RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Slim Hasie-projek 15.09.2020

Nicolette van den Heever vertel vir Martelize Brink van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe se Slim Hasie-projek op Loxton in die Karoo.

Orkas val bote aan 15.09.2020

Maryke Musson gesels met Martelize Brink oor die verskyning van orkas wat bote aanval aan die kus van Portugal en Spanje.

Veiligheidsitplekke vir jong kinders 15.09.2020

Mohammed Kaka gesels met Martelize Brink oor kinderpassasiers se veiligheid in motors en die rol wat veiligheidsitplekke hierin speel.

RSG en Ukhozi FM se Erfenismaand - Deel 1 14.09.2020

Selby van RSG se susterstasie Ukhozi FM se 12 2 3 Cafe-program, gesels met Martelize Brink oor Afrikaanse woorde. Dit is deel van 'n kultuurskakeling tussen RSG en die isiZulu-radiostasie in Erfenismaand.

Wegholbrande in VSA 14.09.2020

Die VSA gaan tans gebuk onder geweldige brande. Wegholbrande in die twee Amerikaanse deelstate, Oregon en Kalifornië, saai groot verwoesting. Hoe voel dit om die brande naby aan jou te hê? Hennie Maas praat met Jan van Rooyen, 'n inwoner van Brookings in Oregon.

Selfoonbedrog 14.09.2020

Jan Vermeulen van MyBroadband gesels met Martelize Brink oor selfoonbedrog.

Hoe weet jy wanneer iemand van Namakwaland is? 11.09.2020

Namakwaland is 'n droë, ruwe, meedoënlose landskap, maar een keer 'n jaar verander dit in 'n blommeprag. Vanjaar het die streek haar mooiste bont blomrok in agt jaar aangetrek! Namakwalanders van heinde en verre raak liries, en die verlange is erg. Jacqui January gesels met Jade Ewers, 'n Namakwalander in murg en been, wat deesdae in Kaapstad werk. Jade het oor Namakwaland begin dig ná 'n uiters k...

Jeug Jazzfees 11.09.2020

Wesley Rustin vertel vir Sue Pyler hoe Kunstekaap vanjaar die Jeug Jazzfees aanpak.

Wat maak van jou 'n goeie huurder? 11.09.2020

Zabeth Venter vertel vir Sue Pyler wat van iemand 'n goeie huurder maak, en vertel hoe die grendeltyd jou status as huurder beïnvloed.

Boogmusiek 10.09.2020

Dr. Stephanie Vos vertel vir Sue Pyler van die boogmusiek van die amaXhosa.

Naaldwerk uit die Groot Karoo 10.09.2020

Sarita Swart vertel vir Sue Pyler van die handgemaakte naaldwerkprodukte van 'n groep vroue in die Groot Karoo.

Lees Lisa bring hoop vir gebroke kinders 10.09.2020

Marilie van der Merwe se loopbaan as onderwyser het 10 jaar gelede op Clanwilliam begin. Dit is waar sy haar trouman, 'n teeboer, ontmoet en later twee dogtertjies ryker geword het. Sy het aan die begin van 2019 die onderwys verlaat om voltyds kinderboeke te skryf, en sy het dit LEES LISA gedoop, vernoem na haar jongste. Sy vertel vir Haidee Muller van haar hart vir gebroke kinders, en hoe sy hull...

Laaste Kaapse Impressionis word 80 09.09.2020

Ons vier vandag die 80ste verjaarsdag van Conrad Theys, die laaste lewende kunstenaar wat tot die groep, die Kaapse Impressioniste, behoort. Op dieselfde dag, 9 September 1873, is merkwaardig genoeg, die pionier van die Kaapse Impressioniste, Pieter Wenning, gebore. Hy het van Den Haag op 'n jong ouderdom na Suid-Afrika gekom, omdat hy simpatiek in 'n opstand vir die werkers in die Nederlande was,...

Elizabeth Otto wonder steeds oor haar seun se skietdood 09.09.2020

Elizabeth Otto se 30-jarige seun het twee jaar gelede, op sy suster se verjaarsdag, in 'n verbyry-skietvoorval in Kuilsrivier gesterf. Tot vandag toe weet die familie nie die hoekom dit gebeur het nie, en niemand is ooit vasgetrek nie. Haidee Muller gesels met haar oor daardie noodlottige dag, en oor kinders wat nie met hulle ouers praat as daar fout is nie.

Kindernoodlyn 09.09.2020

Danie van Loggerenberg gesels met Sue Pyler oor kinderbeskerming, en die noodlyn wat hy bedryf.

Shannyn Coetzee sit gestrand, maar nie stil nie 08.09.2020

Soveel mense, soveel menings. 'n Mens kan ook sê: Soveel mense, soveel gewoontes. Johan Rademan gesels met 'n jong Suid-Afrikaner, Shannyn Coetzee, wat langer as 'n dekade op skepe gewerk het, en van plan was om op Richard Branson se skip se nooiensvaart as SPA-bestuurder uit Amerika te vaar. Toe slaan die virus die wêreld, en nou sit sy gestrand, maar nie stil nie.

Ontmoet Kate, Oos-Kaapse aasvoëlvrou 08.09.2020

Die afgelope Saterdag was dit Wêreld-aasvoëldag. Mariska Spoormaker het in die Oos-Kaap op 'n oudskoolhoof en boervrou afgekom, wat al jare lank beseerde aasvoëls onder haar vlerk neem en rehabiliteer. Haar naam is Kate Webster, en Mariska wou by haar weet waar alles begin het.

Moderne slawerny 08.09.2020

Abraham Daniels van Stronger2gether vertel vir Sue Pyler van moderne slawerny in die landboubedryf.

Graaff-Reinet 07.09.2020

Jack Van Niekerk vertel vir Sue Pyler van Graaff-Reinett as 'n toerismebestemming.

Pieter Pienaar se fietsrydae 07.09.2020

Pieter Pienaar het in die goue jare van die Bellville-fietsryklub sewe jaar lank in die presidentstoel gesit. Hy vertel vir Johan Rademan van die klomp broers wat deelgeneem het aan fietsry in daardie jare, en die name wat een of twee strate van mekaar af gebly het. Die Tour de France word ook bespreek.

Huisverbeterings en versekering 07.09.2020

Wynand van Vuuren vertel vir Sue Pyler wat die versekeringsimplikasies van huisverbeterings is.

P.H. Nortjé se jeugverhaal op RSG 04.09.2020

Wanneer jy dalk weer deur die Baviaanskloof ry, sal jy met ander oë na die omgewing kyk, want op 7 September begin RSG se nuwe vervolgverhaal, Die Wildedruif val deur P.H. Nortje, wat in hierdie wêreld ontvou. Die historiese jeugverhaal is gegrond op die groot vloed wat in 1916 plaasgevind het. Die skrywer is ook bekend vir boeke soos Pennie se vuur, Die Groen Ghoen, Donkerwater, In voetpad se klo...

Swellendam 04.09.2020

Fleur van Eeden vertel vir Sue Pyler van Swellendam as toerismebestemming.

Vetplantbewaring in die Karoo 04.09.2020

Francois van der Merwe vertel vir Sue Pyler van vetplantbewaring in die Karoo en die Leslie Hill Sukkulente Karoo Trust, wat 25 jaar oud is.

Prostaatprobleme by troeteldiere 03.09.2020

Veearts dr. Ingrid de Wet vertel vir Fritz Klaaste van kwale by reuns en mannetjiekatte.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.