RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kulkuns aanlyn 28.07.2020 9:28
Kulkunstenaar Regardt Laubscher vertel vir Martelize Brink hoe sy kunsvorm deesdae aanlyn beoefen word.
Kandelare 28.07.2020 10:28
In die Guinness-rekordboek is die grootste kandelaar, met die naam Reflective Flow, 'n allemintige 18 000 kilogram met 165 000 LED-ligte. Die kandelaar is ongeveer 6 meter hoog. Waar dit geheg word aan die dak is dit meer as 12 meter in deursnee, terwyl dit aan die onderpunt meer as 40 meter wyd is. Die skouspelagtige kandelaar is in 2010 in Doha, Qatar, geïnstalleer. Kandelare word sedert die mid...
Caitlin Rooskrantz 27.07.2020 7:21
Caitlin Rooskrantz vertel vir Martelize Brink van haar loopbaan, en hoe sy Suid-Afrika as artistiese gimnas by die Olimpiese Spele sou verteenwoordig.
Siena Charles 27.07.2020 5:46
Haidee Muller het voor die inperking in Kylemore by Siena Charles gekuier, wat die buurt se heel eerste teetuin begin het. Siena het internasionale gaste in die tuin ontvang, maan deesdae is dit tjoepstil omdat mense van ander lande nie die land mag besoek nie. Siena met haar groot omgeehart is egter steeds bedrywig in haar gemeenskap om die honger mae vol te hou. Haidee het weer met haar gesels.
Mercia Jansen 27.07.2020 11:31
Mercia Jansen vertel vir Martelize Brink van haar werk in die motor- en oliebedryf, asook haar passie vir motorfietse.
Van skribbel tot skat 24.07.2020 10:12
Alrisa Nell vind inspirasie in die gekrabbel van outistiese kinders, wat sy omskep in skilderye.
OneAfrica vereer Afrikane 24.07.2020 9:42
Ebrahim Rasool, die medestigter van OneAfrica, gesels oor die nie-regeringsorganisasie wat poog om xenofobie aan te pak en eenheid in Afrika te bevorder, en die nuwe toekenningsgeleentheid waar Afrikane van verskeie lande verveer word.
Louw se blommekamer 24.07.2020 7:50
Orgideë is delikate en pragtige blomme wat in verskillende kleure en vorms beskikbaar is. Dit 'n lus vir die oog en 'n vreugde, waar jy dit ookal neersit of plant. Dit is noodsaaklik dat die potte vir die orgideë dreineringsgate het. Daar is ook'n hele paar ander reëls, soos Jacqui January uitgevind het toe sy by 'n blommekamer gaan inloer het.
Blinde klavierstemmer 23.07.2020 14:00
Die blinde Fransman, Louis Braille, word geëer as die persoon wat musieknotasies vir blindes geskryf het, en wat vandag as Braille bekendstaan. Hy het ook onderrig gegee in orrel en klavier . Braille is in 1809 gebore en in 1852 oorlede. Uit dieselfde tydperk van die 19de eeu was daar 'n Fransman, Claude Montal, wat in 1800 gebore is en 155 jaar gelede gesterf het. Montal, wat op vyfjarige ouderdo...
Blouape 23.07.2020 11:21
Dave du Toit van die Vervet Monkey Stigting gesels oor blouape en die verhouding tussen hierdie diere en die mens.
Oom Gideon Waterman 22.07.2020 20:54
Dr. Gideon Groenewalt is 'n geoloog by die Gift of the Givers Stigting se Droogte Ingryping 2020-inisiatief. Hy het 'n besondere belangstelling in die siklusse in natuurlike ekostelsels. Hy vertel van die fossiele wat in rotsbladsye gesien kan word, en die lesse wat ons daaruitkan leer vir droogteverligting.
#SHOWup 22.07.2020 9:07
Die sangeres, aanbieder en aktrise, Leah, en die aanbieder en aktrise, Therese Bam, het in die grendeltyd 'n gedeelde passie ontdek: beide se gevoel van woede en absolute frustrasie oor die toenemende getalle van mishandelde vroue en kinders in die land. Leah, die beskermvrou vir Huis Jabes, 'n veilige hawe vir mishandelde vroue en kinders in die Kaap, het aanlyn 'n beroep gedoen op die publiek vi...
Outo-immuniteit siektes by troeteldiere 21.07.2020 11:38
Dr. Ingrid de Wet, 'n veearts van die Country Animal Clinic op Somerset-Wes, praat oor outo-immuniteit siektes by troeteldiere.
Boontjies 21.07.2020 23:08
Luhan Swart, 'n agronoom en gewasspesialis by Hygrotech, gesels oor die diverse peulgewas, die nederige boontjie.
Sonkrag 17.07.2020 8:38
Henri van Eetveldt vertel vir Martelize Brink hoe die Breedevallei sonkrag omarm.
Krugermunte 17.07.2020 14:12
Daar is dikwels verwarring by mense oor wat 'n Krugermunt en 'n Krugerrand behels. Een het beide 'n goudwaarde en skaarsheidswaarde, terwyl die ander sy gewig letterlik werd is in goud. Johan Rademan het met 'n kenner van Paul Krugermunte gesels. Pierre-Henry Nortje werp ook lig op die Krugerrand en skaarsheid en waarde van Mandelamunte.
Hipnotiseur-egpaar 17.07.2020 12:30
Elsie en Chris Britz is 'n egpaar wat albei hipnotiseurs is. Dit was nie hulle eerste loopbaankeuse nie. Hy wou 'n vlieënier word, en sy 'n dokter. Tog is nie een van hulle spyt oor die rigting wat hulle loopbane ingeslaan het nie. Haidee Muller het by die twee gaan hoor wat hipnose behels en wie daarby kan baatvind.
Hagia Sophia 17.07.2020 14:46
Istanboel is een van die gesogste wêreldstede wat deur toeriste besoek word. Sedert Augustus 2019 het die stad aan weerskante van die Bosphorusrivier, wat bekend is vir sy ryk geskiedenis, kos en kultuur, bykans 10-miljoen besoekers uit 200 lande gehad. Voor Covid-19 is daar beraam dat meer besoekers as die 15,5 miljoen inwoners deur Istanboel sou reis. Die toerismemagneet, die 1 438 jaar oue Grie...
Grond 16.07.2020 14:16
Landbou is so oud soos die mens self. Dit is van die eerste aktiwiteite wat die mens gedoen het, en dus kan jy redeneer dat die beskawing van die mens begin het deurdat die mens grond bewerk en gekultiveer het. Maar wat is grond? Waar kom dit vandaan, en hoe word dit gevorm? Jacqui January het gaan uitvind.
Hondehokke vir Mandeladag 16.07.2020 7:24
Marcelle du Plessis vertel vir Martelize Brink van die Mdzananda Dierekliniek in Khayelitsha se hondehokbouprojek vir Mandeladag.
Radiodramakompetisie 15.07.2020 9:03
RSG se uitvoerende regisseur: drama, Kobus Burger, gesels oor die RSG/SANLAM Radiodramaksryfkompetisie wat sluitingsdatum nader kom. Hy gee 'n paar wenke vir voornemende skrywers.
Goue medalje vir retourasieprojek 15.07.2020 9:24
Argitek Jaco Booyens vertel vir Martelize Brink van 'n restourasieprojek waarvoor hy met 'n goue medalje in Italië beloon is.
Oranje-Vis-tonnel 15.07.2020 11:54
Leonardo Manus vertel vir Martelize Brink van die Oranje-Vis-tonnel wat water verskaf aan die Oos-Kaap.
Plastiekvrye Julie 14.07.2020 10:20
Anton Hanekom van Plastiek SA vertel vir Martelize Brink van die Plastiekvrye Julie-inisiatief.
Valcare help met etes in grendeltyd 14.07.2020 11:39
Ivan Swartz vertel vir Martelize Brink hoe Valcare meer as tweemiljoen etes verskaf het tydens die grendeltyd. Hulle ondersteun ook nege sopkombuise om hulle effektiwiteit te verhoog.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.