RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Driesestig 06.04.2020

Alan Fourie vertel vir Sue Pyler waar cheddarkaas vandaan kom.

Driesestig 06.04.2020

Dieetkundige Irene Labuschagne verduidelik vir Sue Pyler wat probiotika se rol in immuniteit is.

Driesestig 06.04.2020

Kevin van Niekerk vertel vir Sue Pyler hoe hy koffievlekkuns beoefen.

Driesestig 03.04.2020

Elzaan Smith vertel vir Sue Pyler hoe sy haar linnefabriek in 'n gesigmaskerfabriek omskep het.

Driesestig 03.04.2020

As daar nou een gemeenskapsprojek is wat nie deur die Covid19-inperking gesneuwel sal word nie, dan is dit Uitenhage se Mulla-projek waar nagenoeg 290 weerlose kinders herwinbare rommel kan ruil vir onder meer kos en klere. Quinette Goosen, afgetrede onderwyser en voorsitter van die projek, het aan Mariska Spoormaker gesê hulle is nou baie bekommerd oor die kinders.

Driesestig 03.04.2020

Ná twee jaar waarin Die Kwik Styg op klimaatsverandering gefokus het, is dit tyd om te groet. Lizma van Zyl gesels in die laaste program met dr. Ilse Trautmann van die Wes-Kaapse Department van Landbou, wie se breinkind die reeks was. Hulle bespreek die uitdagings wat deur die uiteenlopende groep kundiges oor die afgelope twee jaar uitgelig is, asook die pad vorentoe.

Driesestig 02.04.2020

Michelle Holtzhausen vertel vir Sue Pyler van die waarde van kreatiwiteit, en die Creative Hobbies Hub wat daagliks 'n gratis aanlyn kunsvlytwerkswinkel aanbied.

Driesestig 02.04.2020

Dr. Jan Botha praat met Martelize Brink oor die uitdaging om midde in die Coronaviruskrisis hoop te skep. Hulle kyk na drie fokusareas - leer, afleer en spesiaal herleer.

Driesestig 02.04.2020

Hierdie storie gaan nou oor 'n vrou van Despatch wat verlede jaar begin het om feitlik haar hele tuin in 'n groentetuin te omskep. Haar naam is Maro Swanepoel, en haar grootste beweegrede vir die reuse groentetuin was om deur 'n persoonlike krisis te werk. En net toe Maro 'n groot oes van haar dorpserf gehaal het, is die Covid-19 staat van inperking aangekondig. Mariska Spoormaker wou by haar weet...

Driesestig 01.04.2020

Maritza Muller vertel vir Sue Pyler hoe mense met demensie, en die mense wat na hulle omsien, die Covid-19 aanslag behoort te hanteer.

Driesestig 01.04.2020

Maryke Musson van die Twee Oseane Akwarium bring ons op hoogte oor ons verkenner, Yoshi die seeskilpad.

Driesestig 01.04.2020

Dieetkundige Irene Labuschagne gesels met Martelize Brink oor die rol van vitamiene C en D in immuniteit.

Driesestig 31.03.2020

Arbeidsterapeut Cecile Niewoudt vertel vir Sue Pyler van die belangrikheid van stimulasie vir klein kindertjies weg van die kleuterskool.

Driesestig 31.03.2020

Imago kliniese terapeut Pieter le Roux vertel vir Sue Pyler hoe mens engtevrees tydens isolasie kan hanteer.

Driesestig 31.03.2020

Biokinetikus Marius Conellisen gesels met Martelize Brink oor geskikte oefeninge wat in 'n klein spasie by die huis gedoen kan word.

Driesestig 30.03.2020

Prokureur Nadine Blom gesels met Sue Pyler oor femicide en geslagsgebaseerde geweld. Sy gee raad oor wat slagoffers te doen staan, veral tydens die inperkingstyd.

Driesestig 30.03.2020

Bennie Roux vertel vir Sue Pyler hoe hy die naweek 'n marathon om sy huis gehardloop het. Hy doen gewoonlik langafstandwedlope van 400 km.

Driesestig 30.03.2020

Clinton Nolan gesels met Sue Pyler oor sy skuif van polisieman na maatskaplike werker, en vertel van die uitdagings van hierdie beroep.

Driesestig 30.03.2020

Martelize Brink praat by Maryke Musson van die Twee Oseane Akwarium in Kaapstad oor hulle aanlynkursusse vir kinders.

Driesestig 27.03.2020

Peter Haarhoff vertel vir Johan Rademan van die voordele daaraan verbonde om kinders fotografie te leer.

Driesestig 27.03.2020

Lizma van Zyl sit haar gesprek voort met een van die wêreld se voorste kenners van klimaatsverandering. Prof. Francois Engelbrecht van Wits is onder meer lid van die Verenigde Nasies Interregeringspaneel vir Klimaatsverandering. Hy lig die grootste uitdagings uit, en bespreek ook die teenvoeters.

Driesestig 26.03.2020

Ruan Venter vertel vir Martelize Brink hoe 'n mens effektief van die huis af kan werk.

Driesestig 26.03.2020

Dr. Willie Visser vertel vir Martelize Brink van die impak wat gedurige handewas en handreiniger op jou vel het, en wat jy daaraan kan doen.

Driesestig 26.03.2020

Prof. Erwin Schwella gesels met Martelize Brink oor verantwoordelike burgerskap, en 'n gratis aanlynkursus daaroor.

Driesestig 25.03.2020

Apteker Philip Jordaan vertel vir Johan Rademan van Kgubetswana, 'n gemeenskapsapteek in die Clarens-omgewing wat vanuit 'n omboude skeepshouer bedryf word.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.