RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Derick Wallace se koffie-obsessie 29.01.2021 12:39
Die 27-jarige Derick Wallace van Durbanville werk as ‘n spesialis by 'n beleggingsmaatskappy. Hy het van jongs af 'n groot liefde vir kos, veral koffie, en in 2017 het hy sy koffie-obsessie in 'n tweede besigheid omgeskakel. Haidee Muller-Isaacs het al sy kontrepsies gaan beloer wat hy gebruik om geurige koffie te maak. Sy hoor ook dat China 'n koffiereus is. Hulle maak elke 15 uur daar ‘n nuwe ko...
Kunsmatige intelligensie 29.01.2021 15:10
Dries Cronje vertel vir Martelize Brink van die Kunsmatige intelligensie tendense in 2021.
Nostalgie in die apteek 28.01.2021 6:54
Jacqui January het in 7de Straat in Mellville, Johannesburg, by ‘n klein apteek ingestap, waar dit lyk en ruik of die tyd vir 30 jaar stil gestaan het. Jacqui gesels met die apteker en eienaar, Petra Nel, wat vertel hoe dit begin het…
Naas Botha praat oor skop 28.01.2021 12:12
Rugbylegende Naas Botha vertel vir Johan Rademan van sy aanslag tot skop en die rol van 'n skopper in 'n span. Hulle gesels ook vanjaar se Curriebekereindstryd.
'n Doktorsgraad in stelskoppe 28.01.2021 10:27
Dr. Elizabeth Roger-Lund vertel vir Johan Rademan van haar studie van stelskoppe in rugby, waarin sy haar doktorsgraad verwerf het.
Hoe soek mens 'n seekoei? 27.01.2021 6:45
Seekoeie word beskryf as die gevaarlikste soogdier. Hulle is verantwoordelik vir die meeste sterftes en beserings in die natuur. Seekoeie is kuddediere, maar soms dwaal een van die groep af weg, soos in die geval van ‘n seekoei wat sedert Desember verlede jaar in Fourways, Johannesburg, soek is. Constant Hoogstad van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe vertel hoe hulle help met die opsporing van di...
Pixie Pink veg vir mishandelde kinders 27.01.2021 13:55
Haidee Muller-Isaacs gesels met Pixie Pink, oftewel Terry-Ann Terblanche, 'n aktivis vir vroue- en kinderregte, oor haar werk in die gemeenskap. Terry-Ann is 'n kampvegter vir mishandelde kinders. Sy staan slagoffers by en red hulle uit die kloue van die bose. Sy ken die wêreld van misdaad al te goed, en meen dat misdaadbestryding nie genoeg is om vroue en kinders in nood te help nie. Haidee wou b...
Gefortifiseerde kos 27.01.2021 14:13
Dieetkundige Irene Labuschagne vertel vir Martelize Brink waarom kos gefortifiseer word.
Kos as medisyne vir troeteldiere 26.01.2021 12:19
Veearts dr. Ingrid de Wet gesels met Johan Rademan oor kos as medisyne vir troeteldiere.
André Watson 26.01.2021 13:11
André Watson vertel vir Johan Rademan wat dit verg om 'n skeidsregter in 'n Curriebekerfinaal te wees.
Biosekuriteit 26.01.2021 11:39
Dr. Ida Wilson gesels met Johan Rademan oor biosekuriteit in die Suid-Afrikaanse konteks.
Chansia Hartzenberg 25.01.2021 8:44
Chansia Hartzenberg vertel vir Martelize Brink hoe haar deursettingsvermoë en haar kolegas by Math Moms haar selfvertroue gegee het om matriek klaar te maak en by opvoeding betrokke te raak.
Lagterapie 25.01.2021 7:23
Heinrich Visser vertel vir Martelize Brink van lagterapie.
Plantverbetering 25.01.2021 11:16
Rachel Kriel vertel vir Martelize Brink van die rol wat PlantSA speel in plantverbetering.
Weet jy wat kampeer-etiket is? 22.01.2021 11:11
Noudat al hoe meer Suid-Afrikaners te midde van die pandemie-inperkings begin kampeer, kom daar ook al hoe meer klagtes oor kampeerders wat hulle nie aan kamp-etiket steur nie. Mariska Spoormaker wou by Eben Grobler, bekend as die Baai se Meneer Buitelug, weet of daar iets is soos kamp-etiket.
Nie-alkoholiese drankies 22.01.2021 6:21
Johannes le Roux gesels met Martelize Brink oor die gewildheid van nie-alkoholiese drankies.
Energiedoeltreffende geboue 22.01.2021 12:06
Barry Bredenkamp gesels met Martelize Brink oor die energiedoeltreffendheid van geboue en 'n energieprestasie-sertifikaat wat binnekort in geboue vertoon moet word.
Die koeksisterman 21.01.2021 9:51
Arno Arpin is die man met die groot sonhoed en kortbroek wat jy gereeld in die Goodwoodgebied in die Kaap by verkeerskrusings op en af sien stap met ‘n hele klomp pakkies koeksisters in die hand. Hy maak die koeksisters self. Sy koeksister-storie is al op ‘n internasionale kosprogram gewys. Haidee Muller het 'n soet dingetjie gaan soek.
Huldeblyk aan Margot Luyt 21.01.2021 8:07
Die bekende SAUK drama-regisseur en aktrise Margot Luyt, is op 20 Januarie 2021 op 73-jarige ouderdom oorlede. Luyt het die afgelope paar jaar aan Parkinson se siekte gelei en het in ‘n aftree-oord in Durbanville, Kaapstad gewoon. Volgens haar familie is Luyt Vrydag in die Karel Bremer-hospitaal opgeneem. Sy was veral bekend vir haar oorklankingswerk en jarelange bydrae tot drama by RSG. Sy het ve...
Restaurante sukkel tydens inperking 21.01.2021 13:38
René Botha en Nicolette Fouché vertel vir Johan Rademan van die moeilike tyd wat restaurante beleef met die inperking, en baie se besluit om eerder tydelik toe te maak.
Watter masker is die regte een? - Deel 2 20.01.2021 14:53
Adine Gericke gee vir Martelize Brink raad oor maskers. Watter een is die beste? Hoe versorg ek my masker?
Watter masker is die regte een? - Deel 1 20.01.2021 3:22
Prokureur Jonathan le Riche vertel vir Martelize Brink wat die reg as 'n masker beskou.
Hakkel 20.01.2021 13:40
Spraak- en taalterapeut Ronelle Slabbert gesels met Martelize Brink oor hakkel. Sy verduidelik wat dit is, wat dit veroorsaak en hoe jy moet kommunikeer met iemand wat hakkel.
Augrabies waterval loop sterk 20.01.2021 6:22
Die Augrabies waterval is in ‘n droë woestynstreek geleë. Die gebied kry ‘n gemiddelde jaarlikse reënval van 83 mm. Die afgelope week is meer as die helfte hiervan gemeet toe sagte reën oor die park uitgesak het. Jacqui January gesels met Christine du Plessis van die Augrabies Waterval Nasionale Park oor hierdie welkome nuwejaarsgeskenk.
"Ek het vlot gehakkel" - Theuns Stofberg 19.01.2021 15:48
Oudspringbokkaptein Theuns Stofberg vertel vir Johan Rademan hoe hy sy hakkelprobleem oorkom het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.