RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Teken kontrakte aanlyn 16.06.2020 11:21
Prokureur Juanita van Zyl gesels met Sue Pyler oor die wettigheid van die aanlyn teken van dokumente.
Tutu Tygerklub 15.06.2020 6:46
Cornal Hendricks vertel vir Sue Pyler van die Tutu Tygerklub wat die fokus plaas op dienste aan kinders by die Tygerberg Hospitaal.
Span bied oplossings vir Covid-19-uitdagings 15.06.2020 10:16
Coenie Middel vertel vir Sue Pyler van die oplossings wat hulle internasionale span midde die Covid-19- uitdagings gevind het, en die sterkste idees wat gratis beskikbaar gestel is.
‘n Kitaar vir kwadrupleë 15.06.2020 10:45
Om sekere take te verrig, is vir kwadrupleë 'n groot uitdaging, en om kitaar te speel amper onmoontlik. Martelize Brink gesels met akteur Erik Holm oor 'n nuwe ontwerp wat dit vir hom as kwadrupleeg moontlik maak om uiteindelik weer kitaar te kan speel. Die ontwerp is volgens Erik 'n eerste in die wêreld.
Die geskiedenis van wynbottels 12.06.2020 12:47
Wat lees jy in 'n wynbottel se vorm? Wanneer jy nou weer amptelik in 'n “bottelstoor” instap in grendeltyd moet jy gerus oplet na die verskillende glasbottelsoorte wat daar is. Sekere vorms is vir sekere kultivars ontwerp. Die bottle se vorm mag jou dalk help met die identifikasie van die kultivar waarna jy soek. Johan Rademan het met 'n Kaapse Wynmeester, Bennie Howard, gesels oor die onstaan en...
Koester ‘n verpleër 12.06.2020 5:49
Hoe kan jy die land se verpleegpersoneel ondersteun? Martelize Brink gesels met Lenorae Scheepers oor die Koester-'n-verpleër-SA-beweging.
Belinda Davids 11.06.2020 11:45
Belinda Davids vertel vir Sue Pyler van haar ervaring op Britain's Got Talent.
Expat help sy alma mater 11.06.2020 4:49
Martelize Brink doen 'n opvolg oor 'n Suid-Afrikaner wat in Nederland gebaseer is, en ondersteuning aan sy alma mater bied. Die ondersteuning het nou na nog 'n skool uitgebrei. Sy gesels met Johan Oldenburg oor hoe hy hierdie ondersteuning aangepas het midde die Covid-19-krisis.
Kleurpersepsie 11.06.2020 6:48
Martelize Brink vind uit hoe ons kleur waarneem en hoekom sekere mense kleurblind is.
Gemeenskap se hulp ‘n wonderwerk, sê Lauren se ma 10.06.2020 4:29
Vanessa Kroutz, moeder van die gestrande Lauren in Peru, het aan Mariska Spoormaker gesê dit is 'n wonderwerk dat die Uitenhage-gemeenskap en ander mense genoeg geld kon insamel sodat haar dogter kan huis toe kom.
Hibriede-radio 10.06.2020 5:33
Radio het oor die jare baie verander. Van die ou buis-stelsels en analoog-uitsendings tot moderne digitale-gebruik. In die proses word baie platvorms geïntegreer soos SMS-lyne, Whatsapp-stemnotas en telefooninteraksie waarvan RSG ook mildelik gebruik maak. Soms voel van die prosesse vir die jong moderne radioluisteraar nog 'n bietjie omslagtig, en dit het die Europese Unie 'n ondersoek na hibriede...
Uitenhagers staan saam vir Lauren 10.06.2020 8:09
Die Uitenhage-gemeenskap staan saam om een van hulle dogters huis toe te bring. Lauren Kroutz is al maande lank in Lima in Peru vasgevang weens die Covid-pandemie. Sedert die uitbreek van die pandemie is sy werkloos en leef op ander se genadebrood. Op 15 Junie is daar die moontlikheid van 'n vlug terug huis toe, maar dit kos derduisende rande. Dit is geld wat Lauren nie het nie. Gevolglik het die...
Kruger to Canyons-biosfeer 09.06.2020 7:30
Marie-Tinka Uys gesels met Sue Pyler oor die Kruger to Canyons-biosfeer en die UNESCO biosfeerkonsep.
Hannelé Steyn 09.06.2020 22:21
Martelize Brink gesels met Hannele Steyn oor haar opleiding in verskillende velde, waaoronder 'n BSC-graad in mikrobiologie en genetika, 'n diploma in voeding, bemarking en driekamp-afrigting. Sy verduidelik hoe hierdie rigtings by mekaar inpas om haar passie vir sport en voeding te ondersteun.
Sake-etiek in die nuwe werksomgewing 08.06.2020 13:29
Brian Adams gesels met Sue Pyler oor sake-etiek in die nuwe werksomgewing ná Covid-19.
Wat is 'n pap-OTM? 08.06.2020 7:45
Prof. L.J. Grobler vertel vir Sue Pyler van die eerste pap-OTM op Potchefstroom.
Drafkuns 08.06.2020 6:55
Ronald Reeves vertel vir Sue Pyler hoe mense 'n GPS-toepassing gebruik om patrone te hardloop en sodoende prente te vorm wat op kaarte verskyn, en dan met sosiale media versprei word.
Sake-etiek 05.06.2020 11:29
Etiekkenner Brian Adams praat oor sake-etiek in die grendeltyd.
Augrabies Waterval Nasionale Park 05.06.2020 9:07
Christine du Plessis gesels met Sue Pyler oor jeuginteraksie met die Augrabies Waterval Nasionale Park.
Onthoustories 04.06.2020 11:39
Haidee Muller het onthoustoies gaan kry by die inwoners van Huis Aristea, 'n aftreeoord in Durbanville in die Kaap.
Infertiliteit 04.06.2020 13:23
Martelize Brink praat met dr. Danie Botha, kliniese hoof van die FEMBRYO Fertiliteits- en Ginekologie-kliniek in Port Elizabeth, oor die belang van die dokter-pasiënt-verhouding, en wat hom opgewonde maak oor die vooruitgang van tegnologie in die stryd teen infertiliteit.
Om te swem is om te lééf 03.06.2020 4:53
Om te swem is om te leef, sê die 79 jarige Thomas Jordaan van Parkside in die Baai se noordelike gebiede. Só ernstig het hy nog altyd daaroor gevoel, dat hy 25 jaar gelede 'n swembad by sy huis laat biou het sodat enige mens van enige ouderdom kan leer swem. Mariska Spoormaker het met hom oor sy 62 jare van swem gepraat.
Kilojoules 03.06.2020 19:35
Het jy geweet jy het diskresionêre kilojoules in jou eetbegroting elke dag? Martelize Brink gesels met Irene Labuschagne van NICUS, die voedingsinligtingsentrum aan die Universiteit Stellenbosch, oor hoe om dit te spandeer en hoe om die ekstra gewig wat in die tydperk by die huis opgetel is, af te skud.
Covid in die werkplek 02.06.2020 11:29
Dr. Martin Muller vertel wat ondernemings te doen staan wanneer 'n werknemer positief toets vir Covid-19.
Aasvoëls 02.06.2020 12:48
Andre Botha vertel vir Sue Pyler van die vergiftiging van aasvoëls in Afrika en die verreikende gevolge daarvan.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.