RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kwesbare kinders en MIV 01.12.2020

Dr. Benita Nel vertel vir Johan Rademan van Childline se wees- en kwesbare kindersprogram, en hoe MIV daarin bestuur word.

Jabulani Voedingsentrum se veilige fort 30.11.2020

Yasmine Abrahams vertel vir Martelize Brink hoe die Jabulani Voedingsentrum 'n fort uit vraghouers in Parkwood Estate, Kaapstad, gebou het. Hulle voed daagliks 500 kinders en gee basiese opvoeding in 'n beskermde omgewing teen die dwaalkoeëls van bendes.

Batterykrag 30.11.2020

James Verster vertel vir Martelize Brink van groot batterye wat in Suid-Afrika vervaardig word.

Fynbos 30.11.2020

Roger Bailey en Kirsten Watson vertel vir Martelize Brink hoe fynbos bestuur word vir volhoubaarheid.

Die mense wat maan toe stap 27.11.2020

Op Kaap St. Francis in die Oos-Kaap sal jy dr. Heilie Uys en haar man Willie elke dag hard aan die stap vind. Dr. Uys, 'n afgetrede oorplanting- en dialise verpleegspesialis wat self ‘n nier ontvang het, het aan Mariska Spoormaker gesê haar en haar man se gestappery is deel van die wêreldwye Billion Steps-uitdaging vir oorplantingsatlete.

Verwelkom uile in jou omgewing 27.11.2020

Uile loop steeds kwaai deur onder sekere bygelowe, selfs ná baie opvoeding en bewusmaking. Die uil op die dak is vir baie mense ‘n teken van die dood. Sulke onsinnige bygelowe vervreem die mens van hierdie waardevolle roofvoël, wat help keer dat skadelike muise en ander peste en plae in ons omgewing aanteel. Die uilbevolking is kwesbaar, en ons word aangemoedig om roofvoëls in ons omgewing te verw...

Meestersuiwelboer van die Jaar 26.11.2020

Johannes Loubser is een van vyf broers wat ‘n enorme groot melkery bestuur. Hy is onlangs aangewys as die Landbou Navorsingsraad se Meestersuiwelboer van die Jaar. Hy vertel vir Johan Rademan van die dinamika van die vyf broers en sy respek en passie vir melkkoeie.

Mentorskap vir seuns 26.11.2020

Jaco van Schalkwyk gesels met Johan Rademan oor die mentorskap van seuns met afwesige pa's.

Vaardigheidsopleiding 26.11.2020

Elsie Harmse gesels met Johan Rademan oor werkgekoppelde vaardigheidsopleiding.

Hannelie Booyens se pad met motorneuronsiekte 25.11.2020

Joernalis Hannelie Booyens vertel vir Martelize Brink van haar diagnose met motorneuronsiekte, haar ervaring hiervan tot op hede, en hoe sy haarself voorberei vir wat kom.

Wyntoerisme 25.11.2020

André Morgenthal gesels met Martelize Brink oor volhoubaarheid in wyntoerisme.

Vermy só gevare tydens stap met Wagter 24.11.2020

Veearts dr. Ingrid de Wet vertel vir Johan Rademan hoe om gevare te vermy wanneer jy met jou hond gaan stap.

Prostaatkanker 24.11.2020

Dorothy Du Plooy van CANSA vertel vir Johan Rademan van prostaatkanker en die dienste wat die organisasie lewer.

Boelies by die werk 24.11.2020

Dr. Linda Meyer vertel vir Johan Rademan wat jou te doen staan as jy geboelie word by die werk.

Dr. Willa Boezak 23.11.2020

Dr. Willa Boezak is 'n skrywer en antropoloog, wat ’n meestersgraad in teologie met lof aan die Universiteit van Wes-Kaapland geslaag het. Hy het daarna aan die Vrije Universiteit van Amsterdam studeer en toe sy doktorsgraad in menslike wetenskap aan die Universiteit van Kaapstad behaal. Dr. Boezak was ook 12 jaar lank dosent in teologiese etiek aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Haidee Muller...

Madibaland Wêreld Literêre fees 23.11.2020

Prof. Darryl David vertel vir Sue Pyler van die Madibaland Wêreld Literêre fees.

Out of Wire 23.11.2020

Ria Moolman vertel vir Sue Pyler hoe daar op Bedford in die Oos-Kaap draad gebruik word om klerehangers en dekoritems te maak.

Willem Avenant 20.11.2020

Willem Avenant vertel vir Martelize Brink van die Morocco Desert Challenge veldtydren wat hy op 'n motorfiets gaan aanpak.

E-sigarette 20.11.2020

Naomi Langeveld vertel vir Martelize Brink van die behoefte om e-sigarette te reguleer.

Hoërskool Ermelo 19.11.2020

Pieter Grobler, skoolhoof van die Hoërskool Ermelo, het ‘n uitstekende kombinasie tussen kuns, kultuur, akademie en sport bewerkstellig. Hy het ook die gevreesde “doop” van groentjies op 'n kreatiewe wyse ondervang.

Victor Fredericks - plaaswerker, skrywer, sanger 19.11.2020

Victor Fredericks het in sy pa se voetspore gevolg, en is voorman op een van die grootste peerplase in die suidelike halfrond. Jacqui January het in die Boland gaan kuier, en gesels met dié talentvolle plaaswerker wat al ‘n boek oor die stories van sy mense geskryf het. Victor skryf ook gedigte en toonset dit self.

Skool vir entrepreneurskapsvaardighede 19.11.2020

Pierre van den Berg vertel vir Johan Rademan van 'n skool wat entrepreneurskapsvaardighede slyp.

Cohnwille se kuns bekoor mense 18.11.2020

Cohnwille Swarts en sy kunsonderwyser Celeste Arendse gesels met Martelize Brink oor die beroering wat dié graad 12 leerling se kuns op sosiale media veroorsaak het. Cohnwille vertel ook hoekom die tema van sy kuns armoede is.

DAK Netwerk vereer baanbrekers 18.11.2020

Haidee Muller was onlangs by die eretoekennings van die taal- en kultuurorganisasie, DAK Netwerk. Sy het daar met 'n paar baanbrekers gesels. Hierdie vereerdes is mense wat 'n besonderse bydrae in hulle gemeenskappe en beroepsvelde gelewer het. Hulle is uitskieters wat dikwels vergeet word, hoewel hulle 'n verskil maak.

SA Plastiekooreenkoms 18.11.2020

Saliem Haider vertel vir Martelize Brink wat die Suid-Afrikaanse plastiekooreenkoms wat in 2019 tot stand gekom het, behels, en die aksies wat in dié verband geneem is.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.