RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5585 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 22, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Hospitaalplakker 24.03.2026

In Orlando, Florida, is ‘n hospitaal hof toe oor ‘n vrou wat vir langer as vyfmaande ‘n bed beset het, nadat sy as pasiënt ontslaan is.

Ovambo-hoenders 23.03.2026

Christo Kamffer vertel van Ovambo-hoenders, wat aangepas is vir Afrika, dus ook jou agterplaas.

Jou naam se komvandaan 23 Maart 2026 23.03.2026

Dr. Willem Botha praat oor die oorsprong en betekenis van die naam, Maria, en beantwoord luisteraarsnavrae oor Wicus, Terence en Suretha.

Strava verklap 'n vlootskip se posisie 23.03.2026

‘n Franse vlootoffisier het sy skip se posisie weggegee toe hy sy drafsessie op die dek, op die Strava-fiksheidstoepassing geplaas het.

50 Jaar van Mercedes-Benz W123 20.03.2026

Waldo Scribante vertel vir Martelize Brink van ‘n saamtrek van Mercedes-Benz W123-motors om die vyftigste bestaansjaar van die motors te vier.

360 Speseryroete - Deel 122 20.03.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor drankies met speserye. Sy deel ’n resep uit 1856 vir switchel (gemmerbier), en ’n resep vir Mexikaanse pynappelbier.

Jan Karsten - SA skaakkampioen 20.03.2026

Jan Karsten gesels met Martelize Brink oor skaak. Dié 18-jarige is in 2023 al as Internasionale Meester aangewys. Nou het hy die SA Geslote Skaakkampioenskap gewen.

'n Maag vol rekkies 20.03.2026

In die VSA was ‘n kat oppad om uitgesit te word oor ‘n verstopping. ‘n Organisasie het tot sy redding gekom, en 26 haarrekkies is uit sy ingewande gehaal.

Angel Hearts bevorder mense met gestremdhede se kreatiwiteit 19.03.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met Karen Kemp oor Angel Hearts, 'n nie-winsgewende organisasie in Bloemfontein vir mense met gestremdhede, wat sy in 2015 gestig het. Mense word daar met baie liefde geleer om hulle kreatiweit te volle uit te leef.

Jonk 19 Maart 2026 19.03.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor plantgebaseerde opsies, wat lekker is en voldoende voed.

Hittler vs Zielinski 19.03.2026

In die Franse dorpie, Arcis-sur-Aube, is Charles Hittler en Antoine Renault-Zielinski albei kandidate in die burgemeestersverkiesing. Sosiale media kan nie genoeg hiervan kry nie.

Liedmakersgilde bevorder die kunslied 18.03.2026

Komponiste soos Johann Sebastian Bach, Wolfgang Amadeus Mozart, Maurice Ravel en Alban Berg het almal op hulle dag aan musiekgildes behoort wat uit die Middeleeue stam. Gildes was daar om vakmanskap te bevorder, en vandag glo die Liedmakersgilde wat die kunslied in Suid-Afrika bevorder steeds aan mentorskap en om ‘n verhoog vir dié kunsvorm se kunstenaars te skep. Johan Rademan het met die klassie...

Wat kan ons leer by... 18 Maart 2026 18.03.2026

Dr. Mandie Uys praat oor die antieke Grieke en Romeine. Sy begin die verhaal waar hulle mekaar ontmoet, en half saam begin loop het.

73 Jaar van grafte grawe 18.03.2026

In 1952 het Allan McCloskey vir ‘n week lank ingestaan vir sy dorp se grafgrawer. Daardie week word toe 73 jaar en 75 dae, tot hy in November 2025 op 92 afgetree het.

Êrens oorsee 17 Maart 2026 17.03.2026

Milla Jooste vertel vir Martelize Brink van die lewe in Dubai, waar sy gebaseer is as lugwaardin.

Dienaar van die struggle en die kansel 17.03.2026

Daar is al na hom verwys as 'n dienaar van die struggle en die kansel. Haidee Muller-Isaacs gesels met die anti-apartheidsaktivis, dr. Llewellyn Macmaster, oor die lewe ná sy aftrede in 2024, en hoe hy homself besig hou.

VSA se oudste orgraanskenker 17.03.2026

Dale Steele het op 100 die VSA se oudste orgaanskenker geword toe sy lewer oorgeplant is.

Walvisredding 16.03.2026

Eben Lourens vertel van SAWDN, ‘n netwerk van vrywilligers wat opgelei is om verstrengelde walvisse te red, deur toue en nette los te sny.

Jou naam se komvandaan 16 Maart 2026 16.03.2026

Dr. Willem Botha praat oor Hebreeuse name onder Afrikaanssprekendes, soos Elia en Elias, wat Ellis geword het. Ons praat oor Daniël wat Dail geword het, soos die beroemde Springbokvleuel, Dail Williams, en Joachim wat Joggem geword het, soos Joggem van Bruggen, die Afrikaanse skrywer.

Diere vir die pond 16.03.2026

Die Bank van Engeland het besluit om die afbeeldings van mense soos William Shakespeare en sir Winston Churchill op hulle banknote te vervang met diere. Daar is nog nie op spesifieke diere besluit nie. Diere-afbeeldings sal help om vervalsing te bemoeilik.

Goodnow se Steinway speel weer ná brand 13.03.2026

Die Goodnow-saal op Wellington spog met 'n ryk geskiedenis. Tien jaar gelede het die historiese gebou afgebrand. Hulle besonderse Steinway-klavier is erg beskadig. Die saal is gerestoureer, en die klavier is intussen herstel. André Terblanché, hoof van die Breytenbach Sentrum op dié Bolandse dorpie, vertel van die organisasie se konsertreeks wat nou in hierdie saal plaasvind. Hy brei ook uit oor d...

360 Speseryroete - Deel 121 13.03.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat verder oor hoe om jou eie speserymengsels te maak. Jerk en Japanese sewespesery is aan die beurt.

RSG-Radiodramaslypskool 13.03.2026

RSG se programbestuurder, Kobus Burger, en Eddie de Jager van die dramadepartement gesels oor die RSG-radiodramaslypskool in Kaapstad.

Tuinmiere amper reismiere 13.03.2026

Meer as 2 000 koningin-tuinmiere is op Nairobi in Kenia se lughawe gekry op pad China toe. Dit was bestem vir die troeteldierhandel in Europa en Asië.

Pierre-Jean Gerber se restourasies 12.03.2026

Johan Rademan gesels met Pierre-Jean Gerber oor Dirk Ligter se monument in die Ceres-Karoo, Indwe en die Ida-kerkie in die suide van die Drakensberg.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.