RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Driesestig 12.03.2020

Elke jaar op 14 Maart word Wêreld Kwiltdag gevier. Hierdie eeuoue vorm van naaldwerk het begin uit nood, en is vandag een van die grootste stokperdjies wêreldwyd. Jacqui January het met die Kwiltkoningin Maretha Fourie van die Witwatersrand se Kwiltgilde gesels.

Driesestig 11.03.2020

Dr. Trudy Jansen gesels met Johan Rademan oor biomimiek, en hoe die wetenskap by plante en diere leer.

Driesestig 11.03.2020

Bradley Bailey gesels met Johan Rademan oor sy rol as welstandkampioen, en die werk wat op grondvlak gedoen word.

Driesestig 11.03.2020

Haidee Muller gesels met Jan Odendaal wat gebore is op die sitrusplaas Tweeling in Kirkwood in die Sondagsriviervallei. Hy het agt jaar langs die Breerivier in Bonnievale gewoon, en toe verhuis na Oudtshoorn waar sy pa skoolhoof was. Hy gesels oor die rol van riviere in sy lewe, hoekom hy bome plant, en sy geliefde Lemon Tree-projek. In sommige kringe staan hy bekend as Jan Boom.

Driesestig 10.03.2020

Marinebioloog en koraalspesialis Krish Lewis vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van koraalaanplantings wat deesdae 'n vakansie-aktiwiteit is.

Driesestig 10.03.2020

Arthur Underhay, Anton Botha en Morne Visser vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die SA Junior Toutrekkampioenskap. Met 308 spanne is dit die grootste toutrekbyeenkoms ter wêreld.

Driesestig 10.03.2020

Jacqui January hoor by 'n dokter hoe medici die Coronavirushisterie ervaar, en hoe mens dit moet hanteer.

Driesestig 09.03.2020

Hoe gemaak as jy werkloos is en in 'n shack bly, jou ouers vroeg verloor het, 'n diep draai in 'n skadelike lewensstyl gemaak het, en die lewe hard is? Jy hardloop. Wedloop na wedloop. Doen werkies hier en daar vir 'n inskrywingsfooi. Só klop Donovan op 'n dag aan Chris Spies se deur en sê hy wil die Comrades hardloop. Om 'n lang storie kort te maak: Donovan (37 jaar oud) voltooi sy eerste Comrade...

Driesestig 09.03.2020

Dieetkundige en oefeningfisioloog Gabriel Eksteen gesels met Johan Rademan en Martelize Brink aan die begin van soutbewusmakingsweek.

Driesestig 09.03.2020

Cobus Theron vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy ervaring toe die Suid-Afrikaanse avontuurfietsryspan die BMW GS Trofee in Nieu-Seeland verower het.

Driesestig 06.03.2020

Hierdie is die storie van die Van den Heever-egpaar wat 38 jaar gelede hulle eerste Volkskwagen-kewer gekoop, en toe versamelkoors gekry het. Mariska Spoormaker het by hulle op Uitenhage gana kuier, en op 'n agterjaart vol kombi's, kewers en 'n paar Karmann Ghias afgekom. Chris van den Heever vertel hoe hy en sy vrou, Sanita, dit reggekry het.

Driesestig 06.03.2020

Die onmiddellike droogteprobleme in Suid-Afrika wat dringende aandag verg, is die wat die land se boere raak, nie die wat munisipale watervoorsiening beïnvloed nie. So sê 'n wêreldkenner op die gebied van waterbestuur en -beplanning, prof. Mike Muller. Lizma van Zyl, gesels met prof. Muller oor die noodsaaklikheid van veel beter waterbeplanning en -bestuur in Suid-Afrika.

Driesestig 05.03.2020

Hermien van der Merwe vertel vir Johan Rademan hoe jy te werk gaan om linokuns te maak.

Driesestig 05.03.2020

Carina Bruwer vertel vir Johan Rademan van haar ervaring toe sy die eerste vrou geword het wat oor Nelson Mandelabaai in Port Elizabeth geswem het.

Driesestig 04.03.2020

Shannon Smit vertel vir Martelize Brink van die 1,000 km fietsrit van Port Elizabeth af Kaapstad toe ten bate van Operation Smile.

Driesestig 04.03.2020

Haidee Muller kuier by Suzie Mathys, alombekend as Antie Suzie in die Kuilsrivier-gemeenskap. Hierdie oud-onderwyser het onlangs 'n prys ontvang vir die bevordering van entrepreneurskap, nadat sy in haar sestigs besluit het om haar eie besigheid te begin. Haidee gesels met haar oor die prys, haar plattelandse grootworddae as een van nege kinders, en oor haar ma wat 94 jaar oud is en steeds streng...

Driesestig 03.03.2020

Adine Gericke vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die gebruik van antimikrobiese tekstiel in die gesondheidsomgewing.

Driesestig 03.03.2020

Wian van den Berg vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die muurpanele wat in Soutrivier aangebring is tydens 'n internasionale kunstefees.

Driesestig 03.03.2020

Marnus Kruger en Rachel Smal vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die 161 gratis Wifi-punte wat hulle in Kaapstad aangebring het, wat eenmiljoen mense bedien.

Driesestig 02.03.2020

Elsa van Huyssteen was 21 jaar oud toe sy by 'n kinderhuis begin werk het. Oor die jare was sy betrokke by ses kinderhuise tot by haar aftrede op 75 in 2019. Die afgelope 15 jaar was sy direkteur van die Cape Town Multi Service Centre in Soutrivier, 'n kinderhuis vir seuns. Sy vertel vir Haidee Muller hoekom sy altyd 'n hart sal hê vir 'n straatkind.

Driesestig 02.03.2020

Martelize Brink gaan op 'n tuintoer saam met botanis Ernst van Jaarsveld van Babylonstoren om eetbare vetplante in hulle tuine te verken.

Driesestig 28.02.2020

Lelanie van der Merwe gesels met Johan Rademan oor haar seun se skaars siekte. Op die vooraand van Skaarssiektedag vertel Nina Vorster en dr. Careni Spencer van die voorkoms van hierdie siektes en die ondersteuning wat beskikbaar is.

Driesestig 28.02.2020

Die Wêreldnatuurfonds bestempel klimaatsverandering as een van die grootste bedreigings vir die wêreld, en as 'n reuse maatskaplike en ekonomiese kwessie. Lizma van Zyl gesels met die bestuurshoof van WWF Suid-Afrika, dr. Morne du Plessis, oor die organisasie se inisiatiewe, en die toekomsprentjie vir Suider-Afrika.

Driesestig 28.02.2020

Llewellyn Barnes het van 'n baie jong ouderdom af met die harde kant van die lewe te doen gekry. Hy was 10 jaar oud toe sy pa sterf, sy ma - 'n huishulp - het gesukkel om hom, sy broer en susters op haar eie groot te maak. Hy het hom later tussen 'n groep hawelose mense op Zwartkops bevind, en dit is waar sy liefde vir gholf opgevlam het. Hy het vir professionele spelers begin sak dra, en verlede...

Driesestig 27.02.2020

Dr. Martine Jordaan is 'n akwa-wetenskaplike verbonde aan Cape Nature in Jonkershoek. Sy strewe altyd na die perfekte balans tussen die landboubedryf en bewaring, en moedig die samewerking tussen die verskeie sektore aan. Dr. Jordaan is ook een van die deelnemrs in Carlos van die Rooiberg, 'n dokumentere program oor 'n Afrikaansprekende Portugees wat die aarde omgedolf het in Afrika opsoek na diam...

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.