RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Oom Jaffie Barends 12.10.2020

Haidee Muller gesels graag met doodgewone mense oor hulle lewensverhale. Sy glo vas dat elke mens 'n storie het. Haar paaie het onlangs gekruis met die van die 85-jarige Oom Jaffie Barends. Hy was 'n onderwysbeplanner, wat destyds selfs in Zambië skoolgehou het.

SA se enigste vroue-katoenboer 12.10.2020

Johan Rademan gesels met Susan van der Merwe, die enigste vrou in Suid-Afrika wat met katoen boer.

Winkelsentrums ná Covid-19 09.10.2020

Die inperking het ons manier van dinge doen op bykans elke vlak van die verander. Tydens Vlak 5, die ergste graad van inperking, het winkelsentrums kwaai deurgeloop. Jacqui January gesels hieroor met Irma Prinsloo van Urban Studies, 'n marksnavorsingsmaatskappy, en hoor van die interessante verskille tussen groot winkelsentrums in die voorstede en winkelsentrums in die townships.

Kaapstad Internasionale Vlieërfees 09.10.2020

Santie Terreblanche en Mari Ware-Lane vertel vir Martelize Brink hoe vanjaar se Kaapstad Internasionale Vlieërfees aangepak word.

Nasionale Voedingsweek 09.10.2020

Dieetkundige Irene Labuschagne vertel vir Martelize Brink van Nasionale Voedingsweek met die tema, Goeie voeding vir goeie immuniteit.

Gebruik jou invloed op sosiale media 08.10.2020

Elma Smit vertel vir Martelize Brink hoe jy jou invloed op sosiale media kan gebruik om geld te maak.

Wolfgang Roux se versamelings 08.10.2020

Wolfgang Roux is 'n afgetrede houtwerkonderwyser. Sy hande staan vir niks verkeerd nie, en hy kon die beste meubels en kombuiskaste denkbaar maak. Hy is boonop 'n motorfietsliefhebber en hy en sy vrou Anita vat dikwels die langpad op die ysterperde aan. Maar waaroor ons eintlik wil gesels is sy liefde om te versamel, en op 75-jarige ouderdom kan 'n mens 'n paar unieke versamelings verwag. Bajonett...

Pionierskool 08.10.2020

Elizma Berlyn vertel vir Martelize Brink van die uitdagings van blinde- en laevisieleerders, en die leerplan wat by die Pionierskool op Worcester gevolg word.

Wie is Lyntjie Jaars? 07.10.2020

Wie is Namakwaland se Lyntjie Jaars? Wat is haar komvandaan, en hoekom lê Namakwaland se mense haar so na aan die hart? Haidee Muller drink koffie saam met hierdie vrolike storieverteller en TV-aanbieder om meer oor haar uit te vind. En waar kom die naam Lyntjie vandaan?

Tuindag 07.10.2020

Kobus Pietersen gesels oor Tuindag, en nooi mense om die Cliviaversameling, waarna hy omsien, te besoek.

Ontwikkeling van vroue-atlete 07.10.2020

Elana Meyer praat oor die ontwikkeling van die land se langasems, en haar fokus op vroue-atlete.

Barrydale in Bloom 06.10.2020

Shane Anthony Petzer vertel vir Martelize Brink hoe Barrydale die naweek hulle tuine vir die wêreld wys.

Hoe lyk jou grond? 06.10.2020

Dr. Eugenie-Lien Louw vertel vir Martelize Brink hoe grondprofiele in die landbou gebruik word.

Beskermde marienegebiede 06.10.2020

Sam Hofmeyr vertel vir Martelize Brink van die rol van beskermde marienegebiede, en die behoefte om dit te vergroot.

Tweeling word 100 05.10.2020

Dr. Carel Stander gesels met Martelize Brink oor die Vrystaatse dorp, Tweeling, wat pas 100 jaar oud geword het.

GovChat 05.10.2020

Eldrid Jordaan gesels met Martelize Brink oor GovChat, die amptelike platform tussen die publiek en regering.

Ontwerp gemeenskappe, nie net geboue nie 05.10.2020

Dalena Beyers gesels op op die Verenigde Nasies se Wêreld Habitatdag met Martelize Brink oor die ontwerp van gemeenskappe, in stede daarvan om bloot behuising te ontwerp.

Lizanne Barnard se WOORDE-projekte 02.10.2020

In moeilike tye waar woorde 'n mens dikwels ontbreek, kom die grootste verrassings. Die Suid-Afrikaanse kunstenaar, Lizanne Barnard, het die publiek help ontgrendel aan woorde. Haar WOORDE1, WOORDE2 en WOORDE3-projekte het medekunstenaars ingesluit, maar ook iemand soos Anna Davel die moed gegee om te begin skilder. Daar is ook musikale interaksie tussen Lizanne in Suid-Afrika met haar tweelingsus...

Disleksie 02.10.2020

Anneke de Jager gesels met Martelize Brink oor disleksie en hoe dit hanteer kan word.

Eljada se kersmakers 02.10.2020

Eljada Nasorg is 'n residensiële versorgingsfasiliteit vir volwasse persone met intellektuele gestremdhede op Oudtshoorn. Die organisasie fokus op die bevordering en handhawing van persone met intellektuele gestremdhede se volle potensiaal. Die aanleer van handvaardighede is 'n integrale deel van die ontwikkelingsprogram. Haidee Muller het by Eljada se kerse-kamer gaan inloer. Hulle geliefde Tanni...

Lowensvlei blomplaas 01.10.2020

Quinton Leander en Densa Langdown vertel vir Martelize Brink van die bedrywighede by die Lowensvlei blomplaas by Malmesbury.

Wêrelddag vir Ouer Persone 01.10.2020

Irene Snell-Carroll vertel vir Martelize Brink oor Age-in-action se bedrywighede, en die belang van Wêrelddag vir Ouer Persone.

Verken Soweto saam met Gilda 30.09.2020

Gilda Swanepoel gesels met Martelize Brink oor kultuurtoere in Soweto.

Hulp aan gemeenskappe in nood 30.09.2020

Desire Golaith gesels met Martelize Brink oor die samewerking tussen die Gemeenskapskas en Kindred om gemeenskappe in die grootste nood te help.

Filantropiese projekte 30.09.2020

Gita Carroll gesels met Martelize Brink oor 'n agentskap wat filantropiese projekte vir kliënte saamstel.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.