RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Êrens oorsee 28 Oktober 2025 28.10.2025

Riki Small-Smith vertel vir Martelize Brink van die lewe in Madrid, Spanje. Daar eet jy jou tamaties net in seisoen!

Cole Wessels laat sosiale media gons 28.10.2025

Cole Wessels het sy rol in 'n gewilde sepie met soveel oortuiging gespeel, dat daar op sosiale media omtrent oor hom gegons is. Haidee Muller-Isaacs vind meer uit oor wie die mens agter dié talentvolle akteur is, en die impak wat sy rol as die flambojante Tino op kykers gehad het.

Kleurvolle sokkerbaas 28.10.2025

Lutz Pfannenstiel is nou Aberdeen, die Skotse Premiersokkerklub, se sportdirekteur. Sy pad tot daar klink soos ‘n film. Hy het al ‘n pikkewyn ontvoer. Hy was vir 101 dae in Singapoer in die tronk. Hy was ‘n model vir Armani. Op die sokkerveld is hy al drie keer dood verklaar...

Troetelpraatjies 27 Oktober 2025 27.10.2025

Veearts dr. Elizna Boag praat oor hondsdolheid, ‘n aansteeklike virale siekte wat mense én diere affekteer.

Debmarie Simons se passie vir onderwys 27.10.2025

Debmarie Simons is ’n boorling van Mosselbaai. Sy is tans die onderhoof by ’n skool in Kaapstad, wat fokus op spesiale behoeftes. Sy is passievol oor onderwys, veral oor die ondersteuning van kinders met spesiale behoeftes — ’n veld waarin sy al verskeie suksesverhale behaal het. Haar liefde vir haar tuisdorp en sy mense is duidelik in die gemeenskapsprojekte wat sy al aangepak het.

Hoe het julle ontmoet 27 Oktober 2025 27.10.2025

Loda Bothma vertel vir Martelize Brink hoe sy en Loutjie Maree mekaar by ‘n reünie herontdek het.

'n Boom vir RSG se verjaarsdag 27.10.2025

Marina Jenkins vertel vir Martelize Brink hoe sy RSG se 88 ste verjaarsdag vier deur ‘n inheemse boom te borg, wat namens RSG by die mees suidelikste woud in Afrika by Platbos tussen Gansbaai en Stanford geplant word.

Duisende stoele gesteel in Madrid 27.10.2025

Sewe mense in Spanje is gevang nadat hulle 1 100 stoele oor ‘n tydperk van twee maande by restaurante en kroeë in Madrid en ‘n naburige stad gesteel het.

Kuns op die berg 24.10.2025

Fynboskunstenaar Hermien van der Merwe se spesiale droom om ’n opskiet-ateljee op Tafelberg te open, word bewaarheid. Sy deel Art on the Mountain met 50 medekunstenaars. Johan Rademan is berg-op met die driesestig-mikrofoon.

360 Speseryroete - Deel 103 24.10.2025

Kos- en kultuurhistorikus, Hetta van Deventer-Terblache, praat oor die gebruik van yster in kos.

Slapeloos in slimbeddens 24.10.2025

‘n Onderbreking in internet-ondersteuning het gemaak dat eienaars van slimbeddens nie juis kon slaap nie. Te warm, te regop, flitsende ligte en alarms was deel van hoe dinge verkeerd geloop het.

Siggestremdes vat weer die pad 23.10.2025

Annelette Kemp vertel vir Martelize Brink van die Pioneer Rally, waar bekendes as bestuurders saam met siggestremde navigators op die pad is.

Jonk 23 Oktober 2025 23.10.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor kakao, wat deesdae gons op sosiale media. Die rou vorm het die meeste voedingswaarde.

Wat is jou volle naam? 23.10.2025

Laurence Watkins hou die wêreldrekord vir die langste persoonlike naam. Hy het 2 253 voorname!

Die belangrike rol van luiperds 22.10.2025

Jaco Fourie, ‘n omgewingsopvoedkundige beampte by die Cape Leopard Trust se taak is om veral armer gemeenskape in te lig oor luiperds se voordeel in die voedselketting. Dit strek veel wyer as net die Kaap, het Johan Rademan uitgevind by NAMPO Kaap, waar die Cape Leopard Trust met die boerderygemeenskap gaan gesels het.

Bouwer Bosch oor geestesgesondheid 22.10.2025

Bouwer Bosch gesels oor sy geestesgesondheidsuitdagings en die Kaapstad Internasionale Vlieërfees, wat geestesgesondheid ondersteun.

Lotery-geluk met KI 22.10.2025

Tammy Carvey van Michigan indie VSA het vir ChatGPT vir loterynommers gevra. Daardie nommers het haar toe $100 000 in die sak gebring!

Êrens oorsee 21 Oktober 2025 21.10.2025

Vlok Cilliers vertel vir Martelize Brink van die lewe in Marcoussiss, Frankryk. Dit is waar Franse rugby se hoofkwartier geleë is. Vlok is die Franse Hane se skopafrigter.

Van leerlooier tot drukker 21.10.2025

Kate Coetzee was'n behendige leerlooier van beroep in die Oos-Kaap. Sy en haar gesin het toe op Swellendam in die Overberg gaan nesskop. Sy het kopgekrap oor wat om te doen. Deesdae het sy vir

Nagmaalwyn in die kroeg! 21.10.2025

Die Katolieke kerk in Kenia het nou ‘n Suid-Afrikaanse verskaffer vir hulle wyn wat vir die Heilige Mis gebruik word. Dié skuif is gemaak nadat die plaaslike verskaffer die wyn ook aan die plaaslike kroeë verskaf het.

Troetelpraatjies 20 Oktober 2025 20.10.2025

Dr. Elizna Boag praat oor probleme en kondisies verwant aan honde se spysverteringstelsel.

Prof. Michael se krisante 20.10.2025

Prof. Michael le Cordeur vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die oorsprong van sy van, en wat hy daaroor uitgevind het. Hy is al beskryf as die minister van onderwys buite die parlement - van 'n nederige begin as kaalvoetseun van Verlate Kloof op Wellington tot professor en visedekaan aan die Universiteit Stellenbosch. En, hy is steeds 'n kampioen krisantkweker.

Hoe het julle ontmoet? 20 Oktober 2025 20.10.2025

Retha Goodchild vertel vir Martelize Brink hoe haar en Willem se skoolkys jare later 'n huwelik geword het.

Verbod op swart kat-aannemings 20.10.2025

Van 6 Oktober tot 10 November laat die dierewelsynsorganisasies in die Spaanse dorp, Terrassa, geen aannemings van swart katte toe nie, om te verhoed dat hulle Halloween-versierings word.

Troetelpraatjies 13 Oktober 2025 13.10.2025

Martelize en Johan hoor van die werk wat Farm Sanctuary SA doen. Hulle het ‘n skilderskaap, Baanksy. Pigcasso, die skildervark, was ook by hulle. Pigcasso is in the Guiness Book of World Records vir ‘n kunswerk deur ‘n dier, wat vir $25 000 verkoop is. Dr. Jane Goodall het ook van Pigcasso se skilderye gehad in haar huise.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.