RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Katskool toe vir CATS 19.11.2025 6:16
Jackie Lulu gesels met Martelize Brink van CATS en die verskeie rolle in die musiekblyspel waarvoor sy voorberei.
Die geskiedenis van naelsorg en naelkuns 19.11.2025 9:49
Dr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink van die geskiedenis van naelsorg en naelkuns. Ons hoor van mans wat dit geverf het vir die slagveld.
Hof toe oor Vegemite 19.11.2025 1:50
‘n Australiese gevangene neem die gevangenisowerhede hof toe oor Vegemite. Dis hul plaaslike alternatief vir Marmite. In die staat Victoria word dit in die gevangenis verbied omdat dit gebruik word om goed mee te smokkel en alkohol te brou.
Êrens oorsee 18 November 2025 18.11.2025 13:20
Michelle Bester vertel vir Martelize Brink van die lewe in Buckie in Skotland. Baie van die bekendste whisky word in hulle omgewing gedistilleer.
Heinrich Malgas se 21 jaar in die lug 18.11.2025 8:26
Heinrich Malgas gesels met Haidee Muller-Isaacs oor sy 21 jaar ervaring as ’n vlugkelner. Hy vertel van die soet en die suur, en die bekendes wat hy aan boord gehad het.
'n KI-huwelik 18.11.2025 1:40
‘n Vrou in Japan het getrou met ’n KI-persoonlikheid wat sy op ChatGPT geskep het. Die troureëlings is getref deur ‘n onderneming wat spesialiseer in huwelike tussen mense en virtuele of fiktiewe karakters.
Troetelpraatjies 17 November 2025 17.11.2025 11:57
Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luisteraarsvrae oor katte.
Cornelius & Kathy = baie boeke! 17.11.2025 7:51
Van sy studentedae af, dwarsdeur sy akademiese loopbaan in Amerika en Suid-Afrika, het Cornelius Thomas oor die 40 jaar lank boeke bymekaargemaak. Boeke van alle soorte, sê Cornelius, want die lewe is alle soorte, en mense moet daaroor lees. Cornelius se vrou Kathy, net so 'n ywerige boekemens, bedryf saam met haar man Wendy's Book Lounge, waar jy onder meer in 'n sagte rusbank kan terugsit en lee...
Hoe het julle ontmoet? 17 November 2025 17.11.2025 5:34
Maritha de Beer vertel vir Martelize Brink hoe ‘n vriendin op kort kennisgewing met Dick de Beer gereël het om saam met haar matriekafskeid toe te gaan.
Kos vir boetes 17.11.2025 0:48
'n Munisipale hof en biblioteek in 'n stad in Oklahoma laat mense met verkeersoortredings, sekere munisipale oortredings en agterstallige biblioteekboeke toe om kos te skenk in ruil vir die vermindering of uitskakeling van hulle oortredings.
Charlene se boodskap van hoop 14.11.2025 6:46
Haidee Muller-Isaacs gesels met die inspirerende sangeres Charlene van Rooyen oor haar kinderhuisdae, en hoe sy ten spyte van kronkelpaaie, nou kies om haar lewe voluit te leef. Charlene het 'n positiewe boodskap van hoop aan ieder en elk.
360 Speseryroete - Deel 106 14.11.2025 5:20
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kos-pasmaats.
Jan-Hendrik se boodskap aan Bakgat-wenner 14.11.2025 2:05
Jan-Hendrik van der Westhuizen is vanjaar se mentor vir die wenner van RSG en Virseker se 2025 Bakgat-beskuitkompetisie. Hier is sy boodskap aan Magda Janse van Vuuren wat as wenner gekroon is.
Huishou Olimpiese Spele 14.11.2025 1:23
Die 35ste Huishou Olimpiese Spele is in Las Vegas gehou. Bedopmaak, mop-aflos en stofsuig is van die items waaraan die werkers van die Las Vegas hotelle deelgeneem het.
Gerhard Meyer se granate 12.11.2025 8:52
Gerhard Meyer, ’n granaatboer van die Klein Karoo, het sy keuse van gewasse totaal verander ná raad van ’n boer van Israel. Gerhard was onlangs deel van Afrika-groep wat genooi is om in Keulen 'n verbruikersexpo by te woon, maar was voor dit in Spanje. Johan Rademan het met hom gepraat.
Rottegif onder die loep 12.11.2025 7:39
Op die kusdorp, St. Francisbaai, het tien uile binne vier dae gevrek nadat hulle vergiftigde rotte gevreet het. Voorvalle soos dié het die stedelike wildbewaarder, Arnold Slabbert, daarnatoe gedryf om te begin vasstel watter soorte rottegif so maai onder die uilbevolkings en ander diere in die ekostelsels. Mariska Spoormaker het met hom gepraat.
Waterwraak 12.11.2025 1:15
‘n Vrou in China is beboet met 280 keer die bedrag waaroor sy gestry het met ‘n hotel. Uit wraak het sy die krane vir ure laat loop…
Êrens oorsee 11 November 2025 11.11.2025 12:32
Ilze Els vertel vir Martelize Brink van die lewe op Guernsey, ‘n eiland in die Engelse Kanaal naby die kus van Frankryk.
Harlan se hartklop vir die gemeenskap 11.11.2025 7:46
Die akademikus, dr. Harlan Cloete van die Paarl, vertel vir Haidee Muller Isaacs hoe sy reis na sukses begin het. Maklik was dit nie, maar na dese stoom hy fluks voort met sy gemeenskapswerk. Dis sy hartklop, vertel hy.
Sokker in die sneeu 11.11.2025 1:14
Die eindronde van Kanada se premierligasokker is die naweek in die sneeu teen minus 8 grade Celsius gespeel. Daar was uitdagings om die lyne sigbaar te hou, en die doelwagters moes hulle doelhokke met grawe oophou!
Troetelpraatjies 10 November 2025 10.11.2025 7:12
Danyelle Fourie van KUSA Trick Dog vertel waar jou hond se vordering met toertjies aanlyn geëvalueer kan word.
Vat vyf vir natuurbewaring in Kouga 10.11.2025 6:53
Omgewingsbewustes in die Kougastreek is verheug oor die vyf natuurreservate aan die kuslyn, wat onlangs geproklameer is. Die aanvoorwerk vir reservate soos die Kabeljauws en Irma Booysen-reservate, kom al oor die dertig jaar, het dr. Wentzel Coetzer, bestuurder omgewingsake van die Greater Kromme Stewardship, aan Mariska Spoormaker gesê.
Hoe het julle ontmoet 10 November 2025 10.11.2025 9:15
Rudie Rousseau vertel vir Martelize Brink dat Annelie eers by die bruilof gehoor het dat haar eerste blomme van ‘n graf af gekom het!
Ongevoelige meegevoel 10.11.2025 1:03
‘n Gesondheidsorgverskaffer in die Amerikaanse deelstaat, Maine, het foutiewelik briewe van meegevoel aan 531 mense se families gestuur, hoewel die mense almal nog geleef het.
Joce Engelbrecht se kreatiewe lewe 07.11.2025 6:18
Joce Engelbrecht is ‘n regisseur by ’n oorklankingsateljee, wat Turkse TV-dramas oorklank. Tussendeur doen sy kinderteater en poppekas. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van dié nis wat sy vir haarself uitgekerf het in weerwil van die feit dat sy nooit die geleentheid gehad om verder te gaan studeer nie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.