RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Farming for our future 10.02.2021

Maarten van Doesburgh gesels met Martelize Brink oor voedselverbouing op klein skaal, en kweekhuise wat gebou word met plastiek koeldrankbottels. www.facebook.com

Dr. John se vetplante 10.02.2021

Dr. John Mobbs was op sy dag die viserektor van die Onderwyskollege Suid-Kaapland op Oudtshoorn. Met sy aftrede het hy ‘n liefde vir kaktusse en vetplante ontwikkel. Hy vertel vir Haidee Muller_Isaacs van sy vetplantjies, sy vrywillige werk in die gemeenskap as lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Tuberkulose Assosiasie, en hoekom hy meen dat onderwyskolleges maar weer hulle deure moet oopswaai....

Gerookte kos 10.02.2021

Dieetkundige Irene Labuschagne vertel hoe gesond of ongesond gerookte kos is.

Andy Watts vereer vir sy whisky 09.02.2021

Andy Watts vertel vir Johan Rademan van die eer wat hom te beurt geval het om in die internasionale Whisky Hall of Fame opgeneem te word.

Fynbos-muurpapier 09.02.2021

Hermien van der Merwe vertel vir Johan Rademan van moderne muurpapier, en haar olieverfskilderye van fynbos wat nou op muurpapier pryk.

Hoe lyk die jaar vir tersiêre onderrig? 09.02.2021

Dr. Linda Meyer vertel vir Johan Rademan wat van die universiteitsjaar verwag kan word.

Epilepsie SA 08.02.2021

Marina Clarke vertel vir Martelize Brink van die ekonomiese ontwikkelingsdienste wat Epilepsie SA bied.

Hoe lyk die skooljaar? 08.02.2021

Sura Swart gesels met Martelize Brink oor wat ouers en kinders van die skooljaar kan verwag.

Maskermond 08.02.2021

Dirna Grobbelaar gesels oor maskermond, die verskynsel dat maskerdraers meer bewus word van onaangename asems.

Die wêreld van die blommerangskikker 05.02.2021

Charles Kinnear vertel vir Martelize Brink hoe hy die wêreld gesien het met blommerangskikking. Hy was 'n dosent in Japan, het kompetsies in Singapoer en Taiwan beoordeel, het in verskeie lande uitstallings gehou, en het selfs die kapel by die Tower of London versier vir 'n besoek van die koningin.

Merlyn van der Rheede 05.02.2021

Merlyn van der Rheede is ‘n projekbestuurder by die Afrikaanse Taalraad. Sy is passievol oor haar hartstaal, Afrikaans. Sy is onlangs aangestel as addisionele lid van die uitvoerende komitee van die konvokasie van die Universiteit van Stellenbosch. Merlyn is ‘n groot voorstaander van moedertaalonderrig en het ‘n sagte plekkie vir die jeug. Haidee Muller-Isaacs het haar uitgevra oor haar drome en h...

Matrieks in Antarktika 05.02.2021

Riaan Manser en Cobus Burger vertel vir Martelize Brink van die avontuur wat vyf matrikulante in Antarktika beleef het.

Blommeprag in Namibië 04.02.2021

Mike Spies vertel vir Johan Rademan van die blommeprag in Namibië ná die reën, en die skouspel van Sandhoflelies.

Houtstowe 04.02.2021

Herman Wolf vertel vir Johan Rademan hoe hy houtstowe restoureer en die plek wat dit in 'n moderne huis het.

Moringa nou in SA verbou 04.02.2021

Joubert Bosman gesels met Johan Rademan oor moringa wat nou in Suid-Afrika verbou word, en die gebruike daarvan vir mens, dier en plant.

Wêrelddag vir Hardop Lees 03.02.2021

Righardt le Roux vertel vir Martelize Brink op die Wêrelddag vir Hardop Lees van die belangrikheid daarvan vir kinders om vir plesier in hulle moedertaal te lees.

Pedriatiese Sorg SA help ná Sikloon Eloise 03.02.2021

Dr. André Hattingh vertel vir Martelize Brink van die hulp wat Pedriatiese Sorg SA verleen ná die verwoesting wat Sikloon Eloise gesaai het.

Ou Kaapse meubels 02.02.2021

Chris Aucamp gesels met Johan Rademan oor ou Kaapse meubels en die style van die verskillende eras.

Studie oor welvaart en migrasie in die Kaap Kolonie 02.02.2021

Dr. Heinrich Nel vertel vir Johan Rademan van sy studie oor welvaart, mobiliteit, familiebande en migrasie in die Kaap Kolonie van 1790 tot 1830.

Wat is jou geldgewoontes? 02.02.2021

Kenne Loubser vertel vir Johan Rademan van mense se geldgewoontes, en hoe dit jou finansiële posisie kan verbeter of versleg.

Bedrieërsindroom 01.02.2021

Dr. Deonita Damons gesels met Martelize Brink oor bedrieërsindroom, waar mense dink dat hul nie 'n sekere werk verdien nie.

Seën van die wyndruifoes 01.02.2021

Dr. Ernest Messina vertel vir Martelize Brink van die seën van die wyndruifoes.

Gemmer en borrie 01.02.2021

Susan Grobbelaar vertel vir Martelize Brink hoe gemmer en borrie gekweek word.

Despatch se kaktuskoning 29.01.2021

Die doring van Despatch is straks nie meer Danie Gerber nie, maar ‘n reuse kaktus uit Suid-Amerika wat staan tussen duisende ander vetplante in die die tuin van Theaan Le Roux, Despatch se eie kaktuskoning. Mariska Spoormaker het met Theaan en sy vrou Ursula oor hulle reuse vetplantversameling gesels.

Sibongile Khumalo 1957 - 2021 29.01.2021

Coenie de Villiers deel sy herhinneringe van die ontslape sangeres Sibongile Khumalo.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.