RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Toep vir trauma- en misdaadsituasies 09.03.2021

Trigger, 'n nasionale nooddienstoepassing, is ‘n toep wat trauma- en misdaadsituasies kan oplos of veiliger maak wanneer ‘n mens in ‘n gevaarlike situasie beland. Ben Booysen, die bedryfshoof van Trigger, vertel wat die toepassing doen en die behoefte daarvoor.

Geslagsgelykheid in die werkplek 08.03.2021

Op Internasionale Vrouedag gesels Martelize met dr. Linda-Louise Geldenhuys van Boston City Campus oor geslagsgelykheid in die werkplek.

Huurders en verhuurders 08.03.2021

Martelize Brink praat met Zabeth Venter, bestuurshoof van Averly, oor die verhouding tussen huurder en verhuurder. Hulle gebruik tegnologie om hierdie verhouding te verbeter, want dis gewoonlik gelaai met struweling.

Wat is Moringa? 08.03.2021

Ons bespreek hierdie indringerplant. Hoe word dit gekweek? Waarvoor word dit gebruik, en wat is die gesondheidsvoordele?

Melene Roussouw 05.03.2021

Sy is onlangs aangestel as een van die direkteure van WP Professionele Rugby, en in 2020 het was sy op die lys van die Top 10 mees uitsonderlike jongmense in die wêreld. Jacqui January gesels met Melene Roussouw, ‘n jong vrou van die Kaapse Vlakte, wat haar lewe wy aan ‘n geslagsgelyke samelewing.

Gee fooitjies sonder kontant 05.03.2021

Luandrn Jansen van Vuuren, medestigter van uPhil, vertel van ‘n kontant- en kontaklose fooitjietoepassing.

Haweloses en Covid-19 05.03.2021

Leona Pienaar, die bestuurshoof van MES, praat oor die uitdagings van haweloses om hulleself teen Covid-19 te beskerm.

Die kleure van herfs 04.03.2021

Annerie Senekal is die assistentkurator: orgideëversameling van die Stellenbosch Universiteit se Botaniese Tuine. Sy het ‘n graad in biodiversiteit en ekologie. Johan Rademan het haar gepols oor die besondere kleure van die fauna en flora wat ons aandag trek, en oor hierdie besondere seisoenale tyd.

Taal en lees baie belangrik vir kind se ontwikkeling 04.03.2021

Neurowetenskaplikes het ontdek dat 50% van ‘n mens se intelligensie tussen geboorte en die ouderdom van vier ontwikkel. 'n Kind se volle potensiaal hang af van stimulerende ervarings in dié tyd. Die vermoë om jouself duidelik en akkuraat in jou taal te kan uitdruk, met ‘n goeie grondlegging in woordeskat, fonetiek en gesigsuitdrukkings, is belangrike boustene van 'n kind se skolastiese prestasies...

Klere en hulpmiddels vir mense met gestremdhede 03.03.2021

Op Malmesbury maak kwadrupleeg Furlo Theron en arbeidsterapeut Hilletje Wiehan klere en hulpmiddels wat aangepas is vir mense met gestremdhede.

Bestuursvaardighede 03.03.2021

Wat is basiese bestuursvaardighede wat jy nodig het in die nuwe normaal ná Covid?

Die honde-oppasser 03.03.2021

Karen Köhn het sowat 14 jaar vir ‘n groot mediamaatskappy gewerk. Sy is vier keer deur dieselfde maatskappy afgelê, en het daarna op vryskutbasis begin werk. Om die pot aan die kook te hou, moes sy haar inkomste aanvul. Vandag is sy ‘n passievolle honde-oppasser. Sy sê honde het haar hart heel gemaak het toe sy op haar laagste was.

Die familie Duck is voltydse trek-eende 02.03.2021

Vyf jaar gelede het Wayne en Ronelle Duck hulle huis en alles wat daarmee saamgaan, verkoop om 'n nomadiese lewe in hulle omgeboude voertuig te voer. Mariska Spoormaker het hulle in De Vlugt raakgeloop, en by Ronelle gehoor wat hulle alles moes doen om permanente trek-eende te kon word.

Oefening om gesond oud te word 02.03.2021

Biokinetikus Joanna Coetzee praat oor die belangrikheid van fiksheid om ouer persone gesond te hou.

“High Tea” en “Afternoon Tea” 02.03.2021

Johan Rademan gesels met meesterbakker, Zillah Britz, oor die verskil tussen “High Tea” en “Afternoon Tea” en hoe Suid-Afrikaners dit gerus meer kan omarm, gebruik en geniet. Sy vertel ook van die jongste neigings in troues en troukoeke.

Beskerm voëls teen jou katte 01.03.2021

Madré Henderson, 'n gesertifiseerde hond- en katafrigter en eienaar van Cat Chats vertel hoe jy voëls en ander wilde diere teen jou katte kan beskerm.

Beskerm voëls teen jou katte 01.03.2021

Madré Henderson, 'n gesertifiseerde hond- en katafrigter en eienaar van Cat Chats, vertel hoe jy voëls en ander wilde diere teen jou katte kan beskerm.

Kopieregskendings 01.03.2021

Die onwettige digitale verspreiding van tydskrifte is 'n spyker in dié medium se doodskis. Martelize Brink praat met Terena le Roux, redakteur en eienaar van die Idees tydskrif, wat onlangs hierdeur getref is. Sy praat ook met 'n kopieregkenner hieroor.

Joe Zimry se pampoenkweek-eskapades 26.02.2021

Joe Zimry vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy pampoenkweek-eskapades, en hoe sy oupa Ben Bêkkie van Clanwilliam hom geleer het om reuse pampoene te kweek, wat soms met 'n trekker uitgesleepmoes word. Is dit die waarheid? Luister maar self...

Wêreldbiddag vir Vroue 26.02.2021

Die Wêreldbiddag vir Vroue in Suid-Afrika het verlede jaar haar 90ste verjaardag gevier. Dié saambidgeleentheid wat jaarliks op die eerste Vrydag van Maart herdenk word, word al vir 134 jaar in nie minder nie as 170 lande eerbiedig. Jacqui January gesels met Rinel Hugo, lid van die Nasionale Uitvoerende Komitee van Wêreldbiddag SA, oor hierdie besondere samekoms.

Alex Wehmeyer 26.02.2021

Alex Wehmeyer vertel vir Martelize Brink van sy betrokkenheid by die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum se veldhospitaal tydens die Covid-pandemie. Hy is genomineer as gemeenskapsheld vir sy rol daar as kliniese aptekerswesestudent.

Quintin Adams se Backyard University 25.02.2021

Die behuisingsnood loop hand-aan-hand met die werkloosheidsuitdaging. Quintin Adams, ook bekend as The Shack Builder, is bedrywing op die Kaapse Skiereiland. Jongmense wat saam met hom help bou aan houthutte, leer in die proses waardevolle vaardighede aan. Jacqui January gesels met hom oor wat hy hulle Backyard University noem.

Jeswaine Williams help jongmense 25.02.2021

Jeswaine Williams het 'n uitreikingsgroep, Sons of God, in 2014 begin om jongmense wat dwelms gebruik, aan bendes behoort of prostitute is te help om weer op die regte pad te kom. Hy doen dit deur werksgeleenthede te skep en hulle vaardighede op te skerp. Jeswaine was 'n dwelmverslaafde, en is reeds 11 jaar skoon. Haidee Muller-Isaacs het hom uitgevra oor sy lewenspad en sy omgee vir die jeug.

Aalwurms om slakke te bestry 25.02.2021

Dr. Annika Pieterse gesels met Johan Rademan oor die gebruik van aalwurms om slakke te bestry.

Zebulon Kochk se gedigte 24.02.2021

Zebulon Kochk vertel vir Martelize Brink van sy pad met gedigte, waarvoor hierdie 2020-matrikulant vereer is.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.