RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Glenda Kemp dans nou net vir die Here 21.08.2020 10:48
Soos braaivleis en biltong, só was Glenda Kemp en Oupa deel van die Suid-Afikaanse kultuur in die laat sewentigs en tagtigs. Oupa was die luislang waarmee sy gedans het terwyl die klere ook gewaai het. Toe raak alles só stil rondom Glenda dat 'n mens sou kon dink sy bly dalk in Engeland of so. Mariska Spoormaker het haar hier in Suid-Afrika opgespoor.
Liefdadigheid in die Vrystaat 21.08.2020 7:40
De Wet Claasens vertel vir Martelize Brink van ENGO se rol as liefdadigheidsorganisasie in die Vrystaat.
Jongste bestuurshoof van farmaseutiese maatskappy 21.08.2020 9:37
Tony McPherson gesels met Martelize Brink oor entrepreneurskap, en die uitdaging om op 21 die jongste bestuurshoof van 'n farmseutiese maatskappy in die wêreld te wees.
Projek stel kombuis beskikbaar vir kosentrepreneurs 20.08.2020 7:17
Hannerie Visser vertel vir Martelize Brink van 'n werkskeppingsprojek wat entrepreneurs in die kosbedryf toegang gee tot behoorlike kombuisfasiliteite om hulle drome uit te leef.
Gemeenskapsprojekte in Cloetesville 20.08.2020 8:05
Lamees de Klerk vertel vir Martelize Brink van verskeie gemeenskapsprojekte wat hulle uit die Breughelteater in Cloetesville aanbied.
Kolletjiekuns bind vroue saam 20.08.2020 10:32
Theolene Johnson vertel vir Martelize Brink hoe kolletjiekuns vroue saambind om mekaar te ondersteun.
Buro vir Marknavorsing word 60 19.08.2020 12:04
Vandag vier ons saam met UNISA se Buro vir Marknavorsing hulle 60ste bestaansjaar. Navorsingstegnieke het dramaties verander oor die jare. Deesdae word neurowetenskap toenemend betrek by navorsing, maar dit kan nie heeltemal die ou telefoonboek-steekproewe so doelteffend vervang nie. Johan Rademan praat hieroor met prof. Deon Tustin, die bestuurshoof van die Buro vir Marknavorsing by UNISA.
Anzel van Niekerk in Tjeggië 19.08.2020 7:33
Anzel van Niekerk vertel vir Martelize Brink van haar ervaring in Tjeggië tydens die Covid-19-pandemie.
Bemagtig jou kind met lees-fondasievaardighede 18.08.2020 10:28
Hoe kan goeie leesvaardigheid jou kind help om beter te presteer? Haidee Muller het gaan kers opsteek by Brand van Dyk, wat navorsing hieroor gedoen het.
Genderintegrasie 18.08.2020 10:27
Prof. Lindy Heinecken gesels met Martelize Brink oor genderintegrasie in militêre- en vredesbewaringsinstansies.
PinkDrive 18.08.2020 7:11
Antoinette Joubert vertel vir Martelize Brink van PinkDrive se werk, veral op die gebied van vrouegesondheid.
Nerine Gardiner 17.08.2020 10:39
Sanger Vaughan Gardiner en sy vrou Nerine woon deesdae in Dubai met hulle twee jong dogtertjies. Nerine is die broodwinner en Vaughan sien tuis om na die kinders, al is hy steeds bedrywig met musiek. Nerine het intussen joga begin beoefen, en Haidee Muller het met haar gesels oor haar loopbaan en gesinslewe, asook daai ingewikkelde joga-posisies.
Wat doen 'n skrummeester? 17.08.2020 9:05
Melanie Basson vertel vir Martelize Brink van die skrumtegniek wat gebruik word tydens die ontwikkeling van sagteware.
Oliestortings 17.08.2020 18:17
Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van olierampe aan die Suid-Afrikaanse kus en elders in die wêreld.
Pierre Volschenk - Deel 3 14.08.2020 13:07
Johan Rademan gesels vir oulaas in 'n reeks van drie praatjies met die 94-jarige kreatiewe en aktiewe Suid-Afrikaanse kunstenaar, Pierre Volschenk. Miskien hang daar 'n olieverf op jou muur, maar hy is ook bekend vir sy massiewe bronsbeelde en borsbeelde. Elkeen wat hy maak verg baie geduld. Mense is al deur hom verewig soos pres. Nelson Mandela, dr. Danie Craven en die Chris Barnards – dis nou di...
Afrikaans in die werkplek 14.08.2020 16:35
Annelise de Vries gesels met Martelize Brink oor Afrikaans in die sake- en werksomgewing.
Parrie die pylstert 14.08.2020 9:00
Francois de Wet vertel vir Martelize Brink van Parrie, die bekende pylstert in Struisbaai se hawe. Hy het sy eie Facebookblad, en nooi jou om te kom kuier.
Wêrelddag vir Linkshandiges 13.08.2020 17:59
Bun Booyens gesels met Martelize Brink oor die internasionale dag vir linkshandiges. Booyens is self 'n hotklou. Hy vertel van die uitdagings vir linkshandiges, maar ook die voordele soos die wat jy in die sportwêreld kry.
NP van Wyk Louw se wedywering 13.08.2020 8:10
Augustus is NP van Wyk Louw-maand op RSG. Voor die tyd van e-posse, SMS'e, Twitter, Instagram en Facebook het skrywers anders geleef. Trouens daar was gesonde wedywering. Johan Rademan gesels met Daniel Hugo oor twee karperde en 'n besondere vrou wat gesonde kompetisie vir mekaar gebied het.
Pierre Volschenk - Deel 2 13.08.2020 12:44
Die 94-jarige Pierre Volschenk is nog voluit besig met sy kunsloopbaan waar hy in Gordonsbaai oor Valsbaai uitkyk. Sy wortels lê wyd in Suid-Afrika. Hy vertel aan Johan Rademan van die moeisame pad wat hyself moes loop om 'n suksesvolle kunstenaarsloopbaan te hê. Dit het by hom 'n sagte plekkie gelaat om jong gemarginaliseerde kunstenaars aan te moedig en te ondersteun. Gister het ons gehoor dat h...
Pierre Volschenk - Deel 1 12.08.2020 14:06
Die 94-jarige Pierre Volschenk is nog voluit besig met sy kunsloopbaan waar hy in Gordonsbaai oor Valsbaai uitkyk. Sy wortels lê wyd in Suid-Afrika. Hy vertel aan Johan Rademan hoe die geskiedenis in sy tyd gewerk het wat die kunste betref, en hoe hy eerste Suid-Afrikaner geword het om 'n doktorsgraad in beeldende kunste in Suid-Afrika te ontvang.
Wees realisties oor jou omstandighede 12.08.2020 10:26
Imago kliniese terapeut Pieter le Roux gesels met Martelize Brink oor die voordele van 'n realistiese aanslag tot ons huidige omstandighede.
Geslagsgeweld in die grendeltyd 12.08.2020 10:29
Keneilwe Mokalane en Tsietsi Shuping gesels met Martelize Brink van die Kommissie vir Geslagsgelykheid oor geslagsgebaseerde geweld tydens die grendeltyd.
Uitenhage se beroemde Jack omskep in kinderverhaal 11.08.2020 9:42
Uitenhage se wêreldberoemde spoorwegbobbejaan, Jack, se storie is nou in 'n Amerikaanse kinderboek vasgevang, en is 'n topverkoper op Amazon. Mariska Spoormaker het met Heilie Combrinck van die plaaslike UD Express gepraat om meer van hieroor te hoor.
Wim se stoele 11.08.2020 6:22
Jacqui January gesels met Wim Castleman van Decade Store in Johannesburg oor sy benadering tot die aanskaf en restourasie van ou stoele, veral uit die jare vyftig.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.