RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die ekologie van getypoele 24.12.2020 10:17
Bianca Engel gesels met Martelize Brink oor die ekologie van poele by die see.
Boomkykklub 23.12.2020 19:39
Dr. Willie Barnard gesels met Martelize Brink oor 'n boomkykklub op Lephalale.
Moslemerfenis-kunsuitstalling 23.12.2020 11:03
Calvyn Gilfellan vertel vir Martelize Brink van 'n nuwe Moslemerfenis-kunsuitstalling en 'n Imam Haron-uitstalling by die Kasteel de Goede Hoop.
Bergveiligheid 23.12.2020 10:30
Freda Walters gesels met Martelize Brink oor veiligheid op uitstappies in die berge.
Botaniese tuine 22.12.2020 12:52
Rupert Koopman gesels met Gustav Greyling oor botaniese tuine as 'n veilige alternatief vir uitstappies.
Jeug- en leierskapkampe 22.12.2020 9:27
Lappies Labuschagne vertel vir Gustav Greyling van die jeug- en leierskapkampe wat by die Soetwater Omgewingssentrum op Kommetjie in die Kaap aangebied word. Kopano Mogoje van Adamantia Hoërskool op Kimberley deel ook haar ervaring van die kamp.
Die marmering van Wagyu-vleis 22.12.2020 9:40
Prof. Eddie Webb gesels met Gustav Greyling oor marmering van vleis en die Wagyu-Beesras.
Hoe het inkopies verander? 21.12.2020 13:25
Kenne Loubser vertel vir Gustav Greyling hoe inkopietendense die afgelope jaar verander het.
Kyk na die "Bethlehemster" 21.12.2020 7:52
Willie Koorts gesels met Gustav Greyling oor die sogenaamde Betlehemster wat op 21 Desember te sien is.
Alleen in die feestyd 21.12.2020 9:48
Kliniese terapeut Pieter le Roux gesels met Gustav Greyling oor alleenwees in die feestyd.
Heyneke Meyer 18.12.2020 17:06
Die voormalige Springbokafrigter, Heyneke Meyer, gesels met Fritz Klaaste oor leierskap.
Prof. Ben-Erik van Wyk se Akademieprys 18.12.2020 7:35
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer elke jaar Suid-Afrikaners wat volgehoue bydraes op verskillende vlakke van die kuns en wetenskap gelewer het. Die MT Steyn-toekenning vir natuurwetenskap en tegnologie is vanjaar toegeken aan prof. Ben-Erik van Wyk van die Universiteit van Johannesburg. Jacqui January het met hom oor hierdie eerbewys gepraat.
Werkstitels vs werksrolle 18.12.2020 14:51
Joanita Wolfaardt gesels met Fritz Klaaste oor werkstitels en werksrolle se plek ná 2020.
Avontuurtoerisme 17.12.2020 9:05
Alewijn Dippenaar vertel vir Gustav Greyling van avontuurtoerisme aan die TuinrRoete.
Telemedisyne 17.12.2020 7:30
Anja Smith gesels met Gustav Greyling oor die ontwikkeling van telemedisyne die afgelope jaar.
Hoe lank hou kos in die vrieskas? 17.12.2020 9:02
Dieetkundige Irene Labuschagne vertel vir Gustav Greyling hoe lank verskillende kossoorte in die vrieskas hou.
Beethoven - 250 jaar 16.12.2020 16:36
Een van die mees gevierde komponiste van alle tye, Ludwig van Beethoven, is vandag (16 Desember 2020) 250 jaar gelede, in 1770, in Bonn, Duitsland, gebore. Die geboortedatum word afgelei, omdat hy op die 17de gedoop is in die St. Remigius-kerk in dié stad aan die Rynrivier. Beethoven se meer as 700 werke is van die klassieke musiek wat die meeste uitgevoer word. Hy het lank in die musiekstad, Wene...
Barrydale se marionetparade 16.12.2020 7:54
Donna Kouter vertel vir Gustav Greyling van Barrydale se Versoeningsdag marionetparade wat vanjaar digitaal gebeur.
Hoe kook jou mieliepap? 16.12.2020 9:05
Dr. Dirk Strydom van Graan SA gesels met Gustav Greyling oor klagtes van mieliepap wat vanjaar nie reg kook nie.
Berei reg voor vir 'n nuwe troeteldier 15.12.2020 8:47
Veearts dr. Ingrid de Wet gesels met Martelize Brink oor die dinge wat jy in degte moet hou voor jy 'n nuwe hondjie of katjie kry.
Krismisrose 15.12.2020 6:13
Botanis Ernst van Jaarsveld gesels met Martelize Brink oor krismisrose.
Sosiale media-krisisbestuur 15.12.2020 14:20
Hannelie Booyens vertel vir Martelize Brink van haar werk as sosiale media krisisbestuurder.
Herwinning op Pella 14.12.2020 7:02
Mietjie Waterboer vertel vir Martelize Brink van haar herwinningsonderneming op Pella in die Noord-Kaap.
Holocaust- en Volksmoordsentrum 14.12.2020 8:58
Ursula Gaffley vertel vir Martelize Brink van die Holocaust- en Volksmoordsentrum in Kaapstad, en die nuwe uitstallings wat daar te sien is.
Jou digitale persona 14.12.2020 10:39
Michelle Wolfswinkel gesels met Martelize Brink oor jou digitale persona, en hoe om digitale teenwoordigheid te beplan en te bestuur uit die perspektief van 'n werkernemer.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.