RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

360 Speseryroete - Deel 89 11.07.2025

Vuur en Vlam Kokkedoor Nate Smith gesels oor die krag van komyn, en deel sy resep vir 'n kerriebotterskorsiesop.

Miljoene vir 'n handsak 11.07.2025

Die heel eerste Hermès-Birkinhandsak is op 'n veiling vir ‘n rekordbedrag van $10,1-miljoen verkoop.

Barbiekuns 10.07.2025

Modeontwerper en multidissiplinêre kunstenaar Arzelle van der Merwe praat oor haar werk wat gekies is om deel te wees van ‘n kunsuitstalling in Singapoer. Die kunswerkontwerpe het Barbies ingesluit. Daar was ook die langste loopplank vir Barbies met meer as 1 000 van dié poppe.

Harold kan nie stilsit nie 10.07.2025

Harold James het 45 jaar lank gewerk as elektrisiën vir die spoorweë. Hy word binnekort 70, en het in 2018 uit diens getree. Hy kan egter nie stilsit nie, en help graag bejaardes. Haidee Muller-Isaacs het met hom gesels.

Jonk 10 Julie 2025 10.07.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor epigenetika en hoe die kos wat ons eet ons gene se funksionering beïnvloed.

Wisselkoerswiskunde lei tot loterypyne 10.07.2025

In Noorweë was daar ‘n fout met die aankondiging van loteryprysgeld. Duisende mense het gehoor van groot bedrae wat hulle gewen het, maar met die omskakeling van Euro na Kroon is daar per ongeluk met 100 gemaal in plaas daarvan dat daar deur 100 gedeel is.

Hiér word die Anglo-Boereoorlog van alle kante belig 09.07.2025

’n Plek om te besoek as jy al die kante van die Anglo-Boereoorlog wil hoor en uitgebeeld sien, is die Suid-Afrikaanse Oorlogmuseum in Bloemfontein. Dané Swanepoel, die museum se kommunikasiebeampte, vertel vir Mariska Spoormaker hoe die museum tot stand gekom het.

Die platinumgroepmetale 09.07.2025

Dr. Petre Prins praat oor die platinumgroepmetale van ses, waarvan rodium die duurste is.

Leer meer oor elektriese voertuie 09.07.2025

Justus Visagie praat oor die wanopvattings oor elektriese voertuie.

Zumba-ongelukkigheid in Indië 09.07.2025

Geloofsgroepe in Indië is gekant teen Zumba-klasse wat in 14 000 openbare skole aangebied word as deel van die staat, Kerala, se veldtog teen dwelms.

Êrens oorsee 8 Julie 2025 08.07.2025

Benna Carrol vertel van haar belewenis van Krakaw in Pole, waar sy al agt jaar woon.

Robyn se passie vir onderwys 08.07.2025

Robyn van de Rhede is een van die jongste skoolhoofde om 'n splinternuwe skool te open op die ouderdom van 35 jaar. By die Nasionale Onderwystoekennings word sy toe ook aangewys as die provinsiale wenner vir die beste hoërskoolonderwyseres. Haidee Muller-Isaacs het by haar 'n draai by haar gemaak.

Nasionale voëlskou 2025 08.07.2025

Dr. Jan Botha vertel van die Nasionale voëlskou in Bloemfontein waar daar meer as ‘n 1 500 kouvoëls te sien is.

Stormagtige verlowing 08.07.2025

‘n Amerikaanse paartjie het na ‘n tornado gejaag om met dít in die agtergrond verloof te raak. Hulle is albei stormjagters.

Troeteldiere se pelsversorging 07.07.2025

Veearts dr. Ingrid de Wet praat oor die versorging van honde en katte se pels - van skeer en borsel tot sjampoe.

Groen Kouga beloon rolspelers 07.07.2025

Om sy toekenning as groenste munisipaliteit in die Oos-Kaap te vier, het die Kouga-munisipaliteit besluit om erkenning te gee aan belangrike groen rolspelers in die onderskeie gemeenskappe. Mariska Spoormaker het ná die funksie gepraat met Christa Venter, bestuurder omgewingsake en herwinning van die Kouga-munisipaliteit.

Hoe het julle ontmoet? 7 Julie 2025 07.07.2025

Ina Goosen vertel vir Johan Rademan hoe Landbouweekblad se Hoekie vir Eensames gesorg het dat sy en Willem ontmoet het.

Musiek vir die pad 07.07.2025

By Fujairah in die Verenigde Arabiese Emirate is daar ‘n installasie op ‘n deel van die hoofweg, wat maak dat jy ‘n stuk van Beethoven se negende simfonie speel as jy oor die rubberstroke ry.

Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees 2025 04.07.2025

Prof. Nina Schumann is die stigter en tans artistieke bestuurder van die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees. Sy vertel van die afgelope twee dekades se sukses.

360 Speseryroete - Deel 88 04.07.2025

Isabella Niehaus het pas ‘n tweede jaar in ‘n ry die Gourmand-prys vir die beste veganistiese kookboek ter wêreld gewen. Sy vertel van haar gunsteling spesery.

19-Jarige vlieg na Antarktika 04.07.2025

'n 19-Jarige Amerikaner wat poog om alleen na al sewe kontinente te vlieg, is deur owerhede in Chili aangehou nadat hy na bewering sonder toestemming in Antarktika geland het.

Anienke se plattelandse droom 03.07.2025

Anienke Jordaan het eers in die noorde van Australië in Darwin die inheemse mense en hulle kuns leer ken, voor sy in Wes-Australië, buite Perth, as jong veraarts gaan werk het. Sy het die kookabaras, kangeroes en koalas net so laat staan om haar drome in die platteland van Suid-Afrika te kom uit leef. Johan Rademan het met haar op Prins Albert gesels.

Jonk 3 Julie 2025 03.07.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen verduidelik wat “binge”-eet is, en hoekom dit anders as ooreet is.

Generasie-trauma 03.07.2025

Martelize Brink praat oor trauma wat van generasie na generasie oorgedra word in jou DNS.

Erns Grundling oor "Aanskou die mens" 02.07.2025

Erns Grundling is lief vir reis, letterkunde en die teater. Dit het uitgeloop op die produksie, AANSKOU DIE MENS, met Johann Nel (stem) en sy broer Winand (orrel).

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.