RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Driesestig 31.01.2020 8:19
Een van Afrika se voorste natuurbewaringssorganisasies, Leadership for Conservation in Africa, bring al hoe meer jongmense vanoor die vasteland bymekaar om hulle stories te vertel. Lizma van Zyl gesels met Ruaan Schlebusch wat help om die LCA Spark Talks byeenkomste in Kaapstad te fasiliteer. Ons hoor onder meer waarmee hierdie innoverende jongmense vorendag kom om klimaatsverandering te help bepe...
Driesestig 31.01.2020 8:59
Murray La Vita is 'n bekroonde joernalis en rubriekskrywer. Hy is gewoonlik die een wat die vrae vra, maar Haidee Muller het by hom gaan kuier, en hom in die warm stoel laat sit.
Driesestig 30.01.2020 9:41
Adelaide Abrahams van Worcester vertel vir Haidee Muller hoe sy dit regkry om met min, steeds aan ander mense te gee. Sy vertel dat haar sopkombuis swaar trek, maar sy maak plan om te sorg dat honger kinders steeds iets in hulle magies kry. Adelaide het twee jong kinders aan die dood afgestaan - eeen in 2006 en die ander vroeg vanjaar. Sy vertel hoe sy daardie verlies hanteer.
Driesestig 30.01.2020 12:05
Dr. Johann Neveling, 'n seniorgeoloog by die Raad vir Geowetenskappe, gesels oor 'n 10 jaar lange karteringsprojek om die geologie van Suid-Afrika vas te vang.
Driesestig 29.01.2020 9:15
Hulle sê n boer maak n plan, maar in Chatty in Port Elizabeth, maak stadsboere 'n beter plan deur water uit lekkende munisipale pype na hulle groentetuine te lei. By die Chatty-gemeenskapsaal het vrywilligers só 'n lekkasie-groentetuin begin. Shaleen Joseph het vir Mariska Spoormaker gewys hoe hulle groentetuine lyk.
Driesestig 29.01.2020 6:34
Wat doen 'n regskostekonsultant, en hoe word jy een?
Driesestig 29.01.2020 13:53
Dieetkundige Irene Labuschagne gesels oor Sjiritaki-noedels, en die gesondheidsvoordele daarvan.
Driesestig 28.01.2020 8:15
Johan Rademan gesels met Marius Sky, 'n inwoner van die Tsitsikamma (plek van baie water) wat hom self bekwaam het om 'n veldgids te word. Hy neem gereeld toeriste op die Dolfynstaproete, maar spandeer ook baie tyd by The Fernery, waar hy sy liefde vir varings van die omgewing deel. Hy gee ook wenke hoe om varings te hanteer buite hulle natuurlike habitat.
Driesestig 28.01.2020 18:37
Masturah Adams, kurator van die Bo-Kaap Kultuursentrum en hoof van Maatskaplike Welsyn by Boorhanol Islam Beweging, gesels oor die nuwe sentrum vir die kultuur van die Bo-Kaap.
Driesestig 27.01.2020 19:41
Koos Bredenhand, 'n pionier van die telekommunikasiekabelbedryf in Suid-Afrika kuier in die ateljee. Hy en elf ander Suid-Afrikaners is in 1976 oorsee gestuur om te studeer om die bedryf hier te kom vestig.
Driesestig 27.01.2020 9:31
Alba Brandt vertel hoe haar kinders in die Green School in Bali was terwyl hulle oorsee gewerk het. Met hulle terugkeer na Suid-Afrika het hulle die konsep hier kom vestig.
Driesestig 24.01.2020 10:07
Johan Snyman en Jacques Meiring vertel vir Martelize Brink hoe Fichardtpark Woonbuurt Assosiasie oor 10 jaar tot 'n groot mate die munisipale dienste oorgeneem het waar dit te kort geskiet het. Hulle bedien 3,000 huishoudings in hierdie Bloemfonteinse woonbuurt.
Driesestig 24.01.2020 7:34
Koolstofdioksiedvrystellings moet binne die volgende elf jaar met 45% verlaag word as 'n ramp afgeweer wil word. So sê klimaatsverandering-deskundige, prof. Francois Engelbrecht. Lizma van Zyl praat in die eerste van twee programme met hom oor die bevindings van hulle interregeringspaneel-verslag, veral wat vir suidelike Afrika voorlê, gegewe die verwagte skerp temperatuurstygings oor die volgende...
Driesestig 24.01.2020 9:02
Peter Shrimpton en Barend Oosthuizen vertel vir Martelize Brink van die labarint met 120,000 spekbome, wat buite Stellenbosch aangeplant word. Dit sal 'n afstand van 5 km in, en 5 km uit hê.
Driesestig 23.01.2020 5:56
Brunhild Strauss van die Noord-Kaap neem graag deel aan verskeie rolstoeluitdagings. Hy is al soggens vroeg op die pad om te oefen, en lewe 'n vol lewe. Jacqui January het met hom gesels.
Driesestig 23.01.2020 14:13
Ian Saunders gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor seismologie in Suid-Afrika.
Driesestig 22.01.2020 9:30
Ilze Ruthford is een van die plaaslike landboubedryf se voorste vroue-entrepreneurs. In 2014 is sy aangewys as wenner in die kategorie vir landbouverwerking, en toe het Haidee Muller 'n storie oor haar gedoen. Haidee het weer vir hierdie besturende direkteur van Compagniesdriftwynstoor gaan gesels oor hoe ver sy nou gevorder het in die bedryf. Ilze vertel ook van die kankerpad wat sy tans stap.
Driesestig 22.01.2020 10:58
Dr. Jako Volschenk gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor omgewingsvriendelike produkte, en die 'greenwashing' wat sommige ondernemings doen.
Driesestig 22.01.2020 13:28
Martelize besoek die Metrorail Kaapstadstasie om te gesels oor die ontoeganklike treinstelsel, en om 'n voorbeeld te sien van die nuwe toeganklike treine.
Driesestig 21.01.2020 6:54
Magriet Serdyn vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe sy skaappoppe hekel om geld in te samel vir droogtehulp.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.