RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Mediese hulphonde 11.08.2020 12:59
Lindi Opperman vertel vir Martelize Brink wat die opleiding van mediese hulphonde behels.
Kursusse oor geslagsgeweld 10.08.2020 9:50
Iain Erasmus vertel vir Martelize Brink van kursusse wat op skoliere en studente gemik is om die probleem van geslaggebaseerde geweld aan te pak.
Plofstofveiligheid 10.08.2020 24:34
Rod Keyser vertel vir Martelize Brink van veiligheidsaspekte van wapen- en plofstofvervaardiging in Suid-Afrika.
Mike Schutte se dogter praat oor haar pa 07.08.2020 11:50
Met grendeltyd se laaie en kaste opruim, het Mariska Spoormaker op 'n foto van haar as jong joernalis afgekom waar Mike Schutte haar in 'n stoeigreep beet het. Sy het die foto, geneem in die vroeë tagtigs, op haar Facebookblad gedeel en was só verstom oor die oorweldigende positiewe reaksie daaroor dat sy gepraat het met Dalene Schutte Louw, groot ou Mike se dogter.
Erica Louw 07.08.2020 8:50
Erica Louw was vyf jaar lank betrokke by die Nasionale Jeugorkes. Dit het vir haar deure oopgemaak, en aan die begin van die jaar het Washington D.C. vir haar gewink...
Hond monitor baas se suikervlakke 06.08.2020 14:13
Melanie Basson vertel vir Martelize Brink van haar ervaring met haar mediesesorghond, Hazel. Melanie is 'n Tipe 1-diabeet. Hazel help haar om haar suikervlakke te monitor.
Projek met gesinsgeweldoortreders 06.08.2020 7:21
Lesley Thomas vertel vir Martelize Brink van Famsa se projek met oortreders in gesinsgeweld.
Odessa Swarts 06.08.2020 13:01
Odessa Swarts, ma van Olimpiese ster Wayde van Niekerk, het self uitgeblink in atletiek in haar jonger dae, maar dit was nie altyd maklik nie. Odessa was die oudste van drie. Haar ma was 'n enkelouer en daarom is sy erg geboelie op skool. Sy was nog 'n tiener toe sy Wayde gehad het. Haidee Muller het met Odessa oor haar lewensreis gesels.
Braaipan Karoobos 05.08.2020 12:56
Daar word elke jaar baie nuwe soorte plante benaam. Af en toe is daar nuwe plantgeslagte, maar nuwe plantfamilies word selde ontdek en benaam. Wessel Swanepoel was betrokke by die onlangse benaming van die Braaipan Karoobos-familie. Dit kom slegs voorby drie panne in die Karasbergdistrik in die suide van Namibië.
Renosters 05.08.2020 14:27
Dr. Sam Ferreira, 'n grootdier-ekoloog van Sanparke, gesels oor renosters.
Borsvoeding 04.08.2020 9:06
Dieetkundige Megan Pentz-Kluyts gesels met Martelize Brink oor moeders wat nie kan borsvoed nie, en wat die alternatiewe vir borsmelk is.
Richardsbaai Ekumeniese Seevaardersentrum 04.08.2020 13:27
Ds. Jaco Dreyer gesels met Martelize Brink oor die Richardsbaai Ekumeniese Seevaardersentrum se dienste aan seevaarders, wat deesdae baie uitdagings het weens Covid-19.
Denver Vraagom 04.08.2020 6:51
Die akteur Denver Vraagom vertel vir Haidee Muller van sy jarelange stryd teen alkoholisme en hoe dit deesdae met hom gaan op die waterkar.
Neem verlof in die grendeltyd 03.08.2020 11:07
Anton Engelbrecht vertel vir Martelize Brink van die belangrikheid draavan om steeds verlof te neem tydens die grendeltyd.
Bierskyfies 03.08.2020 8:32
Christo Worst vertel vir Martelize Brink hoe daar deesdae op Darling skyfies gemaak word as byproduk uit die bierbrouproses.
Play Africa 03.08.2020 7:19
Ann Simmons vertel vir Martelize Brink van die kindermuseum by Konstitusieheuwel in Johannesburg, waar kinders uit alle vlakke van die samelewing kan saamspeel en van mekaar leer.
Hoe lyk die toekoms van koerante? 31.07.2020 11:48
Adriaan Basson gesels met Martelize Brink oor internasionale tendense in die koerantbedryf.
Vrouemaand by KunsteKaap 31.07.2020 6:50
Simone Heradien vertel vir Martelize Brink van die bedrywighede by KunsteKaap tydens Vrouemaand.
Karoo-karwagte en die groot Graaff-Reinet onthou 31.07.2020 9:16
Hierdie is 'n storie oor 'n klompie baie behulpsame karwagte,'n Karoo-brood wat oor die wêreld agter Gary Player gepos is, en dr. Anton Rupert. Maar eers terug na die dag van die karwagte, want dit is waar die storie se onthou begin het. Die hooffiguur in die storie is Christa Hahn, 'n inwoner van Graaff-Reinet wat 22 jaar lank die bestuurder van die Drostdy Hotel op die dorp was. Sy vertel vir Ma...
Universiteite en Covid-19 in 2021 30.07.2020 9:11
Dr. Linda Meyer vertel vir Martelize Brink watter invloed die Covid-19-pandemie sal hê op die 2021-inname van studente by universiteite.
Ontdek ‘n rare kunsversameling in Suid-Afrika 29.07.2020 15:35
Johan Rademan het by Nicky Coetzee se huis gaan besoek aflê en op kultuurhistoriese skatte uit Frankryk afgekom wat jou asem sal wegslaan - antieke tapeserieë van tussen 200 en 400 jaar oud!
Ontmoet Port Elizabeth se werkverkleurmannetjie 29.07.2020 10:17
In Port Elizabeth het Mariska Spoormaker 'n vrou leer ken wat met die grendelstaat na 100% oorlewingsrat oorgeskakel het om kop bo finansiële waters te hou. Die vrou, Annelle Kamfer, sê reguit ons leef in 'n tyd van rek of vrek, die dat sy ou vaardighede afgestof, nuwes aangeleer en vandag met vriende en oud-kollegas in die restaurantbedryf enigiets van plavei- en loodgieterswerk tot mat-skoonmaak...
Cass Abrahams 29.07.2020 21:08
Martelize Brink gesels met kos- en koskultuurikoon, Cass Abrahams.
Olifante 29.07.2020 13:54
Dr. Sam Ferreira, 'n grootdier-ekoloog van Sanparke, gesels oor olifante.
Inentings 28.07.2020 6:27
Dr. Thinus Marais praat oor die nodigheid om kinders se inentings op datum te hou.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.