgetrede senior staatsaanklaer, wat betrokke was by hoëprofiel sake soos dié van Allan Boesak en
Toustaan vir plesier!?! 07.10.2025 0:49
Britte vind plesier in toustaan! Dis deesdae ‘n sosiale aktiwiteit wat mense gebruik om ander te ontmoet, en dan groepe te stig om saam te gaan toustaan, byvoorbeeld by die opening van nuwe winkels.
Troetelpraatjies 6 Oktober 2025 06.10.2025 7:17
Veearts dr. Ginelle Vivier praat oor mondhigiëne, waarna om te kyk, en die behandelingsopsies vir honde en katte.
Hoe het julle ontmoet? 6 Oktober 2025 06.10.2025 6:30
Olivia Lamprecht vertel vir Martelize Brink hoe Hein eers by haar kwaai pa moes verby kom. Hy is nege jaar ouer as sy.
Smokkelsigarette vertraag vlugte 06.10.2025 1:13
Oor die naweek is 30 vlugte met 6 000 passasiers in Litaue vertraag, weens smokkelsigarette wat met klein lugbalonne oor die grens van Belarus af in die rigting van Vilnius-lughawe gewaai het.
Hannes van Wyk 03.10.2025 13:25
Hannes van Wyk gesels oor sy werk en die navorsing wat nodig is om ‘n sukses te maak van wat hy doen, hetsy as akteur of aanbieder.
360 Speseryroete - Deel 101 03.10.2025 11:08
Koskonsultant Heleen Meyer praat oor hoe om jou kos te geur sodat jy minder sout gebruik.
Gewilde Belville-winkel sluit ná jare 03.10.2025 8:17
Tony en José Farinha het jare gelede Kaap toe gekom uit Madeira in Portugal. Vir 35 jaar het hulle die gewilde One Shop Superette in Oakdale, Bellville, bedryf. José het 'n ruk gelede die tuig neergelê, en nou het Tony uiteindelik besluit dis tyd om die deure te sluit. Haidee Muller-Isaacs het daar gaan inloer op die heel laaste dag om te hoor wat die getroue klante oor Tony en sy span te sê het....
Wat is daar op jou tand? 03.10.2025 1:01
In China gons dit oor tandtatoeëring. Tandartse sê om te kerf aan ‘n tand, verswak dit, so moet liewer nie.
Lize Beekman se nuwe album 02.10.2025 9:00
Lize Beekman vertel van haar nuwe album, Tussen hier en daar, en haar eie reis en proses tot die skep van die musiek.
Joanie Voss se matriekdans is hier! 02.10.2025 4:40
Blaine Jones en Joanie Voss gesels in die aanloop tot Joanie se matriekdans. Sy is ‘n wenner in die RSG en Elizabeth Galloway se Matriekdansprojek.
Jonk 2 Oktober 2025 02.10.2025 10:47
Mariette Pieterse vertel vir Martelize Brink hoe jy vernuwing in ‘n verhouding kan bring. Sy lig vier belangrike komponente uit.
Tweejarige godin 02.10.2025 1:04
‘n Tweejarige dogtertjie in Nepal is gekies om ‘n lewende godin te wees. Sy sal dié posisie beklee tot puberteit ‘n einde daaraan bring.
Uitvoergehalte granate in die Klein Karoo 01.10.2025 6:47
Granate is ’n woestyn- of semiwoestyn-vrug, en aard volgens granaatboer Gerhard Meyer uitstekend in die Klein Karoo, vanwaar dit na veral die Midde-Ooste uitgevoer word. Johan Rademan het met hom by NAMPO Kaap se saamtrek in Bredasdorp gesels.
SA by Heuningsimposium in Kopenhagen 01.10.2025 7:17
Natasha Lyon vertel van Suid-Afrikaanse heuning wat by ‘n simposium in Kopenhagen te proe was, waar 142 lande verteenwoordig was. Die heuning het verskillende biome in Suid-Afrika verteenwoordig.
Alternatiewe gebruike van wol 01.10.2025 8:40
Stefan Gerber vertel vir Martelize Brink van die alternatiewe gebruike van wol, soos klankdigting, lugsuiwering en vuurvasting.
Handskrifklasse voorgeskryf vir dokters 01.10.2025 1:38
‘n Indiese hof het die staat aangesê om handskriflesse deel van die mediese skoolkurrikulum te maak. Volgens die hooggeregshof is ’n leesbare mediese voorskrif is 'n fundamentele reg.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.