RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Noordhoek 05.11.2020 11:02
Noordhoek met sy perdekultuur, doen langtermynbeplanning om die dorp se karakter te bewaar te midde van verstedeliking en ander uitdagings. Marike Colyn van die Belastingbetalersvereniging vertel hoe die dorp al die rolspelers hierby betrek het.
Geologie 04.11.2020 9:08
Die konsep van geologie kom van twee Griekse woorde - geo, wat Aarde beteken, en logo wat studie beteken. Dit gaan oor die wetenskap en ontleding van die binne- en buitevorm van die planeet. Dit is dus die bestudering van die vlakke wat die aardbol vorm en die vormingsmeganisme daarvan. Jacqui January gesels met geoloog prof. Hennie Theart.
Wat is WASP? 04.11.2020 19:00
Martelize Brink praat met Jan Vermeulen, redakteur by My Broadband en ondersoekende joernalis, oor wat WASP is, die probleme daarmee en watter rol dit gespeel het in die moord op luitenant-kolonel Charl Kinnear.
SA kandelare in die Withuis 03.11.2020 9:55
Johan Rademan praat met Shane Petzer van Magpie Art Collective op Barrydale oor hulle kandelare, wat agt jaar lank in die Withuis in Washington DC gehang het. Dit het saam met die Obamas na hulle nuwe huis getrek.
Om jou hare vir ‘n kankerpasiënt te laat groei 03.11.2020 6:50
Hierdie is die storie van Robert Lipka van Port Elizabeth wat só dankbaar was toe hy in 2016 suksesvol teen prostaatkanker behandel is, dat hy sy hare die afgelope vier jaar laat groei het. Maar sy spoggerige poniestert gaan nou waai, het hy vir Mariska Spoormaker gesê.
Bart Pieterse se honde 03.11.2020 15:55
Johan Rademan praat met Bart Pieterse, wat 16 jaar lank verbonde was aan die polisie se honde-eenheid op Bethlehem. Het daar met ‘n patrollie- en springstofhond gewerk, en het ook agt jaar lank in Irak en Afghanistan met honde gewerk.
Unmute Artsability 02.11.2020 12:06
Martelize Brink gesels met Brenton Swartz, 'n mondskilder wat betrokke is by KunsteKaap se Unmute Artsability-fees.
Santa's Shoebox 02.11.2020 9:29
Martelize Brink hoor hoe sake verloop by Santa's Shoebox om geskenkpakke vir minderbevoorregte kinders in te samel.
Aanlyn-bestuursplatforms vir skole 02.11.2020 11:44
Willem Kitzhoff praat oor hoe aanlyn-bestuursplatforms skole kan help.
Al hoe meer mense wil gaan kampeer 30.10.2020 10:47
As daar nou een ding is wat 'n hupstoot deur die pandemie gekry het, dan is dit die buiteluglewe en kampering. Dit lyk ook asof mense die geld wat hulle op duur oorsese vakansies sou bestee, nou eerder in vastrapvoertuie, tente en woonwaens steek. Eben Grobler, ‘n Baaise handelaar in kampeertoerusting en woonwaens, het dié tendens aan Mariska Spoormaker bevestig.
Willie van Kanada 30.10.2020 8:06
Willie Lottering is 'n oud-Suid-Afrikaner wat deesdae naby Toronto in Kanada woon. Hy het die beeldende kunste sy beroep gemaak, en skilder steeds. Hennie Maas het met hom gesels oor sy lewe in Kanada, en hoe die emigrasieproses sy lewe beïnvloed het.
Hekse en Halloween 30.10.2020 8:55
Teologie Professor Juliana Claassens vertel vir Sue Pyler van die uitbeelding van hekse by Halloween.
Herfskommandowurm 29.10.2020 8:46
Die herfskommandowurm is die eerste keer in 2016 in Afrika opgemerk. Dit kom al vir jare sporadies in Noord- en Suid-Amerika voor, en val gewasse soos mielies, sonneblom en koring aan. Mielies is hulle voorkeurgewas, en dié plaag is reeds in Suid-Afrika bevestig. Jacqui January gesels hieroor met prof. Johnnie van den Berg van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus.
Vriende van Tafelberg 29.10.2020 5:33
Willem Boshoff vertel vir Johan Rademan watter rol Vriende van Tafelberg speel in die bewaring van hierdie natuurerfenis.
Sandra Prinsloo 29.10.2020 17:35
Sandra Prinsloo gesels met Johan Rademan oor haar loopbaan, insigte in oud word en die toneelstuk, Spertyd, waarin sy te sien is.
Kans vir Matrieks om Antarktika toe te gaan 28.10.2020 8:17
Riaan Manser vertel vir Johan Rademan van 'n avontuur waar vyf matrikulante saam met hom en professors van die Universiteit Stellenbosch Antarkitika toe kan gaan om hulle te help om anders oor wetenskap te dink.
Lize Beekman se eerste album in nege jaar 28.10.2020 20:20
Lize Beekman en Deon Meyer vertel vir Johan Rademan van Lize se nuwe album, Hier en nou, waarop Deon 'n duet saam met haar doen.
Nic de Jager - 80 28.10.2020 9:33
Nic de Jager deel op sy tagtigste verjaarsdag herinneringe uit sy radioloopbaan.
Ds. André Boezak 27.10.2020 11:36
Haidee Muller gesels met die skrywer en storieverteller, ds. André Boezak van die VGK op Oudtshoorn. Hy vertel van sy nuwe boek, Grendelgeloof, wat tydens die grendeltyd ontstaan het uit dagstukkies wat hy met sy gemeente gedeel het omdat hulle nie kon kerk bywoon nie. Hy gesels ook oor sy grootwordplek, Simondium, en sy drome.
Versorg die versorgers 27.10.2020 10:12
Pieter le Roux vertel vir Johan Rademan hoe die versorgers van kankerpasiënte ondersteun kan word.
Roland se kankerreis 26.10.2020 11:04
Oktober is kankermaand. Haidee Muller gesels met Roland Jonathan oor sy kankerreis. Hy het onder andere 'n stamseloorplanting gehad. Haidee hoor hoe hy drie keer byna dood was, en in weerwil daarvan fase 4 kanker oorleef het.
Hope Farm Restorasie 26.10.2020 6:00
Izette Carroll vertel vir Johan Rademan van Hope Farm Restorasie, 'n plaas op Hopefield waar middelafhanklikheid met werkterapie aangepak word.
Jana Birch se Oosterse reise 23.10.2020 12:30
Jana Birch het huis en haard verkoop om drie jaar lank in die Ooste te gaan reis. Sy was in ‘n gemaklike situasie as TV-vervaardiger en regisseur van o.a. Pasella op SABC, maar sy en haar man, ‘n veearts, het hulle beroepe tydelik gestaak om te gaan reis. Jana het ook musiek gekomponeer vir o.a. ‘n kortfilm, Vismense, en terwyl sy reis, skryf en komponeer sy gedurig. Sy deel van hulle ervaringe me...
Aunty Sarah Hill en die dood 23.10.2020 9:46
Elkeen van ons het ‘n storie te vertel oor die lewe, die dood, die liefde... Jacqui January gesels met Aunty Sarah Hill van Kuilsrivier in die Kaap. Aunty Sarah vertel hoe sy en haar man hulleself voorberei het vir die dood van haar man. Maar Jacqui wou eers by haar weet oor haar naam, want dis toe nie Sarah nie…
Digitale opleiding 23.10.2020 9:10
Jana de Necker vertel vir Martelize Brink van die skuif na opleiding via digitale platforms wat nou binne in die werksomgewing plaasvind.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.