RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Stel jou CV reg op 04.05.2020 18:31
Gail de Waal Basson vertel vir Sue Pyler hoe jy 'n CV moet opstel.
Kursus in moedige gesprekke 04.05.2020 9:12
Jolette le Roux vertel vir Sue Pyler van 'n kursus in moedige gesprekke.
Witsand se hengelaars laat dinge gebeur op Whatsapp 04.05.2020 6:31
Haidee Muller gesels met Wihan Wegewarth van Witsand oor die Whatsapp-groepe wat hy en van die ander hengelaars daar begin het. Dis nie 'n sommer-so groepie nie. Hulle sorg dat dinge in die klein dorpie gebeur!
Join Bands not Gangs 01.05.2020 8:46
Karien de Waal vertel vir Sue Pyler hoe jong mense op die Kaapse Vlakte uit die moeilikheid gehou word met musiekinstrumente.
Agri's Got Talent 01.05.2020 7:02
Magdalene Philander vertel vir Sue Pyler van haar ervaring in die Agri's Got Talent-sangkompetisie vir landbouwerkers.
Rommel 30.04.2020 11:29
Anton Hanekom vertel vir Sue Pyler hoe om rommel in en om ons omgewing te bestuur.
Hermanus se nuwe universiteit 30.04.2020 20:41
Een van die belangrikste oplossings vir baie van die landsprobleme is onderwys. Martelize Brink praat met die mense wat betrokke is by 'n nuwe tersiëre onderwysinstelling vir die groter Overstrand-gebied, die Hermanus Varsity.
Driesestig 29.04.2020 18:56
Johan Rademan praat 'n ingenieur, Helgard Ackerman, oor vlambare en nie-vlambare gasse en die noodsaaklikheid daarvan vir menslike bestaan. Hulle kyk ook na atmosferiese manipulering met die oog op brandvoorkoming.
Driesestig 29.04.2020 11:15
Wat maak 'n pa as sy seun op 30-jarige ouderdom skielik vir hom sê hy wil 'n vrou word? Hoe hanteer hy die situasie, en hoe keer hy dat hy nie sy kind verstoot in die proses nie? Haidee Muller het met Chris van der Westhuizen gepraat oor hoe hy die situasie hanteer het toe sy uitblinkerseun besluit dat hy 'n vrou wil word. Hoor oor hoe 'n pa openhartig oor hierdie ervaring gesels.
Driesestig 28.04.2020 15:11
Dr. Wallace Vosloo verduidelik vir Sue Pyler wat statiese elektrisiteit is, en hoe dit in die praktyk gebruik word.
Driesestig 28.04.2020 12:26
Vrugteboomkenner Anton Roux van Babylonstoren vertel vir Sue Pyler hoe om vrugtebome te snoei.
Driesestig 28.04.2020 5:46
'n Toepassing is onlangs bekend gestel om kinders te help lees. Die toepassing gee jou die geleentheid om in enige van Suid-Afrika se landstale te leer lees. Martelize vind meer uit oor Feed The Monster.
Driesestig 27.04.2020 18:04
Gail de Waal Basson vertel vir Sue Pyler hoe om jouself voor te berei om 'n CV op te stel.
Driesestig 27.04.2020 10:04
As jy sleg voel oor jou Covid-19 inperking, dink net hoe voel die verlate hond in 'n welsynshok. Die goeie nuus is dat daar baie hondeliefhebbers in Port Elizabeth is wat in hierdie grendeltyd gereeld gaan stap met die ingehokte honde. Mariska Spoormaker het met Craig Mostert, een van hierdie hondelopers, gesels.
Driesestig 27.04.2020 10:06
As jy sleg voel oor jou Covid-19 inperking, dink net hoe voel die verlate hond in 'n welsynshok. Die goeie nuus is dat daar baie hondeliefhebbers in Port Elizabeth is wat in hierdie grendeltyd gereeld gaan stap met die ingehokte honde. Mariska Spoormaker het met Craig Mostert, een van hierdie hondelopers, gesels.
Driesestig 24.04.2020 11:35
Hoe snoesig kan jy hierdie winter word? Martelize Brink gesels met 'n entrepreneur wat ná haar ervaring as 'n au pair, besef het watter waarde skaapvel as materiaal inhou. Vandag is haar pantoffels 'n gewilde item.
Driesestig 24.04.2020 6:32
Martelize Brink gesels met Jeanneret Momberg, bestuurshoof van Visit Stellenbosch en koördineer van Stellenbosch Unite, 'n noodvoedselvoorsieningsaksie, oor hoe hulle die noodprojek van stapel laat loop het. Jeanneret het ook raad vir soortgelyke projekte in die land.
Driesestig 23.04.2020 16:14
Suster Olivia Pharo vertel vir Sue Pyler van haar die betaal-wat-jy-kan-kliniek wat sy in Atlantis bedryf.
Driesestig 23.04.2020 13:19
Ernst Retief van Birdlife SA vertel vir Sue Pyler hoe jy voëls na tuin kan lok.
Driesestig 23.04.2020 7:04
Hoekom is dit belangrik vir 'n besigheid om te weet wat sy reputasie in die gemeenkap en by klante is? Reputation Matters het vir 'n derde jaar in 'n ry goud by die SABRE toekennings vir uitnemendheid in innovasie verower vir hulle navorsing oor 'n innovasiekonferensie. Martelize Brink wou weet hoe die navorsing werk, en hoe die bevindings besighede kan help.
Driesestig 22.04.2020 8:04
Arbeidsterapeut Marianne Kotze vertel vir Sue Pyler hoe jy kleuters se frustrasie tydens ingehokte omstandighede hanteer.
Driesestig 22.04.2020 9:27
Haidee Muller hoor by Jan Odendaal van 'n omgewing- en gesondheidsopvoedingsprogram waar gesinne leer om saam op interessante maniere hulle eie groentetuine te begin.
Driesestig 22.04.2020 3:26
Grant Smee gesels met Martelize Brink oor deeltitelkomplekse en die reg, veral met reëlings in die grendeltyd.
Driesestig 21.04.2020 7:31
Dr. Ida Wilson gesels met Sue Pyler oor plantsiektes, en hoe ons tot gesonder plante in die omgewing kan bydra.
Driesestig 21.04.2020 15:17
Hannelie Venucia gesels met Sue Pyler oor kreatiewe leierskap.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.