RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Alternatiewe vir afleggings 29.06.2020

Dr. Linda Meyer gesels met Martelize Brink oor alternatiewe tot aflegging.

Hoedspruit Hub 29.06.2020

Anri Manderson gesels met Martelize Brink oor Hoedspruit Hub se agro-ekologiese program.

Wiskunde Juffie 29.06.2020

Lizette Booys vertel vir Martelize Brink hoe sy graad 4 tot 6 Wiskunde verduidelik as Wiskunde Juffie op YouTube en sosiale media.

Sake-ondersteuning 26.06.2020

Lizelle Coombs gesels met Sue Pyler oor sake-ondersteuning in kwesbare gemeenskappe, en die impak van groot ondernemings se reaksie op Covid-19.

Die kleure van my lewe 26.06.2020

Martelize Brink gesels met dr. Aardt du Preez oor sy passie en intensiewe studies oor kleur. Hy het oorspronklik 'n doktorsgraad in stedelike behuising. Daarna het hy sy fokus na kleur en ons daaglikse interaksie daarmee verskuif. Hy het ondermeer 'n kursus by die Skandinawiese Kleurinstituut in Stokholm in Swede voltooi, en ook verskeie kursusse oor die biologiese effek van lig en kleursielkunde.

Stelontwerp en kleur 25.06.2020

Waldo en Angelique Naude gesels met Martelize Brink oor hul multi-dissiplinêre benadering tot kuns en stelontwerp. Waldo verduidelik hoe sekere emosies in die gehoor opgewek word deur die gebruik van kleur in stelontwerp.

Baviaanskloof se skollie troef gerugte 24.06.2020

Gerugte het dit dat Skollie, die wêreldberoemde vierpoot- toergids van die Baviaanskloof, gevrek het weens ouderdom. Vir 14 jaar lank het hy besoekers ingewag en vooruit gedraf om die pad deur 'n asemrowende kloof in die Baviaanskloofberge te wys. Mariska Spoormaker hoor by Anina Bezuidenhout, Skollie se mens-ma, of die gerugte waar is oor hierdie geliefde Baviaanskloofhond.

Wat is jou handelsmerk? 24.06.2020

Wie is jou gunsteling persoonlike handelsmerk? Daar is 'n hele paar voorbeelde - van Bill Gates tot Oprah Winfrey. Jy het ook jou eie handelsmerk. Hoe sien die wêreld jou? Martelize Brink uit wat 'n persoonlike handelsmerk is, hoe dit gebou word en watter uitwerking kleur op jou handelsmerk het.

Glas en glase 24.06.2020

Johan Rademan het vroeër met die Kaapse Wynmeester, Bennie Howard, oor bottels en houers se ontwikkeling en die gebruik en nut van hout in die wynbedryf gesels. Hy hoor nou hoe selfs belasting en siekte glas se bestaan bedreig het. En as jy weer gaste onthaal en wonder hoe vol 'n mens 'n glas met wyn moet skink, dan is jy op die regte plek.

Kleinsake-oorlewing midde Covid-19 24.06.2020

Die inperking het baie besighede, van mikro en klein tot groot en makro, 'n vuishou toegedien. Sommige ondernemings is stadig maar seker besig om kop op te lig. Jacqui January het in Mellville in Johannesburg gaan inloer by 'n klein besigheid wat deur ses mense bedryf word. Elle Buter, eienaar van 'n klein klerewinkel, vertel van oorlewing en kreatiwiteit.

Kleurberaad 23.06.2020

Martelize Brink gesels met Lien Potgieter van Creativity Gap oor die belang van kleur in verskillende aspekte van ons lewe, en 'n kleurberaad waar verskeie kenners in die gebied hulle insig oor kleur deel.

Vlugtige olies 23.06.2020

Martelize Brink gesels met Tiana Conradie van Protect My Joy oor haar passie vir vlugtige olies, haar oomblik van persoonlike insig in Indië, en hoe sekere kleure by vlugtige olies pas.

Skoonmaakwenke 23.06.2020

Newton Cross, hoof van die SABA-Butlerskool, deel sy skoonmaakwenke, en ja, hy is gesteld op netheid by sy huis, en boonop hou hy van skoonmaak, vertel hy vir Haidee Muller.

Die versteekte arbeidsmark 22.06.2020

Gail de Waal Basson vertel vir Sue Pyler hoe jy die versteekte arbeidsmark kan ontgin.

Avokado's 22.06.2020

Derek Donkin vertel vir Sue Pyler hoe die avokadobedryf in Suid-Afrika lyk.

Poppekas 22.06.2020

'n Poppekas word by die Twee Oseane Akwarium ingespan om jong kinders van die omgewing te leer. Jerome Stationway wat in kinderteater spesialiseer, gesels met Martelize Brink oor sy liefde vir opvoedkundige teater en die temas wat die poppekas aanraak.

Doreen October 19.06.2020

Die Bredasdorp Voeding- en Ontwikkelingsentrum is 'n nie-regeringsorganisasie wat elf jaar gelede begin is in die vorm van 'n sopkombuis. Die bestuurder, Doreen October, is onlangs vir die Women in Food-toekennings in die afdeling, Grass Roots, genomineer vir haar werk. Martelize Brink gesels met Doreen oor empatie vir jou medemens in haar ouerhuis aangeleer is, en hoe sy as jong kind haar ma se k...

Jong Suid-Afrikaner in China 19.06.2020

China se bevolking is 1,3 miljard mense. Een uit elke vyf persone op aarde is dus 'n Chinees. In die 27e eeu voor Christus het die Chinese deur die benutting van die sy van die inheemse sywurmmot, die eerste material vervaardig en as geheim bewaar vir amper 30 eeue lank. Die magnetiese kompas, buskruit, papiergeld, sambrele, kruiwaens, porselein en vlieërs is uitvindsels uit China. Johan Rademan g...

Mariska Botha 18.06.2020

Mariska Botha, 'n prokureur van Durbanville, het besluit om haar horisonne te verbreed toe sy vroeg in 2019 sak en pak oorsee gegaan het. Die plan was om 'n ruk lank te reis terwyl sy terselfdertyd op plase en skole in Asië werk. Sy vertel hoe 'n vyfdag-wegbreek uit haar gasheerstad, haar planne heeltemal in die wiele gery het om 'n paar jaar lank oorsee te werk. En, boonop was dit 'n gesukkel om...

Tendense in ontwerp 18.06.2020

Martelize Brink gesels met Marcel Rossouw van Fjord Johannesburg oor sosio-ekonomiese tendensvooruitsigte in die veld van ontwerpkonsultasie.

Hout en wyn 17.06.2020

Het 'n wetenskaplike dit ontdek, of was dit 'n toevallige ontdekking? Johan Rademan gesels met Kaapse wynmeester Bennie Howard oor die verhouding tussen hout en wyn, en die gebruik en geskiedenis daarvan in wynmaak.

Sean Kroon se boom-droom bly lewendig 17.06.2020

Sean Kroon was 'n kannetjie toe sê hy al hy wil voor 2020 'n duisend bome op die Karoodorpie Willowmore plant. Drie jaar gelede is hy as Kovsies-student vermoor vir sy skootrekenaar en selfoon. Tog bly Sean se boom-droom lewendig, want sy vriende en familie bly steeds bome plant op Willowmore. Op 9 Junie, wat sy 22e verjaarsdag sou wees, is daar weer bome geplant. Mariska Spoormaker het gepraat me...

Darkroom Contemporary 17.06.2020

Martelize Brink gesels met Louise Coetzer, die artistieke regisseur en choreograaf van Darkroom Contemporary, oor hul tienjaar bestaan as dansgeselskap, en hoe hulle kinetiese bewegingsensortegnologie en selfs kunsmatige intelligensie inspan in hulle produksies.

From the region to the region 16.06.2020

Cindy Koen vertel vir Sue Pyler van 'n inisiatief om klein besighede op 'n plaaslike vlak in die Kruger to Canyons-biosfeergebied te ondersteun.

First Steps Academy 16.06.2020

Karini Viljoen vertel vir Sue Pyler van die First Steps Academy se werk met werklose jeug in die Boland.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.