RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Armand Hough 02.06.2020 10:47
Martelize Brink gesels met Armand Hough, 'n dokumentêre fotograaf, oor sy ervaring van oorloggeteisterde gebiede, natuurrampe, sy dekking van die Covid-19-krisis, en sy veldtog op Instragram, The Humans Narrative.
Nuwe gewoontes vat 21 dae... 01.06.2020 13:26
Dr. Linda Meyer vertel vir Sue Pyler hoe jy nuwe goeie gewoontes vorm.
Wêreld Melkdag 01.06.2020 18:13
Dieetkundige Maretha Vermaak vertel vir Sue Pyler van Wêreld Melkdag en die voedingswaarde van melk.
Meervoudige Sklerose 01.06.2020 8:36
Wêreld Meervoudige Sklerose-dag was op 30 Mei. Marese du Preez, 'n ma van twee jong kinders, is verlede jaar met MS gediagnoseer. Martelize Brink gesels met haar oor die skok, 'n akute aanval wat haar beweging geweldig ingeperk het, en 'n nuwe hulpmiddel wat haar in staat stel om steeds met haar kinders te kan speel.
Abduraghman Adams 29.05.2020 7:30
Abduraghman Adams gesels vertel vir Sue Pyler van sy rol as Eric in die SABC 2 drama, Melody.
Tekkie Taks 29.05.2020 8:40
Leillani Geduld gesels met Sue Pyler oor die Tekkie Taks datum wat geskuif het, en hoe CANSA beplan om vanjaar se inkomste uit die geleentheid aan te wend.
Hoe hanteer ek my troeteldiere se skeidingsangs na grendeltyd 28.05.2020 6:10
Veearts dr. Ingrid de Wet vertel vir Sue Pyler hoe jy troedeldiere se na-grendeltyd probleme aanspreek.
Au pairs 28.05.2020 18:27
Martelize Brink gesels met Lize Strydom van The Au Pair oor die bedryf, en hoe Suid-Afrikaanse au pairs die Covid-19-krisis hanteer. Sy loer in by drie au pairs wat in Holland gebasseer is.
Vrou met 'n passie vir Wiskunde 27.05.2020 20:07
Martelize Brink gesels met Charlotte Heyman oor haar romantiese filosofie en passie vir wiskunde. Sy loer ook in by Fortune Mbeu, 'n voormalige student van Charlotte, oor hoe haar wiskundeklasse hom gehelp het om toegang tot tersiêre onderwys te kry.
Om boete te betaal of nie... 27.05.2020 9:24
Johan Rademan gesels met 'n strafregspesialis, Adriaan Janse van Rensburg van Phatsoane Henney prokureurs. Strafregtelike vervolging en 'n misdaadrekord hang oor talle mense se koppe tydens die staat van nasionale inperking waarin ons tans verkeer. Reëls is reëls, en of jy daarmee saamstem of nie, jy kan aan die verkeerde kant van die reg, wetend of selfs onwetend, beland. Hoe moet jy dan optree e...
Tronke en Covid-19 26.05.2020 10:24
Freddie Engelbrecht vertel vir Sue Pyler hoe Korrektiewe Dienste in die Wes-Kaap die Covid-19-situasie hanteer.
Droëvrugte 26.05.2020 10:56
Martelize Brink gesels met Ferdie Botha van Raisins SA oor rosyntjieproduksie en met Handri Conradie van Dried Tree Fruit SA oor watter boomvrugte plaaslik verbou word.
Gemeenskapskas 25.05.2020 6:41
Lorenzo Davids vertel vir Sue Pyler van die Gemeenskapskas se bedrywighede.
Platinum 25.05.2020 13:39
Dr. Petre Prins vertel vir Sue Pyler wat platinum is, en die plek wat dit tans in die ekonomie het.
Afrikadag 25.05.2020 11:47
Barend le Grange vertel vir Sue Pyler van Afrikadag, en die ekonomiese rol van Afrika in die wêreld.
Kunstenaar se ‘Karoo-reise’ in die grendeltyd 22.05.2020 9:57
Met almal wat nou gehok is in die grendeltyd, is daar 'n Baaise skilder wat steeds lekker Karoo toe reis, al is dit deur foto's van haar skilderye wat al jare gelede verkoop is. Mariska Spoormaker wou by die 76-jarige Estelle Marais weet hoekom die Karoo so spesiaal is vir haar.
Yul Brynner - Deel 4 22.05.2020 16:15
Herman Binge, die bekroonde vervaardiger en regisseur van o.a. Verskroeide Aarde, kuier vandeesweek saam met Johan Rademan in die driesestig-ateljee, en deel sy intieme ervarings in 1979, toe hy as teaterlyfwag van Yul Brynner in die Palladiumteater in Londen se Weseinde vir vier maande was. Brynner is bekroon as Oscarwenner in 1956 vir beste akteur in die rolprent, The King and I, gebasseer op di...
Gerhard Trollip 21.05.2020 10:39
Haidee Muller se paaie het met Gerhard Trollip s'n gekruis toe sy die dokumentêre program, Blinde Kol, opgeneem het oor die blinde krieketspan op Worcester. Hy het haar uitgeboul met sy positiewe geaardheid en hoe hy die lewe aanpak as blinde. Sy het weer met hom gesels, en ons hoor meer oor sy rol as pa, sy werk by 'n groot handelsbank, en die spiersiekte wat nou die nuwe uitdaging in sy lewe gew...
Onderhandelingsvaardighede 21.05.2020 8:31
Onderhandelingsvaardighedespeel 'n belangrike rol in ons daaglikse interaksies. Martelize Brink gesels met Jolette le Roux van Khulisane Akademie oor die stappe van 'n onderhandelingsproses, en watter persoonlikheidstipe beter vaar as onderhandelaars.
Yul Brynner - Deel 3 21.05.2020 16:15
Herman Binge, die bekroonde vervaardiger en regisseur van o.a. Verskroeide Aarde, kuier vandeesweek saam met Johan Rademan in die driesestig-ateljee, en deel sy intieme ervarings in 1979, toe hy as teaterlyfwag van Yul Brynner in die Palladiumteater in Londen se Weseinde vir vier maande was. Brynner is bekroon as Oscarwenner in 1956 vir beste akteur in die rolprent, The King and I, gebasseer op di...
Yul Brynner - Deel 2 20.05.2020 10:03
Herman Binge, die bekroonde vervaardiger en regisseur van o.a. Verskroeide Aarde, kuier vandeesweek saam met Johan Rademan in die driesestig-ateljee, en deel sy intieme ervarings in 1979, toe hy as teaterlyfwag van Yul Brynner in die Palladiumteater in Londen se Weseinde vir vier maande was. Brynner is bekroon as Oscarwenner in 1956 vir beste akteur in die rolprent, The King and I, gebasseer op di...
Miagi-projek 20.05.2020 12:49
Robert Brooks, die bekroonde Suid-Afrikaanse bariton, is bekend vir sy werk op die verhoë van die wereld. Hy het as dankbaarheid teenoor sy land 20 jaar gelede 'n nie-winsgewende musiekkonsep aangepak, wat nou kulmineer in 'n spoguitstalgeleentheid vir jong musici van Suid-Afrika. Daarby word Suid-Afrika se Nobelvredespryswenner, oudpresident Nelson Mandela, ook betrek. 'n Opdragfilm van National...
Word 'n by-bestuiwer 20.05.2020 8:15
Martelize Brink gesels met 'n ekoloog van Candide, Tessa Lass, oor die rol van bye in die voedselketting, en vind meer uit oor die #PolliNationSA-veldtog waar Suid-Afrikaners gevra word om self 'n sogenaamde “bestuiwer” te word ter ondersteuning van hierdie belangrike deel van ons ekostelsel.
Suidelike Afrika se wilde katte 19.05.2020 9:20
Constant Hoogstad vertel vir Sue Pyler van die wilde katte in Suidelike Afrika, en interessante tonele wat hy al in die natuur waargeneem het.
Die toekoms van dieresorg 19.05.2020 5:59
Martelize Brink gesels met 'n veearts oor die veranderende dieresorgsektor, soos wat troeteldiere 'n groter deel van die huisgesin word.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.