RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
360 Speseryroete - Deel 105 07.11.2025 7:06
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor pietersielie, en gee 'n resep vir chimichurri.
Skaars plante-uitstalling 07.11.2025 6:26
Matt Prinsloo vertel vir Martelize Brink van onder andere sterretjiesgras (Rhodohypoxis), ‘n bolplant uit die Drakensberg, wat gewild is oorsee, maar nie so bekend in Suid-Afrika nie.
Goud in die gat in die grond 07.11.2025 1:08
‘n Man in Frankryk het ‘n gat vir ‘n swembad gegrawe, en op vyf goudstawe en ‘n klomp goue munte afgekom. Siende dat dit nie ‘n argeologiese terrein is nie, het owerhede hom toegelaat om die sowat R14 miljoen se goud te hou.
Wilmaré en haar geliefde skool 06.11.2025 6:47
Wilmaré van der Merwe se lewe het baie draaie met haar geloop. Haar skoolloopbaan het in 1996 geëindig by Hoërskool Paarl Gimnasium, en ná vele jare en avonture het sy terug geland in die Paarl by haar geliefde skool, waar sy reeds vir vyf jaar werk. Volgende jaar begin daar 'n nuwe hoofstuk by die skool met 'n nuwe opwindende uitdaging.
Jonk 6 November 2025 06.11.2025 8:46
Dermatoloog dr. Barbara van der Westhuizen praat oor gelnaels, en of daar moontlike gevare in dié behandeling is.
Lotery vir 'n graf 06.11.2025 1:50
In Parys in Frankryk is daar ‘n lotery waar jy kan wen om vir die opknapping van ‘n grafsteen te betaal. Dit gee jou ook die geleentheid om begrawe te word waar onder andere The Doors se Jim Morrison, Oscar Wilde, Edith Piaf en Frederick Chopin se grafte is. Alles kos egter geld.
Hidroponika is makliker as wat jy dink 05.11.2025 8:19
Alles het gebeur as gevolg van Covid se vreemde tyd, toe daar meer tyd was vir stilstaan en nuwe projekte uitdink. Dr. Ian Goldie het aan Johan Rademan verduidelik dat amper enige persoon, met ‘n bietjie geduld, hidroponika kan bemeester. Jy kan jou eie stelsel skep om vars vrugte en groente, veral slaai vir die manne, te verbou.
Afrika se mees suidelike woud 05.11.2025 9:44
Marina Jenkins het vir RSG se 88e verjaarsdag 'n boom in Afrika se mees suidelike woud in die Platbos Woudreservaat geborg. Francois Krige, mede-eienaar van Platbos en hoof van die Tree Liberation Front, vertel hoe dit met RSG se boom gaan, en van sy passie vir herbewouding.
Elke stem tel 05.11.2025 1:13
In ‘n verkiesing vir die nasionale vergadering in Kanada is een stem weens ‘n administratiewe fout nie getel nie. Daardie stem was vir ‘n kandidaat wat met een stem verloor het. Toe is die saak vir drie dae in die hof.
Êrens oorsee 4 November 2025 04.11.2025 13:26
Marcel Liebenberg vertel vir Martelize Brink van Araçuaí in Brasilië. Sy Portugees is nie te waffers nie, so dit het al gesorg vir ‘n komiese oomblik by die winkel.
En die een langs die sieke? 04.11.2025 7:54
September was Alzheimer-maand, en daar is baie gepraat oor die simptome en behandeling vir die pasiënt. Maar Santa van Rooyen, afgetrede maatskaplike werker van die Baai, sê ons moet ook praat oor die welstand van die versorger - die een wat langs die sieke staan. Sy het onlangs ‘n dankie-sê oggendtee vir hierdie versorgers aangebied.
Kos met byt 04.11.2025 1:11
Daar was ’n paar voorvalle in China waar valstande in kos gevind is.
Troetelpraatjies 3 November 2025 03.11.2025 8:39
Veearts dr. Elizna Boag praat oor hittestres by honde. Veral die kortneus-rasse is kwesbaar.
Baaienaars “red” hulle Baakensrivier 03.11.2025 7:49
Een van die unieke natuurkenmerke van Gqeberha is die Baakensrivier met sy groen klowe wat 23 kilometer deur die stad tot by die seemonding kronkel. Tog word dié groen long gewurg deur plate indringerbome en -plante. Mariska Spoormaker het gehoor van ‘n klomp Baaienaars wat ‘n plan gemaak het, en begin ingespring het om skoon te maak.
Hoe het julle ontmoet? 3 November 2025 03.11.2025 8:22
Jackie Myburgh vertel vir Martelize Brink hoe sy ná ‘n ongelukkige huwelik vir Nols deur ‘n aanlynplatform ontmoet het.
Probleemplant 03.11.2025 1:22
‘n Vrou het ‘n dooie roosboom ses maande ná die aankoop teruggeneem, en gekla dat ‘n defektiewe plant aan haar verkoop is. Niemand het vir haar gesê die plant kan doodgaan nie!
360 Speseryroete - Deel 104 31.10.2025 6:29
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor pampoen en pampoenspesery.
Yolani Abrahams is aan die gang 31.10.2025 9:17
TV-aanbieder en fyngebak-sjef Yolani Abrahams is deesdae ma van klein Aadam, en sy het pas klaar geskiet as die aanbieder van 'n gewilde kookprogram op Struisbaai. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe sy al haar balle in die lug hou.
Wie betaal vir die troue? 31.10.2025 0:49
Fransman Dagobert Renouf het sy troue gefinansier deur advertensiespasie op sy tuxedobaadjie te verkoop. Ses-en-twintig ondernemings het spasie gekoop, wat hierdie uitgawe van belasting kan aftrek.
Jonk 30 Oktober 2025 30.10.2025 7:30
Dr. Ria Smit praat oor die effek van blou lig van foon-, tablet- en rekenaarskerms op jou vel.
Verloor gewig en wen 'n Porsche! 30.10.2025 1:13
‘n Gimnasium in Binzhou, China, het ‘n omstrede kompetisie, waar 'n Porsche op die spel is vir ‘n deelnemer wat 50 kg in drie maande verloor. Dokters waarsku egter teen só ‘n drastiese gewigsverlies só vinnig.
Vroue-bemagtigingsprojek in byeboerdery 29.10.2025 6:28
Die werking van ‘n bykolonie is fassinerend, maar waar kom die byekorf vandaan? Johan Rademan het by NAMPO Kaap vasgeloop in Anelda van den Heever, wat uit Montagu uit gaan deelneem het aan die expo.
Fynkuns, fynbos en vuur 29.10.2025 8:18
Eri-Kah van Breda vertel vir Martelize Brink van haar botaniese fynkuns-fotografie, wat fokus op die verhouding tussen fynbos en vuur.
Die geskiedenis van lipstiffie 29.10.2025 7:09
Dr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink van die snaakse geskiedenis van lipstiffie - van Cleopatra se lipstiffie gemaak van fyngemaalde kewers en ‘n sekere seeslak, tot rooi lippe se rol in die Tweede Wêreldoorlog.
Koskaskenades in Japan 29.10.2025 1:08
‘n Man in Japan het ‘n kosaflewingsplatform mislei, en so 1 095 gratis etes ter waarde van meer as 3,7 miljoen Jen bekom. Hy het 124 rekeninge onder vals name en adresse gehad.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.