RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Pasop vir dié Moeder van Miljoene! 03.09.2020

By De Vlugt, 'n piepklein gemeenskappie langs die Prins Alfredpas in die Suid-Kaap, kan jy jouself op 'n hele paar plekke in die Moeder van Miljoene vasloop. Dit is 'n vetplant met die pragtigste oranje kandelaarblom, maar Ursula Peter van Die Skoolhuisie het al minstens 5,000 van hierdie Moeders van Miljoene oor 'n gebied van ongeveer 20,5 hektaar uitgeroei. Mariska Spoormaker wou by haar weet ho...

Honde teen stropery 03.09.2020

SANParke se hoofdoel is om ons natuurerfenis vir die nageslag te bewaar. Dis 'n massiewe taak, en dis hier waar die organisasie se ereveldwagters 'n groot bydrae lewer. Die manne en vroue, saam met hulle gesinne, skenk hulle tyd, vaardighede en bronne onvoorwaardelik. Jacqui January gesels met een van die lede van die Nasionale Raad van die Veldwagter oor 'n projek waar honde opgelei word om strop...

Plantpotte van mis 02.09.2020

Riana Appel vertel vir Sue Pyler van bio-afbreekbare plantpotte, wat sy van beesmis en Knysna-olifantmis vervaardig.

Dirk Warries se seestories 02.09.2020

Dirk Warries was 28 jaar lank in die vloot, waarvan 18 jaar op see was. Hy was daar toe die President Kruger en die Tafelberg in 1982 gebots het. Haidee Muller het hom op Kuilsrivier opgespoor om oor sy ervarings op see te gesels.

Aasvoëls 02.09.2020

Andre Botha vertel vir Sue Pyler van Zoeloeland se bedreigde roofvoëls en Wêreld Aasvoëlbewustheidsweek.

Makrolletjies 01.09.2020

Roenel en Renier Swart vertel vir Sue Pyler van makrolletjies (of macarons) as ‘n kleurvolle bederf vir die lente.

Rottangmandjies 01.09.2020

Caren Marais gesels met Sue Pyler oor rottangmandjies wat die Marais-familie van die Paarl reeds sedert 1945 vleg. Met die derde generasie in die onderneming het die style en gebruike van die mandjies verander in pas met die tye.

Bome van die jaar 01.09.2020

Izak van der Merwe gesels met Sue Pyler oor die bome van die jaar, en hoe die lys van bome vir die volgende paar jaar aangepas is.

NP van Wyk Louw se Beiteltjie 31.08.2020

In Augustus het RSG elke Donderdagaand ‘n program oor NP van Wyk Louw aangebied. Dit was ‘n huldiging aan hierdie fenomeen in die Suid-Afrikaanse letterkunde, 50 jaar ná sy dood. In die programme is daar dikwels verwys na sy gedig, Die Beiteltjie. Sanger Herman van den Berg het die gedig getoonset, en ons luister in kunsliedstyl na Jannie Moolman wat met Johan Rademan gesels oor hierdie kunsvorm....

Hoe om 'n aanlynbesigheid te begin 31.08.2020

Naomi Bütow vertel vir Fritz Klaaste hoe om 'n aanlynonderneming te begin.

Die betalingsgaping 31.08.2020

Dr. Linda Meyer gesels met Fritz Klaaste oor die betalingsgaping tussen mans en vroue.

Skarrejag 28.08.2020

Dominee Fritz Snyman vertel vir Martelize Brink van skarrejag - 'n skattejag per motor.

Skoolhoof help gemeenskap 28.08.2020

Liza Matthee vertel vir Martelize Brink hoe sy as skoolhoof ingespring het om die behoeftige gemeenskap van Simondium by te staan met buitemuurse aktiwiteite vir skoliere en 'n voedingsprogram.

Sammy Joe se avontuur in Qatar 28.08.2020

Laatlam Sammy Joe Avontuur het op Oudtshoorn grootgeword saam met 'n pa en broers wat almal op die krieketveld uitgeblink het. Almal op hulle tuisdorp het van die Avontuurs se krieketvernuf geweet. Sammy Joe is onlangs aangestel as assistentafrigtervan die Warriors in Qatar.

Impak van ekonomie op motoreienaars 27.08.2020

Layton Beard van die AA gesels met Martelize Brink oor die impak van die ekonomie op motoreienaars se gedrag. Hy praat ook oor die keuse tussen 'n tweedehandse voertuig of 'n goedkoper nuwe een wat veiligheid betref.

Teaters en die inperking 27.08.2020

Die moeisame tye in die kunstewêreld tydens die inperking in Suid-Afrika het teaters tot stilstand geruk. Johan Rademan het Die Boer-teaterrestaurant besoek waar hy met Margite en Jurg gesels het, en ook Dowwe Dolla se uitgestelde uittrede beleef het.

Veronica van Matjieskloof 26.08.2020

Veronica Klaase van Matjieskloof het sowat 20 jaar gelede in die Kaap gaan huiswerk doen vir die Oppermans in Brackenfell. Sy het daar vir die heel eerste keer die see beleef, en dit was destyds ook die heel eerste keer dat sy op 'n roltrap geklim het. Haidee Muller het by Veronica by die Oppermans se huis gaan kuier om meer van Matjieskloof en Veronica se ervaring uit te vind. Sy hoor toe ook mee...

Marinebioloog ontdek nuwe spesies in museum 26.08.2020

Marinebioloog dr. Melissa Boonzaaier-Davids vertel vir Sue Pyler hoe sy nuwe mosdierspesies in die Iziko Suid-Afrikaanse Museum se vergete versamelings ontdek. Sy het al nege nuwe spesies en 'n hele nuwe genus daar ontdek.

Rouel Beukes in Korea 26.08.2020

Julle ken hom dalk van 7de Laan en Getroud met rugby, maar die man wat by die Hochschule van Musiek in München en die Franco Ferarris Instituut in Milaan sy sangopleiding gedoen het, sing al sedert 2004 in meer as 2,500 vertonings van een van die gewildste musiekblyspele van alle tye. Johan Rademan gesels met Rouel Beukes oor die afgelope 16 jaar op die pad, wat nou einde se kant toe staan.

Clarens se dinosourusse 25.08.2020

Geoloog dr. Gideon Groenewald vertel vir Martelize Brink van Clarens se dinosourusse.

Roofdiere in SA 25.08.2020

Dr. Gerhard Verdoorn gesels met Martelize Brink oor die stand van roofdiere in Suid-Afrika.

Die leser, die skrywer en die een boek wat drie geword het 25.08.2020

Hierdie is 'n storie oor 'n jare lange vriendskap wat tussen 'n skrywer van Uitenhage en 'n leser van Pretoria ontstaan het. Die leser is die 88-jarige Ella Smith van Pretoria en die skrywer is Mari Grobler, bekroonde skrywer van Uitenhage. Die kort agter die lang storie is dat Ella dit sowaar reggekry het om Mari, wie sy toe nog nie persoonlik geken het nie, sover te kry dat sy twee opvolgboeke v...

Gorillabewaring in die Kongo 24.08.2020

Elza Gillman vertel vir Martelize Brink van die bewaring van die Westelike laaglandgorillas in die Kongo.

Hoe om 'n aanlynwinkel te begin 24.08.2020

Naomi Bütow vertel vir Martelize Brink hoe om 'n aanlynwinkel te begin, en van die karaktereienskappe van 'n suksesvolle vroue entrepreneur.

Haarkleur en -uitgroei 24.08.2020

Angelique de Wet en Suzaan Kotze gesels met Martelize Brink oor 'n stylvolle aanslag tot haarkleur vir uitgroeidoeleindes.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.