RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Tradisionele Zoeloedrag 29.09.2020

Masego Marite vertel vir Martelize Brink van tradisionele Zoeloekleredrag. Ons vind uit wie dra wat en wanneer.

Parys 29.09.2020

Werda Visser vertel vir Martelize Brink van Parys in die Vrystaat as toerismebestemming.

Scarborough-omgewingsgroep 29.09.2020

Louise Stafford vertel vir Martelize Brink van die Scarborough-omgewingsgroep wat die gemeenskap op verskeie vlakke mobiliseer.

Amapiano 28.09.2020

Dr. Stephanie Vos vertel vir Martelize Brink van die amapiano-musiekstyl.

Meelewingsuitbranding 28.09.2020

Jy gee en jy gee van jou tyd, kundigheid en emosies, en dan op 'n dag breek alles in jou en jy wil niks meer van ander mense se nood weet of hoor nie. Die toestand word meelewingsuitbranding genoem. Belinda Paetzold, deesdae inwoner van Jeffreysbaai, kan eerstehands hiervan getuig. Sy het aan Mariska Spoormaker gesê dat haar meelewingsuitbranding oor minstens nege jaar opgebou het, en op die sendi...

Maskanda 25.09.2020

Dr. Stephanie Vos vertel vir Martelize Brink van die Maskanda-musiekstyl, wat ook as Zoeloe-blues bekendstaan.

Vaalwater 25.09.2020

Judi Groenewald vertel vir Martelize Brink van Vaalwater, in die Waterberg, as 'n toerismebestemming.

Mej. Doof SA 25.09.2020

Haidee Muller kuier by Marisa Smit, die huidige Mej. Doof SA. Sy verteenwoordig Suid-Afrika in 2021 in Praag in die Mej. Doof Wêreld-wedstryd. Sy praat oor die uitdagings wat sy ervaar het en haar nuwe veldtog, Catch Sound. Sy was bevoorreg om met 'n balletbeurs in Amerika te gaan dans, tot 'n besering haar teruggebring het huistoe. Vandag is sy 'n Pilates-instrukteur in Kaapstad. Marisa het ook '...

Humorerfenis 24.09.2020

Derick Hayward gesels met Martelize Brink oor humor as deel van ons erfenis.

Honde wat kou 23.09.2020

Hondegedragskenner en -afrigter Werner Roos vertel vir Martelize Brink waarom honde aan meubels, skoene en ander dinge kou, en wat jy daaraan kan doen.

Die beste croissants in die wêreld 22.09.2020

Wilhelm Liebenberg en Melanie Badenhorst gesels met Martelize Brink oor Coco Safar in Seepunt, Kaapstad, se croissants wat as van die beste ter wêreld aangewys is.

Enneagram 22.09.2020

Suzette Fischer vertel vir Martelize Brink hoe die Enneagram jou insig gee in persoonlikheidstipes

Kelvin se plante 21.09.2020

Kelvin Antonie van Kelvin's Plants is 'n plaaswerkerskind wat sy liefde vir plante in 'n vetplantonderneming omskep het op die Waterkloofplaas buite Wellington, waar hy al 16 jaar lank werk. Hy het by sy grootouers grootgeword en het Oupa Kallie, wat tot waatlemoene kon kweek, se groenvingers geërf. Hy vertel sy kleurryke storie aan Haidee Muller.

Word 'n wynmaker 21.09.2020

Rianie Strydom vertel vir Martelize Brink hoe jy 'n wynmaker kan word.

Laerskool Kabega leer kinders herwin 21.09.2020

Adele Botha gesels met Martelize Brink oor Laerskool Kabega se veelbekroonde herwinningsprojekte.

Isicathamiya 18.09.2020

Dr. Stephanie Vos gesels met Gustav Greyling oor isicathamiya, 'n Zulu a cappella ensemblestyl wat ontwikkel het onder Zulu migrante werkers, en veral bekend geword het deur die musiek van Ladismith Black Mambazo.

Barberton 18.09.2020

Astrid Christianson en Andrea Els vertel vir Gustav Greyling van BaRberton as 'n toerismebestemming.

Protes oor seltoring by skool 18.09.2020

Prokureur Braam Botha vertel vir Gustav Greyling waarom mense betoog teen die oprigting van 'n selfoontoring op 'n skoolterrein.

RSG en Ukhozi FM se Erfenismaand - Deel 4 17.09.2020

Siya van RSG se susterstasie Ukhozi FM se 12 2 3 Cafe-program, gesels met Martelize Brink oor Afrikaanse woorde. Dit is deel van 'n kultuurskakeling tussen RSG en die isiZulu-radiostasie in Erfenismaand.

Russe het Boerekrygers help ontsnap 17.09.2020

Nico Moolman, bekende geskiedskrywer, vertel vir Mariska Spoormaker hoe die Russe vyf Boerekrygers tydens die Anglo-Boereoorlog uit Britse gevangenisskap help ontsnap het toe die skip, wat hulle na Ceylon geneem het, in die hawe van Colombo anker laat sak het.

Boer en Rus 17.09.2020

Baie van die ouer Suid-Afrikaners het grootgeword met waarskuwings teen die Russe en die Rooi Gevaar. Tog het dìt sommige Suid-Afrikaners nie verhinder om hegte vriendskapbande met Russe te smee nie. Wessel Oosthuizen, gevierde sportfotograaf, vertel vir Mariska Spoormaker hoe dit gebeur het dat hy bykans 30 jaar gelede hegte vriende met verskeie Russe geword het.

RSG en Ukhozi FM se Erfenismaand - Deel 3 16.09.2020

Selby en Siya van RSG se susterstasie Ukhozi FM se 12 2 3 Cafe-program, gesels met Martelize Brink oor Afrikaanse woorde. Dit is deel van 'n kultuurskakeling tussen RSG en die isiZulu-radiostasie in Erfenismaand.

Die inperking kon Alex Nagel nie onderkry nie 16.09.2020

'n Jong entrepreneur, Alex Nagel, het, nadat hy sy werk verloor het,saam met sy niggie 'n ateljee geopen, en op 'n kreatiewe wyse sy vaardighede ingespan om 'n multi-dissiplinêre oefen- en ontspanningsvorm te ontwerp. Hy was 'n vermaaklikheidsbestuurder by 'n groot skeepsredery voordat Covid-19 hom gestrand gelaat het. Johan Rademan het met hom gesels.

'n Kremetartboom in die Swartland?!? 16.09.2020

Corne Pretorius vertel vir Martelize Brink van 'n kremetartboom in die Swartland. Die boom groei op Riebeek-Wes in die Riebeekvallei Tuinsentrum se Boomhuis.

RSG en Ukhozi FM se Erfenismaand - Deel 2 15.09.2020

Selby en Siya van RSG se susterstasie Ukhozi FM se 12 2 3 Cafe-program, gesels met Martelize Brink oor Afrikaanse woorde. Dit is deel van 'n kultuurskakeling tussen RSG en die isiZulu-radiostasie in Erfenismaand.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.