RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Dra jy die simbool van liefde? 11.12.2020 9:12
Dra jy die simbool van liefde om jou nek of pols? Mariska Spoormaker het hieroor gewonder nadat sy oor pêrels gepraat het met Annelize Els van Uitenhage. Annelize is een van min mense in die Oos-Kaap wat pêrels herstring. Sy vertel onder meer van dié juweel se simboliek oor die liefde, en waar dit vir haar begin het.
Projek stel leerders bloot aan maritieme wetenskappe 11.12.2020 8:31
Maritieme argeoloog Jaco Boshoff vertel vir Martelize Brink van 'n projek wat skoliere van voorheen benadeelde gebiede blootstel aan die geleenthede wat die Mariene Wetenskappe bied.
Kreatiewe intelligensie 11.12.2020 13:58
Dr. Cherylene de Jager gesels met Martelize Brink oor kreatiewe intelligensie, kreatiwiteit, innovering en ontwerpersdenke.
Musiekuitreikprogram vir meisies 10.12.2020 5:02
Lana Crowster vertel vir Martelize Brink van 'n uitreikprogram by skole wat bestaan uit opnames van optredes en klasse wat gratis beskikbaar gestel word vir skole en individue om meisies se toetrede tot musiek as loopbaan te bevorder.
Erfenisbome - Deel 4 10.12.2020 3:46
Martelize Brink reis verder op die Erfenisboomroete in die Paarl saam met Retha van Wyk en Hine Kriel van die Paarl Tuinbou-vereniging.
Kos in jou yskas 10.12.2020 15:11
Dieetkundige Irene Labuschagne vertel vir Martelize Brink waar jy kos in jou yskas moet bêre, en hoe lank dit goed bly.
Mobiele eenhede help jeug in Noord-Kaap 09.12.2020 5:12
Denise Dookoo vertel vir Martelize Brink van ‘n projek waar mobiele eenhede in die Noord-Kaap se platteland ontplooi is om jong mense die geleentheid te gee om aansoek te doen vir beurse, studie en werk, wat hulle andersins nie sou kon doen nie.
Erfenisbome - Deel 3 09.12.2020 2:16
Martelize Brink reis verder op die Erfenisboomroete in die Paarl saam met Retha van Wyk en Hine Kriel van die Paarl Tuinbou-vereniging.
Geestesgesondheid in die werkplek 09.12.2020 9:55
Prof. Renata Schoeman gesels met Martelize Brink oor geestesgesondheid in die werkplek.
Erfenisbome - Deel 2 08.12.2020 4:38
Martelize Brink reis verder op die Erfenisboomroete in die Paarl saam met Retha van Wyk en Hine Kriel van die Paarl Tuinbou-vereniging.
Bidsprinkane 08.12.2020 9:20
Het jy geweet 'n bidsprinkaan is nié 'n sprinkaan nie? Hierdie insek met voorpootjies wat lyk soos biddende handjies waarmee hy sy prooi vang, staan bekend as goejop in Khoi. Jacqui January gesels met Bianca Greyvenstein wat haar doktorale studie oor dié insek gedoen het.
Knoffelboer 07.12.2020 12:16
Amos Reed en Chris Vermeulen vertel vir Martelize Brink van Amos se knoffelboerdery op Phillipstown in die Noord-Kaap. Chris verduidelik hoe die Agri4Change-program mikroboere soos Amos ondersteun.
Erfenisbome - Deel 1 07.12.2020 8:40
Martelize Brink neem ‘n toer op die erfenisboomroete in die Paarl. Sy hoor by Retha van Wyk en Hine Kriel van die Paarl Tuinbou-vereniging hoe ‘n boom as ‘n erfenisboom verklaar word.
Die belangrikheid van matriek 07.12.2020 7:01
Sanet Nel vertel vir Martelize Brink van die belangrikheid om jou matriekkwalifikasie kry, al is jy ouer as 21.
Kaapstad se afgetrede kannonier sterf 04.12.2020 8:03
Dudley Malgas is die Kapenaar wat vir 22 jaar lank die man was wat die kanon op Seinheuwel presies om 12:00 afgevuur het. Hy is Maandag oorlede. In 2017 het Haidee Muller met Dudley gesels. Hy is gebore in Tarka in Mosselbaai. Hy het vir Haidee vertel sy werk is 'n groot passie wat hom na aan die hart lê. Hy het effe bewoë geraak toe Haidee hom oor sy aftrede uitvra.
Grondbiodiversiteit 04.12.2020 10:26
Dr. Morné du Plessis gesels met Martelize Brink oor die belangrikheid van grondbiodiversiteit.
Seksie 12J-beleggings 04.12.2020 7:29
James Rothman vertel vir Martelize Brink wat Seksie 12J-beleggings behels, wat werkskepping stimuleer.
Khoi woordkuns en beeldhouwerk 03.12.2020 11:36
Donker Jonker en Andries Dirks vertel vir Johan Rademan van 'n aktiewe woordkunsproduksie, Eerstemense, en 'n Khoikuns-beelduitstalling, Klipkinders, wat by Riebeekvallei se Solo Studios-naweek te sien is.
Webblad vir gestremde toeriste 03.12.2020 7:39
Karin Coetzee vertel vir Johan Rademan van 'n toerismewebblad vir mense met gestremdhede, wat toeganklikheid beoordeel by restaurante, akkomodasiefasiliteite en toerisme-attraksies. disabledtravel.co.za
Kortkursusse 03.12.2020 10:38
Dr. Johan Swanepoel vertel vir Johan Rademan van die waarde en plek van kortkursusse in stede van grade wat jare se studie neem. usb-ed.com
Grendelstories en -resepte 02.12.2020 11:49
Ingrid Jones vertel vir Martelize Brink hoe 'n Facebookblad oor grendeltydstories en -resepte gestalte gekry het in sowel 'n boek as ‘n tydskrif.
Rou wat later kom 02.12.2020 6:30
Kliniese terapeut Pieter le Roux vertel vir Martelize Brink waarom die dood van 'n geliefde jou soms jare later eers so hard tref.
Loslitdag 02.12.2020 9:10
Fanie Swanepoel gesels met Martelize Brink oor vanjaar se Loslitdag.
Vernuwe jou handelsmerk 01.12.2020 4:44
Wayne Flemming vertel vir Johan Rademan van die waarde om 'n handelsmerk te vernuwe.
Jong meisies en MIV 01.12.2020 7:10
Glenn Gilmore vertel vir Johan Rademan van jong meisies se blootstelling aan MIV, en Shout-It-Now se dienste aan hierdie kwesbare groep.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.