RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Driesestig 21.04.2020 7:39
In Richmond Hill, een van Port Elizabeth se mees digbewoonde voorstede, woon daar 'n vrou wat al 17 jaar lank African Grey-papegaaie rehabiliteer. Haar naam is Monique Maritz, en net soos ander mense met hulle honde gaan stap, stap sy met haar papegaaie. Die enigste verskil is dat sy op die grond is, en hulle in die lug bo haar kop. Mariska Spoormaker wou by haar weet hoe die storie werk.
Driesestig 20.04.2020 6:50
Biokinetikus Marius Cornelissen praat oor ergonomika vir 'n tuiskantoor. Hoe voorkom jy rug- en skouerbeserings en chroniese pyn?
Driesestig 20.04.2020 7:22
Prof. Ben-Erik van Wyk van die Universiteit van Johannesburg praat oor die strategiese belangrikheid van stedelike landbou.
Driesestig 20.04.2020 10:13
Is jy lief vir Afrikaanse letterkunde, of wil jy dalk een van jou gunstelingskrywers se letterkunde-werklihede beleef? Hoe het Ingrid Jonker of Antjie Krog of Ernst van Heerden of DJ Opperman se persoonlike boekversamelings gelyk. Wat het hulle gelees en wie het hulle geprikkel in hulle eie kreatiewe bestaan? Die ironie is dat jy jou dalk na meer informele bronne in Suid-Afrika of selfs na die bui...
Driesestig 20.04.2020 10:13
Is jy lief vir Afrikaanse letterkunde, of wil jy dalk een van jou gunstelingskrywers se letterkunde-werklihede beleef? Hoe het Ingrid Jonker of Antjie Krog of Ernst van Heerden of DJ Opperman se persoonlike boekversamelings gelyk. Wat het hulle gelees en wie het hulle geprikkel in hulle eie kreatiewe bestaan? Die ironie is dat jy jou dalk na meer informele bronne in Suid-Afrika of selfs na die bui...
Driesestig 17.04.2020 17:06
Wanneer Johnny Koen oor fietsry praat, slaan sy geesdrif vir hierdie sportdissiplinne onmiddelik deur. Hy het baie lewenslesse in die saal geleer, en deel van die hoogtepunte in sy fietsry-era met Johan Rademan.
Driesestig 16.04.2020 10:32
Die Britse renjaer, sir Stirling Moss, is onlangs oorlede. Hy was 90 jaar oud. Hy is in 1929 gebore, en is wêreldwyd gerespekteer vir sy vaardighede agter die wiel in vele dissiplines van die motorsportbedryf. In 1962, ná 'n groot ongeluk, het hy die motorsportwêreld as jaer vaarwel gewuif, maar hy het daarna tot in 2018 aktief betrokke gebly by die sport en ook op vele ander terreine. Johan Radem...
Driesestig 16.04.2020 10:03
Het jy al ooit daarvan gedroom om jou eie kaas te maak? Jy benodig dalk 'n krummelkaas vir een van jou geregte by die huis, maar wil nie winkel toe gaan nie? Martelize Brink gesels met Leon die Melkman om te hoor watter kaasprojekte jy by die huis kan aanpak.
Driesestig 16.04.2020 7:32
Een genade van die huidige staat van inperking, is dat minder Karoo-skilpaaie doodgery of opgetel en weggery word, sê Pepi van der Merwe, eienaar van die gasteplaas Keurfontein naby die Karoodorpie Willowmore. Pepi het aan Mariska Spoormaker gesê die amper tjoepstil N9 maak dat hy nie meer so verskriklik asem moet inhou vir die skillies se veiligheid nie.
Driesestig 15.04.2020 10:49
Dr. Linda Meyer gesels met Sue Pyler oor die waarde van kragdrag (power dressing).
Driesestig 15.04.2020 9:42
Veearts dr. Ingrid de Wet gesels met Sue Pyler oor wintersiektes by troeteldiere.
Driesestig 15.04.2020 12:02
Coenie Middel praat met Sue Pyler oor die werk van 'n internasionale multi-dissiplinêre groep wat strategiese planne teen die Covid-19 pandemie ontwikkel.
Driesestig 14.04.2020 7:44
Corrie Muller vertel vir Sue Pyler van die was waarmee sitrusvrugte behandel word.
Driesestig 14.04.2020 8:26
Hoe kan kreatiwiteit toegepas word om ons “nuwe” wereld te benader en die VN se volhoubaarheidsdoelwitte te bereik. Hoe kan jy deel word van Wêreld Kreatiwiteit- en Innovasiedag op 21 April?
Driesestig 14.04.2020 5:21
Verskeie projekte landwyd fokus op burgerlike opheffing in verskillende gemeenskappe. Martelize Brink kyk na die Stellenbosch Civil Advocacy Netwerk se rol in die gemeenskap, en die gesinne wat deur 'n kospakkieverspreidingsprogram gehelp word.
Driesestig 13.04.2020 7:45
Huiskok Errieda du Toit gesels met Sue Pyler oor bak as gesinsaktiwiteit, en deel 'n resep of twee wat veilig is om saam met die kinders aan te pak.
Driesestig 13.04.2020 5:33
Arlene Mulder gesels met Sue Pyler oor Ubuntu Beds wat die gasvryheidsbedryf se leë beddens werf om vir oorwerkte mediese personeel aan te bied.
Driesestig 12.04.2020 16:21
Kort na die Tweede Wêreldoorlog in 1949, voor televisie en selfone, het Pieter de Waal met sy koffiehuiskonserte, wat op die radio uitgesaai is, baie gedoen om die moreel van die mense te lig. In hierdie isolasietydperk in Suid-Afrika speel humor weer 'n groot rol, en is daar aansienlik meer kanale en middele tot ons beskikking om ons self besig te hou en te vermaak, maar RSG bly een van die staat...
Driesestig 09.04.2020 9:03
Marlene le Roux vertel vir Sue Pyler van gestremde persone se stryd tydens die grendeltyd.
Driesestig 09.04.2020 9:25
Multidisiplinêre kunstenaar Veronika Olivier vertel vir Sue Pyler van haar kunsvlyt wat internasionale erkenning kry.
Driesestig 09.04.2020 11:22
Martelize Brink gesels af en toe met die TV-persoonlikheid Mari-Louis Guy om meer te leer van die kultuur en leefstyl in Montenegro, waar sy woon. Martelize wou nou by haar weet hoe hulle die inperking daar ervaar.
Driesestig 08.04.2020 9:12
Sedrico Husselman het hier in die kunste gewerk. Toe besluit hy dat sy lewe 'n nuwe rigting moet inslaan, en toe gaan hou hy skool in China. Sedert Januarie sit hy vasgekeer in sy blyplek. Hy vertel van wat hy in China geleer het, en vertel vir Haidee Muller van die wonder van tegnologie.
Driesestig 08.04.2020 7:35
Dieetkundige Retha Harmse gesels met Sue Pyler oor gebalanseerd eet en hoe om kos te koop en voor te berei.
Driesestig 08.04.2020 9:30
Helmut Meijer vertel vir Sue Pyler hoe 8D-tegnologie werk wat deesdae in klankopnames gebruik word.
Driesestig 07.04.2020 14:38
Advokaat John Welch praat met Sue Pyler van die amnestie om ongelisensiëerde vuurwapens in te handig.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.