RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Francois se laaste rit 28.11.2025 10:46
Francois Rossouw het onlangs op 76-jarige ouderdom, met meer as 2 miljoen kilometer agter die blad, 13 000 voertuie en 33 000 medereisigers, sy laaste amptelike 4x4-rit gelei. Johan Rademan het 30 jaar saam met dié RSG 4x4-aanbieder en motortydskrifskrywer die pad geloop, en ná sy laaste rit met hom gesels. Tegnologie het oplaas oor drie dekades verander, en daarom was dit moontlik vir Shane Beck...
360 Speseryroete - Deel 108 28.11.2025 11:15
Sjef Jacques Erasmus vertel hoe saffraan ingespan word wanneer hy kosmaak by Hemelhuijs.
Weerprobleme in Australië 28.11.2025 1:53
Australië se weerdiens het ‘n peperduur nuwe webblad gekry, wat nie werk vir die publiek nie.
Belinda Cloete se Paarl 27.11.2025 6:06
Belinda Cloete praat oor die goeie ou dae in die Paarlvallei, haar grootwordjare teen die hange van die Paarlberg, en hoe hulle desjare onder dwang verskuif is en oor moes begin in die ooste van die Paarl. Sy vertel ook hoe lief sy vir die onderwys was.
Jonk 27 November 2025 27.11.2025 12:40
Martelize toets die ysbadgier vir jou gesig in die ateljee. Werk dit? Die antwoorde word verskaf deur dr. Ria Smit, ‘n algemene praktisyn met 'n praktyk gefokus op estetiese medisyne en vrouegesondheid.
'n Siekdag se stappie lei tot afdanking 27.11.2025 1:19
‘n Man in China is sy werk kwyt. Sy doktersbrief het gesê rus met die seer voet. Sy werkgewer het egter uitgevind dat hy op daardie dag 16 000 tree gestap het. Tog sê die hof hy is onregverdig ontslaan.
Diemersdal skitter as wynprodusent 26.11.2025 10:10
Thys Louw praat oor Diemersdal wat aangewys is as die Platter-gids se 2026-wynprodusent van die jaar. Ses van hulle wyne het die gesogte vyfster toekennings ontvang.
Tertius Louw se Nederlandse besoek 26.11.2025 9:16
Haidee Muller-Isaacs trek musieknavorser Tertius Louw nader om te gesels oor sy onlangse besoek aan Nederland. Dit was nie net musiek nie. Daar was ook ‘n pinball- en blêrkas-museum.
Plaaslike swemmers maak geskiedenis met Triple Crown-prestasie 26.11.2025 15:12
Tracey Steyn vertel vir Martelize Brink van haar ervaring met die swem van die Cape Triple Crown. Sy is die eerste vrou om die drie swemme te voltooi, en dit in ‘n swembroek en nie ‘n swempak nie. Renee Leeuwner vertel wat die Cape Triple Crown behels.
Sy ma is ’n mummie, en hy eis pensioen! 26.11.2025 1:02
‘n Man in Italië is uitgevang dat hy sy oorlede ma se pensioen eis. Om haar ID te hernu, het hy hom as sy ma vermom, maar met die uitvangslag is sy ma se gemummifiseerde liggaam by haar huis ontdek.
Êrens oorsee 25 November 2025 25.11.2025 11:10
Jonathan Genis vertel vir Martelize Brink van sy avontuur in Doha, Katar. Dis warm en bedompig daar, maar die infrastruktuur is gebou daarvoor.
Stokperdjie rys tot volskaalse bedryf 25.11.2025 7:41
‘n Bietjie meer as n jaar gelede het Irene Bezuidenhoudt ‘n gewone huis met die gebruiklike sit-, eetkamer en kombuis gehad. As jy deesdae deur die voordeur loop, loop jy jouself vas in industriële bakoonde, mengers en ’n droogoond, omdat dat Irene se aanvanklike stokperdjie om suurdeegbrood te bak, na 'n volskaalse bedryf gegroei het. Mariska Spoormaker het gaan kuier.
Klop-klop... Ek leef nog! 25.11.2025 0:52
‘n Vrou in Thailand kon aan haar doodskis klop om gered te word. Haar broer het haar gevat om veras te word by ‘n tempel, maar siende dat hy nie ‘n doodsertifikaat gehad het nie wou die tempel dit nie doen nie. Tydens die gesprekke hoor hulle toe die klop...
Toeriste en wilde diere 24.11.2025 11:51
Wilfred Chivell praat oor die interaksie tussen toeriste en wilde diere. Daar is grense wat nie oorskrei moet word nie.
Op eie stroom in die Baviaanskloof 24.11.2025 7:28
Vyftien jaar gelede het Melloson Allen uit die Baai na ‘n gemeenskapsplaas in die Baviaanskloof getrek, om daar saam met haar man Donald onafhanklik van krag- en watervoorsieningsnetwerke te woon. Intussen is twee kinders gebore, Donald se leerprodukte het gesogte artikels geword, en Melloson het betrokke geraak by die Baviaanskloof Growth Initiative. Mariska Spoormaker het met haar gesels.
Hoe het julle ontmoet? 24 November 2025 24.11.2025 6:45
Adelé Joubert vertel vir Martelize Brink dat Werner met die deur in die huis geval het en haar sommer ‘n klapsoen op die koop toe gegee het.
Elvis in die hof 24.11.2025 1:05
‘n Regter in die VSA is vir ses maande geskors nadat sy Elvis Presley-kapperjolle aan die lig gekom het. Soms is hy werk toe met sy Elvis-pruik en sonbril. Hy het ook Elvis se musiek in die hof gespeel.
Nuwe middagvervolgverhaal op RSG 21.11.2025 6:35
Lelia Etsebeth vertel vir Martelize Brink van KERSVERSIERINGS VAN HOOP, RSG se nuwe middagvervolgverhaal wat op Maandag 24 November begin.
360 Speseryroete - Deel 107 21.11.2025 5:48
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat verder oor kos-pasmaats.
Rugbyjoernalis mik pale toe 21.11.2025 7:36
Kom dit by rugby, is daar baie kenners - die afrigters, die ontleders en sommige Jan Publieke wat meer weet as die skeidsregter. Maar 'n belangrike, en 'n half onsigbare deel van die groter rugbygeheel, is die sportjoernaliste, spesifiek die rugbyskrywers. Michael Green is een van hulle - al oor die dertig jaar lank. Mariska Spoormaker het met hom gepraat.
Kla persoonlik 21.11.2025 0:52
‘n Munisipaliteit in Long Island, New York, aanvaar nou slegs klagtes in persoon of per geregistreerde pos. Geen meer klagtes via digitale roetes nie.
Tannie Anne se poppies 20.11.2025 6:30
Tannie Anne Kruger brei die oulikse diertjie-poppies, spesiaal vir getraumatiseerde kinders. Op 87 bring dit vir haar hope plesier. Haidee Muller-Isaacs het by haar in Somerset-Wes gaan kuier, en alte lekker pop gespeel. Tannie Anne vertel van haar komvandaan, Touwsrivier, en hoe haar ma haar destyds geleer brei het.
Jonk 20 November 2025 20.11.2025 12:33
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor beenboeljon, hoe dit verskil van aftreksel, en of die gesondheidsvoordele waarop geroem word, die ure se kook werd is.
Frankryk hou hulle optelmasjien 20.11.2025 1:14
’n Hof in Frankryk het vir eers ‘n stokkie gesteek voor die verkoop van die eerste optelmasjien. La Pascaline is deur die Franse wiskundige, Blaise Pascal, in 1642 ontwerp. Dié nasionale skat mag nie Frankryk verlaat nie, en is van ‘n veiling onttrek.
Madam Zingara in Kaapstad 19.11.2025 8:12
Ons eie klein Moulin Rouge-ervaring. Dít is hoe Johan Rademan die nuwe Madam Zingara: La Dolce Royal-vertoning beskryf. Dit is in die boheemse ingevoerde Sigeunertent, waar die gees van Madame Zingara, die eksotiese en misterieuese sigeunervrou, se gees nie eers deur ‘n brand vernietig kon word nie. Kry jou kostuum reg om die ervaring van 'n leeftyd by te woon.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.