RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Drie woorde help met reddingsoperasies 14.07.2020 8:35
Bruce Sandmann vertel vir Martelize Brink van die what 3 words-stelsel wat die NSRI tydens reddingsoperasies gebruik om mense op te spoor.
Droogtehulp 13.07.2020 7:45
Derick Hanekom en Sybel Visagie vertel vir Sue Pyler van die Save The Sheep-projek se droogtehulp in die Sutherland-omgewing.
Japanse teebakke 13.07.2020 11:17
Botha Kruger vertel vir Sue Pyler van Japanese teebakke, wat deel van die bekende teeseremonie is. Daar is 'n uitstalling van teebakke in Kaapstad wat deur Suid-Afrikaanse pottebakkers gemaak het. Martin Swart vertel van sy aanslag en ander pottebakkers se style.
Merweville NG Kerk se Dankfees gaan aanlyn 10.07.2020 8:24
Die jaarlikse Dankfees van die NG Kerk op Merweville het sy oorsprong in 1908 toe die heel eerste kerkbasaar van die gemeente gehou is. In 1909 is die naam verander na Dankfees. Deur al die jare is die basaar gehou, behalwe in 1933 met die groot depressie en vanjaar met die inperking. Die fees is die hoofbron van inkomste vir hierdie klein gemeente. Die minder as 100 lidmate kan nie meer die gemee...
Medikus vereer vir gemeenskapsdiens 10.07.2020 12:02
Dr. Hugo Templeman gesels met Martelize Brink oor die Ndlovu Care Group en sy aanwysing as wenner van die Sponsors of Brave-veldtog wat mense in die mediese veld vereer.
Kreatiewe kuns in Covid-tye 10.07.2020 13:15
Die kunste in Suid-Afrika was nog altyd onder druk, selfs in goeie tye moet kunstenaars geweldig kreatief te werk gaan om hulle finansies te laat klop. Hoe kreatief moet mense nie nou tydens die inperking te werk gaan nie? Johan Rademan gesels met Jurg en Margite van Die Boerteater in die Kaap, wat op die oomblik aanlynplatforms en wegneemetes as bestanddele vir oorlewing aanwend. Hulle werk tans...
Plantkwekersregte 09.07.2020 14:32
Johann van Huyssteen en Ettienne Carstens vertel vir Martelize Brink van plantkwekersregte.
Breinstruktuur 09.07.2020 7:25
Neuroloog en bestuurshoof van Neurozone, dr. Etienne van der Walt, gesels oor die struktuur van die brein, en hoekom die grootte van die brein nie funksionaliteit bepaal nie.
Jong Suid-Afrikaner in Chili 09.07.2020 9:44
Chili het die afgelope twee dekades geweldig gegroei as toerismebestemming. Die Patagoniese wandelroete op sy grens met Argentinië is deesdae 'n wenslysplekkie vir baie toeriste. Vir 'n jong Suid-Afrikaner, Vlok van Wyk, wat twee jaar gelede, ná skool, Chili toe is, was daar ander geleenthede wat hy met albei hande aangegryp het. Johan Rademan gesels met Vlok oor rugby in Chili.
Student verskaf gis aan brouerye 08.07.2020 13:59
Christopher Rothmann vertel vir Martelize Brink van sy onderneming wat brouersgis aan mikrobrouerye verskaf.
Selfversekering 08.07.2020 6:35
Ion Gerber vertel vir Martelize Brink hoe selfversekering werk.
Hlokomela 08.07.2020 8:47
MJ du Preez gesels met Martelize Brink oor Hlokomela, 'n bekroonde HIV/Vigsopleiding- en behandelingshawe in die Groter Kruger to Canyons-gebied in Limpopo en Mpumalanga.
Marinebioloog ontdek nuwe jellievisspesie 07.07.2020 12:34
Verena Ras vertel vir Martelize Brink van haar loopbaan as marinebioloog, en die ontdekking van 'n nuwe jellievisspesie.
Dobbelverlsawing 07.07.2020 12:07
Kliniese sielkundige Gert Janse van Rensburg vertel vir Martelize Brink van die toename in dobbelverslawing tydens die grendeltyd.
Meubelontwerp 07.07.2020 7:49
Ontwerp en styl is so oud soos die mens self. Daar is bewyse dat van die grootste invloede in die ontwerp van meubels, gebeure in die geskiedenis is. So byvoorbeeld is meubelontwerpe van die jare 60 en 70 sterk beinvloed deur die eerste maanlanding. Jacqui January gesels met meubelhandelaar Wim Castelman oor sy liefde vir klassieke stukke wat soms waardevolle beleggings kan wees.
Suster se pad met Covid-19 06.07.2020 10:47
Suster Olivia Pharo vertel vir Martelize Brink van haar gesin se Covid-19-ervaring.
Outomatisering in die werksplek 06.07.2020 12:35
Antoinette Jacobs vertel vir Martelize Brink van outomatisering in die werksplek.
Wat maak 'n wyn goed? 06.07.2020 14:53
Izak Smit vertel vir Martelize Brink wat die kriteria is vir wyn om as uitstaande beskou te word.
Citrusdal staan saam teen Covid-19 03.07.2020 21:54
Hoewel daar algemene reëls in die inperkingstyd is, word gemeenskappe verskillend geraak deur die pandemie. Die boerderygemeenskap van die landelike dorpie, Citrusdal, moes pro-aktief optree om die verspreiding van Covid-19 te probeer voorkom. Johan Rademan het by Louis Rontgen, sakeman en voorsitter van die Gemeenskapspolisiëringsforum, en by ander rolspelers uitgevind hoe die gemeenskap die uitd...
Dié sous swaai die septer in die Baai 02.07.2020 8:27
Bykans 50 jaar gelede het Fernando Brás, 'n vlugteling uit Angola, met net sy motor en die klere aan sy lyf, in Suid-Afrika aangekom. Hy het as kelner gewerk tot hy sy eie restaurante in Port Elizabeth kon oopmaak, en groot sukses daarmee behaal het. 'n Deel van Fernando se wenresep was die Taliban, 'n sous wat saam met braaihoender bedien word. En vandag, jare ná Fernando se afsterwe, is die sous...
Surita Riffel se kosherinneringe 01.07.2020 7:45
Haidee Muller gesels met Surita Riffel oor haar herkoms, en kosmaak wat in haar familie se bloed loop.
Aalwyne 01.07.2020 9:41
Tuinboukundige Ernst van Jaarsveld vertel vir Martelize Brink van aalwyne, wat hierdie tyd van die jaar blom.
Underberg 01.07.2020 11:11
Huck Orban vertel vir Martelize Brink van Underberg en die Suidelike Drakensberg.
Bejaardes word geboelie 30.06.2020 15:29
Maiveen Boehme en Marinda Casalvolone gesels met Martelize Brink oor bejaardes wat geboelie word.
Oog- en oorprobleme by troeteldiere 30.06.2020 11:11
Veearts Ingrid de Wet praat oor die oog- en oorprobleme wat troeteldiere ervaar.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.