RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Driesestig 25.03.2020 6:30
Mike Taylor woon die afgelope 2 jaar in sy kar. Haidee Muller het hom toevallig raakgeloop in 'n parkeerterrein op Klapmuts. Hy vertel vir haar hoe hy oorleef.
Driesestig 25.03.2020 6:49
Lara Hatting vertel vir Johan Rademan van die Suid-Afrikaanse Filmmakersfonds wat bystand bied aan vryskutkunstenaars in hierdie beproewende tyd.
Driesestig 24.03.2020 7:14
Pierre Hansen vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe belangrik dit is om messe te slyp, en hoe die proses werk.
Driesestig 24.03.2020 11:29
Dieetkundige Irene Labuschagne vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van aanvullings wat help om jou immuniteit te verbeter.
Driesestig 24.03.2020 6:37
Baie mense het 'n inkopiesak of twee vol ou of ongebruikte klere en beddegoed in die huis. Tweedehandse klere maak 'n groot verskil in die lewe van werklose en gestremde mense, indien dit ingesamel en as 'n besigheid hanteer word. Jacqui January gesels met Jesse Naidoo en Tammy Greyling van die nie-winsgewende organisasie, Clothes to Good, wat ondermeer vroue met gestremde kinders help om hul eie...
Driesestig 23.03.2020 8:17
Die Sterkfontein-grotte aan die Gautengse Wes-Rand staan bekend as die wieg van die Mensdom, en is 'n Wêrelderfenisgebied. Nou lyk dit egter asof Algoabaai die Wieg van Lewe genoem kan word nadat lewende stromatoliete, die bakterië wat lewe op aarde moontlik gemaak het, langs die kuslyn gevind is. Ronelle Friend, 'n omgewingswetenskaplike, het Mariska Spoormaker na die stromatoliete geneem.
Driesestig 23.03.2020 9:16
Charl Ueckerman vertel vir Johan Rademan watter kubersekuriteit in plek moet wees om werknemers van die huis af te laat werk.
Driesestig 20.03.2020 4:56
Johan Rademan lees Ilse Du Plooy se brief uit Shanghai voor, wat haar Covid-19 ervaring en aanpassings in die daaglikse lewe deel.
Driesestig 20.03.2020 9:39
Georgia McTaggart, Reandra Maree en Ursula Murtz vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe Help Up te werk gaan om riviere en informele woongebiede skoon te maak met vrywillgers en werklose mense, wat namens jou in ruil vir jou skenking dit doen.
Driesestig 20.03.2020 10:11
Die 13-jarige Abriella Bredell vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe sy vanoggend die jongste meisie nog geword het om om Robbeneiland te swem. Terselfdertyd het haar 11-jarige suster Issataya van Kaappunt tot Valsbaai geswem om nog 'n rekord op te stel.
Driesestig 20.03.2020 8:17
Lizma van Zyl gesels in die eerste van twee programme met prof. Francois Engelbrecht, 'n lid van die Verengide Nasies se Interregeringspaneel vir Klimaatsverandering, oor die afgelope jaar se welslae en mislukkings, wat betref die beperking van kweekhuisgasvrystellings.
Driesestig 19.03.2020 6:31
Die veearts dr. Ingrid de Wet vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die situasie met troeteldiere en Covid 19.
Driesestig 19.03.2020 15:39
Elsabe Brits vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die rol van wetenskapjoernaliste tydens iets soos die Coronavirus situasie.
Driesestig 18.03.2020 7:59
Louise Schoonwinkel vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink oor die belangrikheid van leerroetine vir skoolgaande kinders en aanlyn-hulp in die dae van tuis bly.
Driesestig 18.03.2020 6:18
Minister Anroux Marais vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die uitgebreide dienste wat biblioteke deesdae aanbied.
Driesestig 18.03.2020 9:33
Chris Spies kom uit Cradock se wêreld, en het op Oudtshoorn grootgeword. Hy was predikant in Burgersdorp in die jare tagtig. Hy noem dit sy eintlike universiteit. Tien jaar lank het hy daar probeer brûe bou tussen gemeenskappe, maar het gou besef dis nie altyd so maklik nie. Later word hy die streekorganiseerder van die Wes-Kaapse Vredeskomitee van 1992 tot 1994. Hy vertel vir Haidee Muller van da...
Driesestig 17.03.2020 7:12
Nico Bezuidenhout vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die lugreëling in vliegtuie.
Driesestig 17.03.2020 6:12
Lynette Barnes vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die propolis wat bye maak.
Driesestig 17.03.2020 5:57
Jacqui January gesels met Teo Taljaardt van 'n wildsplaas naby Brits in Noordwes. Hy vertel van sy werk, en hoe dit hom noop om sy houding te verander en sy kennis uit te brei - van skottelgoedwas tot om meer te leer van die klipperige rante, die plantegroei en die diere. Hulle sit op Teo se bakkie waar hy van die zebras vertel.
Driesestig 16.03.2020 8:54
Die damvlakke is kritiek laag in Nelson Mandelabaai, maar steeds moet verbruikers gemaan word om water te bespaar. In Port Elizabeth kry jy egter die 66-jarige Barbara Nixon wat op praktiese wyse sorg dat haar huishouding van drie mense skaars vier kiloliter water per maand gebruik. Sy het aan Mariska Spoormaker verduidelik hoe hulle dit regkry.
Driesestig 16.03.2020 9:25
Clifford Retief vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die rol van sout in dierevoeding.
Driesestig 16.03.2020 14:17
Dr. Etienne van der Walt vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die reuksintuig se skakel met geheue.
Driesestig 13.03.2020 11:47
Hein Wagner vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van 'n nuwe akademie wat op die been gebring is as opleidingsfasiliteit vir siggestremdes.
Driesestig 13.03.2020 8:21
'n Bekende en hoogsgerespekteerde wetenskapskrywer en -joernalis met 'n belangstelling in klimaatsverandering het wenkbroue laat lig en 'n debat ontlok ná haar ontboeseming oor haar ineenstorting. Lizma van Zyl gesels met Leonie Joubert oor haar wanhoop weens die gevolge van klimaatsverandering, en haar dapper reis sedertdien.
Driesestig 12.03.2020 7:32
Marcelle du Plessis vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Paws on the Promanade-hondeloop ten bate van die Mdzananda Dierekliniek in Khayelitsha.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.