RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Driesestig 27.02.2020

Rick Bronkhorst gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor opleidingsgeleenthede in die filmbedryf in Suid-Afrika.

Driesestig 27.02.2020

Hannu Garny gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor houthuise as 'n groen alternatief.

Driesestig 26.02.2020

Leozette Roode vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die gewildheid van uitdagings om minder vleis te eet.

Driesestig 26.02.2020

Nelis Engelbrecht vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink waarheen die fotografie- en videografiebedryf op pad is.

Driesestig 25.02.2020

Nileta Knoetzen en Jackie Stuurman vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hulle ekovriendelike geskenke uit herwinde papier maak, soos kaartjies met saad wat jy kan plant.

Driesestig 25.02.2020

Dr. Benita Nel vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Childline se opleiding aan kleuterskoolonderwysers vir die identifisering en hantering van kindermishandeling.

Driesestig 24.02.2020

Matt Williams vertel vir Martelize Brink van die rooi woestyn naby Port Edward. Dit is net 11 hektaar groot.

Driesestig 24.02.2020

Naomi Butow vertel vir Martelize Brink van mamapreneurs en hulle impak op die ekonomie.

Driesestig 24.02.2020

Tyron Zoutman vertel vir Martelize Brink van dans by die Kaapstad Karnaval. Tyron is vanjaar die openingsdanser.

Driesestig 21.02.2020

Ter viering van Wêreld Moedertaaldag gesels Haidee Muller met Niel le Roux, die hoof van die Stigting van Bemagtiging Deur Afrikaans, oor sy nuwe boekprojek wat in verskeie tale gepubliseer is

Driesestig 21.02.2020

'n Sogenaamde “groen boek” verskaf waardevolle inligting en praktiese wenke aan van Suid-Afrika se mees kwesbare menslike nedersettings in die stryd teen klimaatsverandering. Lizma van Zyl gesels met projekbestuurder Willemien van Niekerk oor die innoverende en uiters belangrike projek deur die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad en vennote, waarby sowat 18 miljoen mense reeds baat.

Driesestig 21.02.2020

Mariska Spoormaker gesels met 'n man in Port Elizabeth wat jare gelede toevallig in die toekomstige werkmodel , 'n kantoor sonder grense, beland het. Sy hoor hoe dit gebeur het, en hoe dit in sy daaglikse lewe uitspeel.

Driesestig 20.02.2020

Carel Ballack vertel vir Martelize Brink wat met jou elektroniese toerusting gebeur tydens kragonderbrekings.

Driesestig 20.02.2020

Elmarie Samuel vertel vir Martelize Brink van die belangrikheid van inkomstebeskerming vir 'n tuisteskepper.

Driesestig 19.02.2020

Opvoedkundige sielkundige Jacques Viljoen vertel vir Johan Rademan van die belangrikheid om sagte vaardighede te ontwikkel om jou werk teen die toekoms te beskerm.

Driesestig 19.02.2020

Tarryn Tomlinson vertel vir Johan Rademan hoe sy Kilimandjaro in haar rolstoel gaan aandurf.

Driesestig 18.02.2020

Carin de Beer, 'n beligtingskonsultant van New York, vertel hoe sirkadiese beligting in 'n nuwe kantoorgebou gebruik word om mense se natuurlike ritmes te volg.

Driesestig 18.02.2020

Frankford en Cindy Williams is die eerste siggestremde paartjie wat onlangs tydens die massatroue op Robbeneiland getrou het. Frankford is sedert die die ouderdom van agt heeltemal blind, en Cindy beskik net oor 2% sig. Die paartjie is reeds 13 jaar saam nadat hulle by die Athlone Skool vir Blindes ontmoet het. Haidee Muller het tydens die paartjie se wittebrood by hulle gastehuis gaan inloer om m...

Driesestig 18.02.2020

Wêreld Biddag vir Vroue word elke jaar al langer as 130 jaar gehou. Vroue in Afrika beplan, werk en bid saam om 'n tema wat deur een van die lande se vroue geskep word. Jacqui January gesels met Rinel Hugo van die Suid-Afrikaanse komitee oor die dag.

Driesestig 17.02.2020

Dr. Linda Meyer vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe jy professioneel en met grasie kan bedank.

Driesestig 17.02.2020

Dr. Estie Swart gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die invloed wat chroniese siektes by jong vroue op swangerskap het.

Driesestig 17.02.2020

Christin Flynn gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor haar poging om die eerste vrou te word wat die vinnigste met 'n fiets om die wêreld te ry. PG Paradigm gesels saam oor die voorbereidings.

Driesestig 14.02.2020

Die oorlewing van die wildbedryf te midde van klimaatsverandering is in die kollig. Lizma van Zyl gesels met wildlewe-wetenskaplike Deon Furstenburg oor die noodsaaklikheid daarvan dat wildspesies van habitat moet kan verander om klimaatsverandering te kan oorleef. Soos Furstenburg verduidelik is dit egter makliker gesê as gedaan.

Driesestig 14.02.2020

Francois Viljoen en Phil Smerkovitz gesels met Johan Rademan oor termiese beelding, en hoe dit gebruik word om mense met die COVID-19 coronavirus op lughawens op te tel.

Driesestig 14.02.2020

Prof. Mariana Kruger gesels met Johan Rademan oor Wêreld Kinderkankerdag.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.