RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Julius Gordon Africana Sentrum, Riversdal 22.10.2020 12:13
Louise du Plessis vertel vir Martelize Brink van die Julius Gordon Africana Sentrum / Versfeld-Huis op Riversdal.
Kollektiewe trauma deur pandemie belig 22.10.2020 12:33
Dit wil voorkom asof die Covid-19-pandemie baie mense sielkundig raak. Daar word selfs gepraat van kollektiewe trauma. Mariska Spoormaker praat hieroor met Hanna Kotze, ‘n kliniese maatskaplike werker en traumaberader van Port Elizabeth.
Restaurante en die pandemie se lesse 22.10.2020 12:34
René Botha vertel vir Martelize Brink van die lesse wat die restaurantbedryf uit die pandemie moet leer.
Haastig uit Botswana 21.10.2020 11:49
Anton Kruger vertel vir Martelize Brink van 'n buitengewone Botswana-ervaring toe hulle groep inderhaas moes grens toe jaag voor dit gesluit het vir die grendeltyd.
Groter Kruger-omgewing 21.10.2020 9:11
Die Kruger Nasionale Park is een van die grootste natuurreservate in Afrika. Die omgewing rondom die park, nes die park self, is ‘n groot toerisme-aantreklikheid. Vroeër vanjaar is daar ‘n hotelskool geopen, maar met Covid-19 het die skool en die gebied, soos baie ander instansies in die toerismebedryf, erg deurgeloop. Jacqui January gesels Alanka Craffert oor die omgewing, die mense en hoe hulle...
Pandemie skep meer werksgeleenthede vir gestremdes 21.10.2020 8:48
Anton Engelbrecht vertel vir Martelize Brink hoe die pandemie geleenthede skep vir gestremde persone om toegang tot werk te kry.
Wêrelddag van Lugverkeerbeheerders 20.10.2020 11:26
Jurgens Pfaff vertel vir Martelize Brink van sy werk as lugverkeerbeheerder.
Gronderosie 20.10.2020 8:20
Dr. Eugenie-Lien Louw gesels met Martelize Brink oor gronderosie en die grondkundige en hortologiese aanpassings wat gemaak kan word vir aanplantings.
Lewensregopsie by aftreefasiliteite 20.10.2020 8:41
Kennett Sinclair gesels met Martelize Brink oor die lewensregopsie by aftreefasiliteite.
Fleur van Eeden 19.10.2020 7:59
Fleur van Eeden vertel vir Martelize Brink van haar werk as waaghals, waar sy al ingestaan het vir Alicia Vikander in Tomb Raider en Drew Barrymore in Blended.
Nasionale Obesiteitsweek 19.10.2020 6:34
Dieetkundige Irene Labuschagne vertel vir Martelize Brink van Suid-Afrikaners se uitdagings met vetsug.
Nasionale Sterrewag - 200 jaar 19.10.2020 15:52
Willie Koorts vertel vir Martelize Brink van die Nasionale Sterrewag wat vanjaar 200 jaar oud is, en die oudste amptelike wetenskaplike instituut in die land is.
Theo Erasmus praat oor sy alkoholisme 16.10.2020 10:43
Ons het vroeër vandeesweek met Suid-Afrika se trekklavierkoning, Theo Erasmus, gesels oor sy loopbaan. In hierdie onderhoud met Mariska Spoormaker, deel Theo sy jarelange stryd teen alkoholverslawing.
Pierre Mans 16.10.2020 6:45
Snoeker word wêreldwyd professioneel gespeel. Dié spel word soms met potspel verwar, maar daar is definitiewe verskille in die tafel, balle en reëls. Jacqui January gesels met Pierrie Mans, wat in die jare 70 langer as 15 jaar sie Suid-Afrikaanse snoekerkampioen was.
Hoe voedsaam is jou kos? 16.10.2020 9:19
Prof. Hettie Schönfeldt vertel vir Johan Rademan hoe die voedingswaarde van kos oor tyd verander het.
Phillippi 15.10.2020 12:59
Volkmar Engelke gesels met Johan Rademan oor Phillippi se groenteverbouing en die Phillippi-museum wat in ‘n aktiewe kerk gehuisves is.
Landboubespuiting 15.10.2020 10:12
Dr. Gideon van Zyl en Philip Rebel vertel vir Johan Rademan hoe die bespuiting van landbougewasse werk.
Oud én aktief 15.10.2020 11:16
Irene Snell-Carroll van Age in Action gesels met Johan Rademan oor hoe om aktief oud te word.
Maak 'n stelling met teëls in jou huis 14.10.2020 4:32
Die geskiedenis van teëls gaan terug tot sover as vierduisend jaar voor Christus. Daardie tyd is teëls gemaak van klei, sand en ander natuurlike bestanddele. Die tegnologie het intussen verbeter, maar teëls word steeds gebruik om 'n visuele impak in en om ons huise te maak. Jacqui January het meer gaan uitvind oor die geskiedenis en gebruike van teëls.
Skole se uitdagings met Covid-19 - Deel 2 14.10.2020 8:29
Marquerithe Schreuder deel met Johan Rademan 'n voorskool se belewenis tydens die Covid-19-pandemie.
Skole se uitdagings met Covid-19 - Deel 1 14.10.2020 10:26
Sanette Nowers gesels met Johan Rademan tydens skoolgesondheidsweek oor skole se uitdagings te midde die Covid-19-pandemie.
Wanneer tree jou kat of hond vreemd op? 13.10.2020 9:43
Veearts Dr. Ingrid de Wet gesels met Johan Rademan oor katte en honde se vreemde gedrag, waarvan sommige normaal is.
Kaapstad Omgewing-opvoedingstrust 13.10.2020 8:43
Louise Matschke vertel vir Johan Rademan van Kaapstad Omgewing-opvoedingstrust se rol om kinders nader aan die natuur te bring.
Tafelberg in die sterre 13.10.2020 9:23
Johan Rademan praat met Willie Koorts van die SA Astronomiese Observatorium oor Tafelberg, wat die enigste natuurlike formasie op die aarde is, wat sy naam aan 'n sterrebeeld gegee het.
Theo Erasmus toor steeds met sy trekklavier 12.10.2020 12:10
Theo Erasmus is al nader aan tagtig as sewentig, maar steeds tower die musikant, wat met bekendes soos Ollie Viljoen opgetree het, steeds die mooiste klanke op uit sy akkordeon. Mariska Spoormaker het hom gevra of hy nog vertonings voor die Covid-19 inperkings gelewer het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.