RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Pylsterte 23.03.2021

Maryke Musson vertel vir Johan Rademan van pylsterte.

Wêreld Waterdag 23.03.2021

Dr. TG Barnard praat oor die waarde en koste van water.

Val de Vie - Renier Swart 22.03.2021

Martelize Brink praat met Renier Swart, Direkteur: Verkope by Val de Vie, oor hoe jy eiendom op die landgoed kan bekom, en hulle nuwe aftreesentrum, Evergreen.

Val de Vie - Rolene Strauss 22.03.2021

Martelize Brink praat met Mejuffrou Wereld 2014, dr. Rolene Strauss, en haar vennoot dr. Ledivia Strauss, oor RevitaHealth.

Val de Vie - Ryk Neethling 22.03.2021

Martelize Brink praat met swemster Ryk Neethling, deesdae Direkteur: Bemarking by Val de Vie in die Paarl, oor die leefervaring in dié leefstyllandgoed.

Dr. Shantelle Weber 19.03.2021

Haidee Muller-Isaacs gesels met dr. Shantelle Weber, ‘n dosent aan die Universiteit Stellenbosch se teologiefakulteit, oor haar passie vir die jeug, en haar 2020 toekenning in die kategorie, Ontwikkelende Opvoeder.

Die Paarl se groen skool 19.03.2021

Martelize Brink besoek die Green School buite die Paarl om meer uit te vind oor die groen stelsels en tegnologie wat hulle gebruik, hoe leerders dit ervaar, praktiese opvoeding van 'n groen leefstyl en die kinders se vegetariese middagetes.

Nuwe eenheid vat hondgevegte vas 18.03.2021

Belinda Abrahams vertel vir Johan Rademan van Kaapstad se nuwe multidissiplinêre eenheid om hondegevegte vas te vat.

Depressie by jong kinders 18.03.2021

Johan Laten gesels met Johan Rademan oor depressie by kinders so jonk as vyf jaar.

Kobie Snyman se wekroep 17.03.2021

Luister na die storie van ‘n afgetrede verpleegkundige. Kobie Snyman het genoeg kliniese kennis oor voeding en gesond leef in haar professie opgedoen. Sy het haar eie wekroep gekry ná aftrede toe sy haarself in ‘n tuisversorgingsrol vind. Jacqui January het met haar gesels.

Bookfix 17.03.2021

Dezire Kriel en Werner Cloete vertel vir Martelize van Bookfix, 'n aanlyn tweedehandse boekwinkel wat Calling Academy se biblioteek en van hulle akademiese boeke finansier. Calling Academy gee kwaliteit opvoeding vir kinders uit uitdagende omstandighede.

Beste studierigtig as jy nie weet wat jy wil doen nie 17.03.2021

Marnell Kirsten vertel vir Martelize Brink wat die beste studierigtings is as jy nog nie op 'n loopbaan besluit het nie.

Swem vir die kunste 16.03.2021

Carina Bruwer vertel vir Johan Rademan van haar 21 km swem oor Walkerbaai om geld in te samel vir kunstenaars wat deur die inperking getref is.

Mooi ná kanker 16.03.2021

Onaangename newe-effekte is onlosmaklik deel van kankerpasiënte se behandeling. Geliefdes en vriende kan dalk nie help om die ongemak en pyn te verlig nie, maar ondersteuning van watter aard ook al, het ‘n blywende effek. Jacqui January hoor van ‘n organisasie wat hiermee help en praktiese wenke gee d.m.v. ‘n werkswinkel. Sy gesels hierooer met Christie Frasie van Look Good Feel Better.

Wat is die verband tussen Afrikaans en die skool op Schalk Burger se plaas? 16.03.2021

CP Hoogenhout was die eerste redakteur van DIE AFRIKAANSE PATRIOT, wat in 1876 die eerste keer gepubliseer is. Hy was die skoolhoof van die Groenbergskool op die plaas Welbedacht op Wellington waar die Springbok Schalk Burger vandag woon. Johan Rademan het met Schalk Burger senior gesels oor Afrikaans wat amptelik nog nie ‘n 100 jaar oud is nie, want dit is eers in 1925 as amptelike taal verklaar.

Stuiptrekkings by diere 15.03.2021

Veearts dr. Ingrid de Wet praat oor epilepsie en soortgelyke kondisies by troeteldiere.

Martelize se vliegervaring 15.03.2021

Martelize Brink het in 'n Cessna gaan vlieg en selfs beheer daarvan geneem. Sy gesels met vlieënier en instrukteur van die Stellenbosch Vliegklub, Alwyn Vorster.

Film- en televisie-vaardigheidsprogram vir plattelandse jeug 12.03.2021

Aktrise Lika Berning gesels oor haar vaardigheidsprogram om jongmense in landelike gebiede die basiese begrip van die film- en TV-bedryf te leer, wat andersins ‘n plaas se prys sou kos. Die doel hiervan is nie net om praktiese vaardighede in digitale media na landelike gebiede te bring nie, maar ook om stories te vertel en die erfenis van gemeenskappe te deel.

Transformasie in jou besigheid 12.03.2021

Johan Kruger van Consulta praat oor die belangrikheid van transformasie en aanpassing by ‘n veranderende wêreld in jou besigheid.

Duinebesies 11.03.2021

Die Duinebesie-kultuur is op die voorgrond geplaas deur Bruce Meyers, wat onlangs oorlede is. Johan Rademan praat met Anton Kleyn van die Wild Bugger Beach Buggy Club oor hierdie stokperdjie en sportsoort in Suid-Afrika.

Kewer saai verwoesting onder Goudstad se bome 11.03.2021

Dis ‘n bekende feit dat Johannesburg een van tien stede in die wêreld is met die grootste mensgemaakte woude. Dit mag dalk verander as daar nie vinnige drastiese stappe gedoen word nie, om ‘n kewer te keer wat ‘n vernietigende uitwerking het op die stad se bome. Jacqui January praat met Mike Viviers, ‘n navorser by Random Harvest, wat die afgelope drie jaar bome in die stad besproei en probeer bes...

Huisverbetetings wat waarde toevoeg 11.03.2021

Watter soort verbeterings moet jy aan jou huis doen en watter persentasie van jou eiendomswaarde moet jy spandeer om werklik 'n opbrengs op jou belegging te verwag. Johan Rademan kry die antwoorde by Jeanne du Plessis, kommunikasiekonsultant by kandua.com.

Jong akteurs gehelp 10.03.2021

Haidee Muller-Isaacs gesels met aktrise Ira Blanckenberg oor haar passieprojek om jong akteurs die geleentheid te bied om hul verhoogstaal te wys, ondanks die kansellasie van ander dramakompetisies en eisteddfods weens die Covid-19-pandemie.

Onderwyser se Dakar-droom word waar 09.03.2021

Paul Ludeke van Uitenhage is seker die enigste onderwyser in die land wat kan sê hy was aktief betrokke by die Dakar-woestynren. Dit maak van Paul 'n goeie rolmodel, want die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar, waar hy onderwyser is, is die enigste skool in die land wat motorsport as ‘n buitemuurse aktiwiteit aanbied. Mariska Spoormaker wou by hom weet hoe hy by die Dakar beland het.

Speldekussings 09.03.2021

Johan Rademan gesels met dr. Eugenie-Lien Louw, operasionele bestuurder en protea- en sitruskonsultant by FirstFruits Consulting net buite die Paarl. Sy het haar doktorsgraad in speldekussings gedoen. Hierdie proteasoort is gesog in die wêreld, en sorg dat Suid-Afrika sowat R150-miljoen per jaar met uitvoere verdien. Die mier speel 'n belangrike rol in die beskerming van die saad, voor ‘n veldbran...

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.