RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die waarde van vroue en meisies 24.02.2021 9:27
Zonja Penzhorn gesels met Martelize Brink oor die waarde wat aan vroue en meisies in Suid-Afrika geheg word.
Ou Kaapse meubels 23.02.2021 20:25
Chris Aucamp gesels met Johan Rademan oor Ou Kaapse meubelstyle uit verskillende eras.
Opsies vir belastingverligting 23.02.2021 20:35
Belastingkenner Herman van der Merwe vertel vir Johan Rademan watter opsies daar is om belastingverligting te bewerkstellig. En prof. Johan Smith vertel van die Tygerberg Hospitaal Kindertrust se Drop 10 Klub waar skenkings van jou belasting afgetrek kan word.
Laat jou diere inent 22.02.2021 7:06
Veearts dr. Ingrid de Wet gesels met Martelize Brink oor inentings by diere.
‘n Tweede kans vir matriek 22.02.2021 11:14
Op Uitenhage het 'n klomp leerkragte bymekaargekom om mense van enige ouderdom by te staan, wat hulle matriekpunte wil verbeter of hulle matriek vrystellingsertifikaat wil behaal. Die aanbieding van klasse geskied binne die onderwysdepartement se Tweede Kans-program, het Edward Goliath aan Mariska Spoormaker verduidelik.
Hoe hanteer ek afdanking of gedwonge aftrede 22.02.2021 12:13
Sielkundige Hannetjie van Zyl-Edeling gesels met Martelize Brink oor hoe jy afdanking of gedwonge aftrede kan hanteer.
Handsakke vir slagoffers van geweld 19.02.2021 9:05
Vroue en hulle handsakke is onafskeidbaar. Die geskiedenis van handsakke gaan so ver terug soos die 16e eeu in dae voor daar sakke in klere was. Het jy geweet handsakke is eers net deur mans gedra? Hierdie storie gaan oor handsakke wat geskenk word vir vroue wat soms, sonder ‘n handsak, in ‘n situasie beland waar sy hulp nodig het. Rike Venter samel handsakke in, pak dit en oorhandig dit aan vroue...
Moedertaaldag 19.02.2021 5:19
Melody Kleinsmith gesels met Martelize Brink oor Iziko Museums se verbintenis tot taalverskeidenheid en hulle viering van Internasionale Moedertaaldag.
Maryke Musson in Antarktika 19.02.2021 15:00
Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van haar onlangse ervaring in Antarktika.
Sonkragstelsels 18.02.2021 12:36
Xavier Louw gesels met Johan Rademan oor sonkragstelsels. Hulle kyk na hoe hierdie tegnologie prakties geimplimenteer kan word.
“Mak” seemeeue word rowers 18.02.2021 10:43
In Nelson Mandelabaai het die onlangse strandverbod ‘n paar interessante dinge oor die impak van mense op die gebied se fauna en flora uitgewys. Een hiervan is dat die seemeeue op een van Port Elizabeth se strande, wat aan bedel gewoond was, rowers geword het wat vis by ander voëls afvat. Mariska Spoormaker praat hieroor met Ronelle Friend, ‘n omgewingswetenskaplike by Enviro Quest in Port Elizabe...
Fyn keramiekkuns 17.02.2021 15:50
Keramiekkunstenaar Jo Roets vertel vir Martelize Brink oor hoe sy te werk gaan om fyn keramiek te skep.
Meervoudige gestremdhede 17.02.2021 8:14
Marina Clarke praat oor die impak wat meervoudige gestremdhede op mense het.
Belastingfoute wat jou duur te staan kom 17.02.2021 7:07
Prokureur Jean-Louis Nel gesels met Martelize Brink oor belastingfoute wat jy kan maak, wat jou tot 2 jaar in die tronk kan laat beland.
Oom Moos Solomons 16.02.2021 8:32
Haidee Muller-Isaacs se pad het gekruis met dié van Oom Moos Solomons. Hy vertel vir haar hoe die lewe se draaie met hom geloop het, op die ou end ten goede. Hy is vroeg uit die skool, en het as elfjarige begin wingerdstokkies optel vir sy eerste werk. Later het hy 'n voorman vir die "council" geword met sy min skool en min skryf, soos hy dit stel. Hy vertel hoe hy Kuilsrivier (Die Pan) ken soos d...
Saamrytoep vir leerders 16.02.2021 8:13
Theuns Venter vertel vir Johan Rademan van 'n toepassing waar saamrygeleenthede vir skoliere in dieselfde skool gereël kan word met ouers van kinders in daardie skool.
Wat doen 'n eksekuteur? 16.02.2021 8:01
Prokureur Johnny Davis vertel wat 'n eksekuteur doen in die bereddering van 'n boedel.
Lyndans op Brandfort 15.02.2021 13:32
Willie van Deemter vertel vir Martelize Brink oor die lyndansklasse wat hy op Brandfort aanbied.
Netwerkplatforms vir entrepreneurs 15.02.2021 9:49
Johan Vosloo gesels met Martelize Brink oor netwerkplatforms vir entrepreneurskapondersteuning.
Entrepreneurskapontwikkeling 15.02.2021 10:53
Michele Kapilevich gesels met Martelize Brink oor entrepreneurskapontwikkeling en -ondersteuning.
Koebaai korporatiewe wêreld, hallo groenteskoffel! 12.02.2021 9:19
Twee jaar gelede het die Baaise sakevrou Marnell van Schoor haar hond en haar tas in haar motor gepak en vir ewig uit die korporatiewe wêreld gery na ‘n familieplaas in die Tsitsikamma. Daar het sy saam met tien plaaslike vroue organiese groenteverbouing begin, wat onder meer fisieke skoffelwerk insluit.
Die kraaie van die Tower of London 12.02.2021 6:54
Martelize Brink gesels oor die kraaie by die Tower of London. Volgense legende moet daar te alle tye minstens ses kraaie daar wees, anders sal Londen sal ingeval word deur sy vyande. Dr. Bernice van Huyssteen van die Cape Exotic Animal Hospitaal in Durbanville vertel meer van hierdie interessante en hoogsintelligente voël.
Ouderdom is in jou kop 12.02.2021 11:13
Sielkundige Hannetjie van Zyl-Edeling gesels met Martelize Brink oor hoe om positief oud te word.
Die Weermag se vroue-gholfkampioen 11.02.2021 11:56
Karin Watt is 'n kolonel in die Suid-Afrikaanse Leër. Sy was ‘n kranige hokkiespeler en het sosiaal gholf gespeel. In die laat jare 90 het sy opgehou hokkie speel en haar meer op gholf toegespits. Die afgelope tien jaar is sy die Weermag se vroue-gholfkampioen. Haidee Muller-Isaacs gesels met haar oor hierdie besonderse prestasie.
Moet ek 'n huis huur of koop? 11.02.2021 8:43
Mariena Cloete gesels met Johan Rademan oor wanneer dit sin maak om 'n woonplek te koop eerder as om te huur.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.