RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Vroeggebore babas 17.11.2020 13:09
Dr. Miemie Du Preez praat op Wêreld Premature Baba-dag oor inisiatiewe by die Tygerberg Hospitaal om vroeggebore babas te ondersteun.
TV-skeidsregters 17.11.2020 10:42
Freek Burger gesels met Johan Rademan oor die rol van TV-skeidsregters in rugby.
Sirkulêre ekonomie 17.11.2020 9:00
Lizl Naude verduidelik vir Johan Rademan wat die sirkulêre ekonomie behels aan die hand van voorbeelde van die herdoelprodukte wat haar onderneming Lillyloompa vervaardig.
Hoekom is die Addo-leeus op die pil? 16.11.2020 10:33
As jy een van die Suid-Afrikaanse burgers is wat die Addo Olifant Nasionale Park in Sanparke se gratis-toegang week van 16 tot 20 November gaan besoek , dan moet jy uitkyk vir dié park se leeus, want hier word daar hard gewerk om hulle getalle te beperk. Mariska Spoormaker het hieroor met die hoof van die park, Nick de Goede, gepraat.
Om te dorpie of nie te dorpie nie 16.11.2020 9:36
Martelize Brink gesels met Liny Kruger wat die stad vir McGregor verruil het. Hulle kyk na die voor- en nadele om na die platteland en 'n baie klein dorpie te trek.
Agulhas Nasionale Park 16.11.2020 9:15
Martelize Brink gesels met Alliston Appel van Agulhas Nasionale Park oor die eerste dag van Sanparke-week waartydens Suid-Afrikaners die parke gratis kan besoek.
Ben-Erik van Wyk se plantkennis 13.11.2020 7:48
Die M.T. Steyn-prys van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns is ‘n prys vir natuurwetenkaplike tegnologiese prestasie. Dit is vroeër van jaar toegeken aan prof. Ben-Erik van Wyk van die Departement Plantkunde en Plantbiotegnologie aan die Universiteit van Johannesburg. Ben-Erik van Wyk is ’n internasionale leier op die gebied van die benutting van inheemse plante en planttaksonomie, en is een van...
Diabetes 13.11.2020 8:45
Alice Vogt vertel vir Martelize Brink van haar ervaring met diabetes.
Juanita Kotze 13.11.2020 14:55
Juanita Kotze vertel vir Martelize Brink van haar loopbaan as internasionale model en stilleerder.
Granville Riffel se liefde vir kos en sy gemeenskap 12.11.2020 13:20
Granville Riffel se liefde vir kos kom van ver af. Hy kry sy omgeehart van Oupa Riffel wat groente op hulle lap grond by Franschhoek gekweek en dan gulhartig aan almal uitgedeel het. Granville het 'n eindelose passie vir sy gemeenskap, en in ‘n duur toerismedorp soos Franschhoek besluit hy toe om 'n wegneemplek met ‘n ander geurtjie oop te maak. Haidee Muller ht gaan kyk hoe hy kan toor met vars k...
Die versorging van bejaardes 12.11.2020 16:51
Die versorging van ouer mense en sekere siektetoestande verg gespesialiseerde versorgers. Suster Jeanne Burger verduidelik vir Johan Rademan hoe die versorgers opgelei moet word, en dat mense wat noodprosedures kan behartig elke twee jaar heropgelei moet word.
Sig vir Kersfees 11.11.2020 13:34
Dr. Johan Eloff en Ebeth Wilson gesels met Martelize Brink oor die Sig vir Kersfees-projek wat gratis katarakoperasies te doen.
Jong medici - Veneshley Samuels 11.11.2020 6:31
Veneshley Samuels gesels met Martelize Brink oor haar rol in die bestryding van aansteeklike siektes.
Enkelloperdag 11.11.2020 10:21
Terence Veldsman gesels met Martelize Brink oor Enkelloperdag.
Jong medici - Menzi Mtshali 10.11.2020 8:56
Sibongumenzi Mtshali vertel vir Johan Rademan van haar inspirasie om medies te studeer, en haar betrokkenheid by die Pink Flamingo-projek.
Schauderville se tuin van inspirasie 10.11.2020 10:25
In Port Elizabeth se Schauderville-woonbuurt, spog die een skakelhuisie in Roosstraat met só ‘n pragtige tuin dat Mariska Spoormaker aangeklop het om met oom Douglas de Doncker, die tuinskepper, te praat. Hy sê hy is 73, maar hy het nog baie energie om 'n liefde vir tuinmaak by die jeug te kweek.
Wees versigtig aanlyn met Swart Vrydag 10.11.2020 13:55
FC Boonzaaier vertel vir Johan Rademan hoe om Swart Vrydag-slaggate te vermy.
Cape Leopard Trust 09.11.2020 7:10
Chris Eksteen vertel vir Martelize Brink hoe die Cape Leopard Trust kinders by bewaring betrek met hulle uitreikaksies.
Malixole se pad met Afrikaans 09.11.2020 9:21
Malixole Gwatyu het in die Wes-Kaap grootgeword. Hy vertel hoe hy as plaasseun soggens 4 uur moes opstaan om by die skool uit te kom op die dorp, en sy pad met Afrikaans toe hy tale gaan swot het.
Begin 'n tweede werk 09.11.2020 9:47
Leana de Beer vertel vir Martelize Brink hoe jy met 'n tweede werk of side hustle kan begin.
Ds. Henry Mathy 06.11.2020 13:15
Haidee Muller gesels met ds. Henry Mathys oor sy betrokkenheid by erfenis- en versoeningsprogramme.
Gewilde bode van SAUK in Seepunt onthou 06.11.2020 12:36
Ruben van Wyk het langer as 30 jaar by die SAUK in Seepunt, Kaapstad, as bode gewerk. Hy was alombekend vir sy borrelende geaardheid en natuurlik het hy oor die jare heen in almal by die Seepunt-gebou se harte ingekruip. Ruben het ‘n paar jaar gelede afgetree, en verlede week het hy ongelukkig gesterf. Vandag wil ons graag hulde aan Ruben van Wyk bring, en ons speel vir jou ‘n opname van ‘n gesels...
Alvano se kletsrymelary 06.11.2020 7:10
Alvano Baartman het sy sig verloor toe hy drie jaar oud was nadat sy pa hom teen die kop geslaan het. Vandag is musiek sy passie. Hy vertel vir Martelize Brink van die uitdagings as siggestremde om ‘n suksesvolle loopbaan as kletsrymer te volg.
Barberton 05.11.2020 15:14
Roelf le Roux, 'n afgetrede geoloog, vertel van Barberton se besondere geologie en die gebied wat as wêrelderfenisgebied verklaar is.
SA nou deel van internasionale naskoolse leerdersprojek 05.11.2020 8:32
Suid-Afrika het deel geword van die internasionale gemeenskap in ‘n naskoolse leerdersprojek. Lights On Afterschool, wat die afgelope 20 jaar internasionale bestaan, is nou vir die eerste keer in Suid-Afrika. Jacqui January het meer gaan uitvind oor die projek.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.