RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Driesestig 13.02.2020

Dr. Ingrid de Wet, 'n veearts, gesels met Martelize Brink oor oefen met troeteldiere.

Driesestig 13.02.2020

Dr. Andre Hattingh gesels met Martelize Brink oor Pediatriese Sorg SA, en toegang tot lewensreddende operasies vir kinders.

Driesestig 12.02.2020

Meer as viermiljoen mense in Suid-Afrika is doof of hardhorend. Werkloosheid onder die groep is 'n groot uitdaging. Jacqui January praat met Rina Jooste, wat betrokke is by 'n nie-winsgewende organisasie wat werksgeleenthede skep vir mense met gestremdhede.

Driesestig 12.02.2020

Dieetkundige Irene Labuschagne vertel vir Johan Rademan van die waarde van borrie- en gemmertee.

Driesestig 12.02.2020

Dr. Jantjie Taljaard vertel vir Johan Rademan van die coronavirus, en aandag wat dit in die media kry.

Driesestig 11.02.2020

Na aanleiding van die stigter van Ladismith Black Mambazo, Joseph Shabalala, se afsterwe, vertel Coenie de Villiers 'n mooi storie van Joseph se nederige reaksie op 'n versoek om sy Grammy-toekenning te besigtig.

Driesestig 11.02.2020

Tanya O'Connor het 'n paar jaar gelede die eerste inkleurboek vir volwassenes geteken. In weerwil van 'n rits terugslae in die lewe, verkies sy positiwiteit. Haar destydse blog, HELLO LEWE, het 'n gelyknamige boek geword waarin sy mense met haar stories inspireer. Haidee Muller gesels met haar oor die kind wat sy op 43 gehad het, hoe sy haar seuntjie motiveer, en hoe sy staande bly nadat sy vele g...

Driesestig 11.02.2020

Pieter du Preez vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy deelname aan die OCC rolstoeluitdaging op George, en sy verskeie sportprestasies.

Driesestig 11.02.2020

Op De Vlugt, 'n gehuggie langs die Prins Alfred-pas in die Suid-Kaap, het Mariska Spoormaker gesels met Tinkels, oftewel John Henry Ketchen, diaken van die Congregational Church vir De Vlugt en Boskloof. Voltyds is hy 'n plaaswerker - in sy vrye tyd roei Tinkels vrywillig indringerbome uit, want volgens hom is dit groen gemors.

Driesestig 10.02.2020

Burgert Muller vertel vir Martelize Brink van vlieë en die 200,000 vlieë in die versameling van die Nasionale Museum in Bloemfontein.

Driesestig 10.02.2020

Petra Broddle vertel vir Martelize Brink van nuwe plantspesies wat in Suid-Afrika en die wêreld ontdek word. Sy vertel ook hoe die spesies hulle name kry.

Driesestig 10.02.2020

Haidee Muller het al die storie van Wayne Olivier vertel. Hy was langer as 10 jaar 'n volslae dwelmverslaafde. Hy het al op 16 met dwelsm begin eksperimenteer. Vandag is hy al 'n hele paar jaar lank skoon, en hy blink uit in kragoefeninge (powerlifting). Wayne het reeds sewe rekords in hierdie sport laat spat. Hy het Suid-Afrika einde verlede jaar in Finland verteenwoordig. Haidee het weer by hom...

Driesestig 07.02.2020

Martelize Brink gesels met Jan Boland Coetzee oor sy 1659-erepenning, die 2020-oes, sy liefde vir die natuur en die Bokke se oorwinning in die Wêreldbeker.

Driesestig 07.02.2020

Om deesdae gesond en lekker, maar ook klimaatslim te eet, is 'n uitdaging en almal het 'n stuiwer in die armbeurs te gooi oor wat nou eintlik die regte dieët vir die planeet is. Navorsing wys dat die voedselketting se koolstofvoetspoor groot afdrukke laat. Lizma van Zyl gesels met koskenner Aletta Lintvelt oor hoe ons klimaatslim kan eet sonder om afstand te doen van ons kosplesiertjies.

Driesestig 07.02.2020

Chris van der Westhuizen deel herinneringe van sy ma, wat alom bekendgestaan het as Tant Nellie Naald. Sy was desjare Prieska se top naaldwerkster.

Driesestig 06.02.2020

Die bestuurder van die Suid-Afrikaanse Kinderhuis in Kaapstad, Sandra Collins, vertel van die uitdagings wat kinderhuise ervaar.

Driesestig 06.02.2020

Het jy geweet potspel is heelbo op die lys van sportsoorte wat in Suid-Afrika beoefen word? Op 'n professionele vlak is die sport tradisioneel deur mans gedomineer, maar vroue tree al hoe meer toe tot die sportkode. Die 2019 Afrika- en Wêreldkampioen vir vroue is Suid-Afrika se Amy Claire King. Jacqui January gesels met Amy en haar agent, Johan Fourie.

Driesestig 05.02.2020

Johan Rademan en Martelize Brink gesels met Zoë Steyn, Suid-Afrika se goue meisie van branderplankry.

Driesestig 05.02.2020

Carmen Balie is 'n sielkundige wat honde gebruik tydens terapiesessies met kinders. Haidee Muller het met haar gesels oor haar passie, en hoe sy dit doen.

Driesestig 05.02.2020

Dr. Marlena Kruger bespreek haar loopbaan as radiografis, opvoeder en sielkundige, en brei uit oor die impak van mensgemaakte straling wat vanaf selfone, wi-fi, selfoontorings en antennas afkomstig is.

Driesestig 04.02.2020

Jonathan le Riche van Phatshoane Henney Prokureurs verduidelik die regsimplikasies van kameras wat jou in openbare gebiede dophou.

Driesestig 03.02.2020

Coreen van der Merwe, 'n direkteur van Sovereign Trust Beperk, bespreek die nuwe Expat-belastingswet wat in Maart in werking tree.

Driesestig 03.02.2020

Martelize Brink gesels met Naude Dreyer, 'n Suid-Afrikaanse apteker wat die Kaaimanseilande gebasseer is. Hy het besluit om 'n leer-vakmanskapkursus te voltooi. Hy vertel van die waarde van hierdie stokperdjie, en hoe baie hy binne vier dae geleer het om met leer te werk. Frik van Jaarsveld van die Leerakademie op Wellington gesels saam oor leerprodukte wat met die hand gemaak word as 'n loopbaan.

Driesestig 03.02.2020

By die Chatty-gemeenskapsaal in Port Elizabeth blom die groentetuine danksy water uit lekkende munisipale pype. Die groentetuin-inisiatief is deur raadslid Helga van Staaden begin. Sy het aan Mariska Spoormaker verduidelik hoekom sy daarmee begin het.

Driesestig 31.01.2020

Isabelle Grobler gesels met Martelize oor haar lewensomwenteling in die ouderdom van 21. Sy was 'n junior Springbokhokkiespeler, maar 'n besering het haar hokkieloopbaan beëindig. Sy is nou 'n kunstenaar wat met verskeie mediums werk.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.