RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Yul Brynner - Deel 1 19.05.2020

Herman Binge, die bekroonde vervaardiger en regisseur van o.a. Verskroeide Aarde, kuier vandeesweek saam met Johan Rademan in die driesestig-ateljee, en deel sy intieme ervarings in 1979, toe hy as teaterlyfwag van Yul Brynner in die Palladiumteater in Londen se Weseinde vir vier maande was. Brynner is bekroon as Oscarwenner in 1956 vir beste akteur in die rolprent, The King and I, gebasseer op di...

Goud 18.05.2020

Dr. Petre Prins vertel vir Sue Pyler waarom goud nou, en oor eeue heen, so gewild is.

Hoe om 'n salarisonderhandeling te benader 18.05.2020

Gail de Waal Basson vertel vir Sue Pyler hoe jy salarisonderhandelings moet benader doen.

Yul Brynner - Deel 1 18.05.2020

Martelize Brink gesels met Yolandi Schoeman, 'n ekologiese ingenieur van Baoberry Sentrum vir Innovasie. Sy vind meer uit oor die verskillende studievelde en die innovasie wat bydra tot 'n meer omgewingsvriendelike Suid-Afrika.

Craft and Design Institute 15.05.2020

Howard Gabriels vertel vir Sue Pyler van die ondersteuning wat beskikbaar is vir die kunsvlytbedryf by die Craft and Design Institute.

Kleure in die natuur 15.05.2020

Johan Rademan gesels met Maryke Musson, bestuurshoof van die Twee Oseane Akwarium in Kaapstad se Opvoedkunde Stigting. Kleurverskynsels in die natuur is volop. Dikwels het dit met voeding te make, soms die habitat of gene. Albinisme, leukisme en isabellisme is verwysings daarna.

Wat is ekologiesmart? 14.05.2020

In hierdie tyd van pandemie en inperking het 'n interessante verskynsel vorendag gekom - mense wat oorweldig word deur n gevoel van magteloosheid om die natuur óf te beskerm óf te help heel. Sommige mense beskryf die gevoel as ekologiesmart of ekologierou. Mariska Spoormaker het aan Hanna Kotze, 'n kliniese maatskaplike werker en traumaberader van Port Elizabeth, gevra of daar regtig só iets besta...

Verhoudings oor 'n afstand 14.05.2020

Martelize Brink gesels met kliniese sielkundige Stefan Blom oor hoe paartjies lang periodes van afstand moet hanteer.

Berné de Beer 13.05.2020

Berne de Beer vertel vir Sue Pyler wat die werk van 'n TV-vervaardiger behels.

Impak van Covid-19 op kos- en restaurantbedryf 13.05.2020

Ons interaksie met die kosbedryf, hoe ons dit koop, kook, eet of bestel het baie verander weens Covid-19. Martelize Brink gesels met 'n kenner van die kos- en restaurantbedryf, wat 'n verslag bekendgestel het oor ons interaksie met die bedryf in die toekoms, en hoe kreatiwiteit ingespan sal word.

MeerKAT kyk na x-vormige sterrestelsels 12.05.2020

Die MeerKAT-teleskoop is ingespan om 'n vraagstuk oor x-vormige sterrestelsels te beantwoord. Martelize Brink het by Willie Koorts van die Nasionale Sterrewag gaan aanklop om te hoor wat sterrekundiges hieroor uitgvind het, die waarde van die vraagstuk en die verskillende vorms wat sterrestelsels aanneem.

Droëvrugte 12.05.2020

Gedroogde vrugte kan van groot waarde vir jou gesondheid wees. Martelize Brink gesels met 'n dieetkundige oor hoe om droëvrugte in jou dieet in te werk.

Rudi Williams 12.05.2020

Rudi Williams vertel vir Sue Pyler van die proses om wild te vang en te skuif.

Wees só gereed vir 'n werksonderhoud 11.05.2020

Gail de Waal Basson vertel vir Sue Pyler hoe om 'n werksonderhoud aan te pak.

7de Laan en Covid-19 11.05.2020

Henry Mylne en Andre Lötter van 7de Laan gesels met Sue Pyler oor die aanpassings wat op die sepie se stel gemaak moes word om die Covid-19 regulasies toe te pas.

Fossielversameling 08.05.2020

'n Wêreldbekende privaatfossielversameling is in die besit van 'n inwoner van Kooiingnaas in die Noord-Kaap. Dudley Bruce Wessels was eers 'n beroepsfotograaf, daarna het hy vir die Kamer van Mynwese gewerk en was ook betrokke by die ontginning van diamante. Uit die diamantgruis het hy die fossiele op die siwwe en vervoerbande gesien en begin bewaar en beskerm. Franse paleontoloë het al kom navors...

Lindi Nolte 08.05.2020

Martelize Brink gesels met Lindi Nolte, 'n Suid-Afrikaner wat in Kanada groot geword het, maar steeds sterk wortels in Suid-Afrika het, soos jy kan hoor in hierdie uittreksel uit een van haar TEDx-optredes.

Massa-musiekopnames 07.05.2020

Helmut Meijer vertel vir Sue Pyler hoe massa-musiekopnames by die huis gemaak en verwerk word.

Boeke vir kinders met disleksie 07.05.2020

Willemien du Toit vertel vir Sue Pyler van haar stryd met disleksie, hoe sy by Oxford nagraads studeer het in die regte, en nou boeke skryf vir kinders met disleksie.

Versorg jou naels 07.05.2020

Martelize Brink gesels met Rene Otto van Nails by Rene oor die versorging van jou naels. Sy vind ook uit hoe om gel veilig van jou naels by die huis te verwyder, en gee 'n mengsel van bestanddele wat as naelbevogtiger en liggaamsroom kan dien.

Slange sssssseil Baaise huise binne 06.05.2020

“Help, daar is n slang in my huis!” word deesdae al hoe meer in Port Elizabeth en die omliggende woongebiede in Nelson Mandelabaai gehoor. Mariska Spoormaker wou by die stedelike kleinwildbewaarder Arnold Slabbert weet hoekom daar nou skielik soveel slange in die Baaise huise is.

Mosaïekkuns 06.05.2020

Honderdeduisende toeriste, kunstenaars, ontwerpers en argitekte het al die vroeg twintigste eeuse landkunstenaar, Antoni Gaudi, se stedelike mosaïek in Barcelona of die bekende Hundertwasserhuis in Oostenryk besoek, maar die kunsvorm is veel ouer. Mosaïekkuns strek oor verskeie geskiedkundige tydperke soos die Bisantynseryk, Ottomanryk, Griekse en Romeinse eras en het in die Renaissance-tydperk in...

Driesestig 05.05.2020

Brian Scott vertel vir Sue Pyler hoe mediese afval hanteer word.

Die ekologie van nasionale parke 05.05.2020

Dr. Hugo Bezuidenhout van SANParke vertel vir Sue Pyler van ekologiese patrone en prosesse in die land se nasionale parke.

Bellavistakool staan leerders by 05.05.2020

Arbeidsterapeut en onderwyser Annelize Clarke gesels met Martelize oor vroeë intervensie by leerders wat leerprobleme ervaar. Sy vertel ook van die Bellavistakool in Johannesburg wat vanjaar 50 jaar oud is, en die hulpbronsentrum, Bellavista SHARE, wat kinders bystaan wat sukkel met skoolwerk of emosionele ondersteuning nodig het.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.