RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
360 Grade foto's 06.01.2021 11:53
Tinus le Roux vertel vir Johan Rademan van 360 grade foto's wat hulle in sportstadions neem om sodoende inligting oor stadionvloei vas te lê.
Zoom-etiket 06.01.2021 17:54
Gail de Waal Basson gee vir Johan Rademan raad oor etiket tydens Zoom onderhoude.
Forensiese wetenskap 05.01.2021 8:10
Dr. Marise Heyns praat oor die stand van forensiese wetenskap in Suid-Afrika.
Jong aasvoëls in Oos-Kaap vrygelaat 05.01.2021 12:25
Kate Webster, ‘n boervrou naby Komani in die Oos-Kaap en bekende aasvoël-rehabilteerder, moes onlangs ses Kransaasvoëls van Vulpro, die aasvoël rehabilitasiesentrum in Noordwes, inneem om hulle vliegvaardig te kry vir loslating in die Oos-Kaap. Mariska Spoormaker het met Kate gepraat en gehoor ‘n paar is al voor Kersfees vrygelaat.
Spraakontwikkeling in die tyd van maskers 05.01.2021 10:56
Spraak- en taalterapeut Ronelle Slabbert praat oor die invloed wat gesigmaskers op jong kinders se spraakontwikkeling het.
Onwettige houthandel 04.01.2021 15:05
Bosbouwetenskaplike Izak van der Merwe vertel vir Johan Rademan van die onwettige handel in hout in Suid-Afrika.
Daklose gholfspeler 04.01.2021 10:29
Llewellyn Barnes het van 'n baie jong ouderdom af met die harde kant van die lewe te doen gekry. Hy was 10 jaar oud toe sy pa sterf, sy ma - 'n huishulp - het gesukkel om hom, sy broer en susters op haar eie groot te maak. Hy het hom later tussen 'n groep hawelose mense op Zwartkops bevind, en dit is waar sy liefde vir gholf opgevlam het. Hy het vir professionele spelers begin sak dra, en verlede...
Veerkragtigheid 04.01.2021 14:03
Prof. Renata Schoeman gesels met Johan Rademan oor veerkragtigheid.
Kilimandjaro op met 'n rolstoel 01.01.2021 9:24
Tarryn Tomlinson vertel hoe sy Berg Kilimandjaro in haar rolstoel aangepak het.
Kies beroep volgens persoonlikheid 01.01.2021 12:22
Dr. Linda Meyer vertel vir Johan Rademan hoe belangrik dit is dat jou persoonlikheid en jou beroep in pas met mekaar moet wees.
21 Lewenslesse 01.01.2021 13:30
Susan Booyens gesels met Johan Rademan oor lewenslesse van 21 bekendes vir 21-jariges.
Toorbos 31.12.2020 15:34
René van Rooyen vertel vir Johan Rademan van die verfilming van Toorbos, en hoe die Oscarbenoemingsproses werk.
Nuwejaarsvleiland Spesiale bestuursgebied 31.12.2020 6:52
Ross Kettles gesels met Johan Rademan oor die Nuwejaarsvleiland Spesiale bestuursgebied in die Overberg.
Brandrisiko's 31.12.2020 9:40
Louise Wessels gesels met Johan Rademan oor programme in die Overberg om brandrisiko's te verminder.
STAND-stigting steun teatermense 30.12.2020 14:38
Saartjie Botha vertel vir Johan Rademan van die STAND-stigting wat teaterakteurs en -dansers ondersteun te midde van die grendeltyd.
Riana Scheepers se Katriena 30.12.2020 9:30
Riana Scheepers vertel vir Johan Rademan waar haar Katriena-stories vandaan kom.
Kry jou CV gereed 30.12.2020 17:22
Gail de Waal Basson vertel vir Johan Rademan wat jou te doen staan wanneer jy skielik sonder werk sit.
Twee Oseane Akwarium Opvoedkunde Stigting 29.12.2020 16:02
Bianca Engel vertel vir Johan Rademan van haar werk by die Twee Oseane Akwarium Opvoedkunde Stigting.
Rivierveiligheid 29.12.2020 8:55
Deon Langenhoven gesels met Johan Rademan oor rivierveiligheid.
Uitbranding 29.12.2020 7:54
Prof. Renata Schoeman gesels met Johan Rademan oor uitbranding, en hoe jy dit kan voorkom.
Beskermde bome en bome op privaateiendom 28.12.2020 18:12
Izak van der Merwe gesels met Johan Rademan oor die reg rakende beskermde en ander bome op privaateiendom.
Baaise toergidse vertel hoe hulle oorleef 28.12.2020 9:13
Net toe Port Elizabeth se toergidse begin uitsien na 'n goeie feesseisoen om hulle leë koffers te help vul, het die Covid-19-pandemie weer opgevlam en alles feitlik tot stilstand geruk. Mariska Spoormaker wou by Tony Neveling, ‘n bekende toergids van Port Elizabeth, weet hoe hy oorleef in hierdie tye.
Korporatiewe kabaret 28.12.2020 13:20
Dr. Cherylene de Jager gesels met Johan Rademan oor korporatiewe kabaret.
Kapelaan Glenda Fredericks 24.12.2020 15:16
Glenda Fredericks vertel vir Martelize Brink oor haar werk as kapelaan by Korrektiewe Dienste.
Swemavonture in getypoele 24.12.2020 12:49
Rick Robertson gesels met Martelize Brink oor sy swemavonture in die Kaap se getypoele.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.